Important Announcement
PubHTML5 Scheduled Server Maintenance on (GMT) Sunday, June 26th, 2:00 am - 8:00 am.
PubHTML5 site will be inoperative during the times indicated!

Home Explore Die woudbioom van Suid-Afrika

Die woudbioom van Suid-Afrika

Published by wilmarielloyd2, 2021-04-20 12:53:58

Description: Die woudbioom van Suid-Afrika

Search

Read the Text Version

Die woud- bioom van Suid-Afrika Wilmarie Lloyd 22741054 Charlise Stemmet 22647481

Wat is die woudbioom? Die natuurskoon van KwaZulu-Natal behoort aan die kleinste bioom in Suid- Afrika; die woudbioom. Dit beslaan ‘n skamele 0,1 % van die land. Die grootste deel van hierdie 0,1 % is te vinde in Knysna en die Tsitsikama woud in die Suid- Kaap. Die ander woude is in die Drakensberg area en teen die helings van Tafelberg. Hierdie bioom kan op seevlak gevind word en die terrein kan tot so hoog as 2000m bo seevlak wees.

Flora Fauna In hierdie bioom kom Onder die diere is daar daar die meeste van die Bosbok, Bosvark, Knysna inheemse bome voor nl. Loeries, duiwe, Ape en Geelhout, Stinkhout en Arende. Ysterhout. Onder die plante is daar rankplante, epifiete, mosse en varings. 'n Knysna Loerie

Klimaat Die woudbioom kom in die landsgedeeltes voor waar daar baie rëenval is met geen ryp, en as gevolg hiervan vind daar min brande daar plaas. In areas soos Knysna, reën dit dwarsdeur die jaar. Die gemiddelde daaglikse temperature in Knysna is 23,8 ° C in Februarie tydens die somer en 18,2 ° C in Augustus tydens die winter.

Menslike impak Die asemrowende skaarse skoonheid van die woud bioom word bedreig deur die mens. Om-en-by 40% van hierdie kosbare woude is al vernietig deur die bosbou bedryf. Die natuurlike plante groei word verwyder en uitheemse plante soos Dennebome word in hulle plek geplant. In kus gebiede word die plantegroei verwyder vir die suikerrietplantasies.

Toeriste Sommer in dieselfde aantreklikhede Provinsie kan jy op die selfde grond stap as die Die UNESCO gevreeste Koning Shaka Wêrelderfenis gebied Zulu. Die Hluhluwe- uKhahlamba- iMfolozi Park, gestig in Drakensberg Park is 1895, was eens op ‘n tyd veralbekend vir sy die Koning se jagveld en magtige berge en g’n wonder, want dit is golwende groenigheid. een van die enigste parke Hier kan mens jou nie net in die area waar toeriste verkyk aan die uitsig nie die volle Groot 5 kan maar ook aan die besigtig. Bo en belawe dit Boesman kunswerke wat is daar ook meer as 300 op die klippe van die voëlspesies vir ‘n Giant’s Castle Came behoorlike Reserve ingeprent is. voëlkykersskattejag. uKhahlamba- Drakensberg Park

\"Hotspot\" gebied Huidiglik word aktiwiteite rakende die meeste van die woude in Suid-Afrika beskerm deur die National Forest Act (Act No 84 of 1998). Die rede hiervoor is dat ons land se woude van die enigstes is wat water filtreer, nitriënte in die grond hou en koolsuurgas stoor. Dit is ook tot voordeel vir die dorpe in die nabye omgewing aangesien dit die erge aanslag van storms keer. Dit bied ook ‘n vorm van ontspanning vir die mense wat wil ontsnap van die gejaag van die stadslewe. Die mangrove woude in Durban is onder die lys van kritiek bedreigde woude, aangesien ontbossing op groot maat plaasvind vir die ontwikkeling van die nabygeleë hawe. As ‘n gevolg van groot maat waterontrekking in die omgewing van KwaZulu-Natal is die Riparian (Oewer) Woude ook vinnig op pad om ‘n kritiek bedreigde area te word.

Dit is belangrik om alle soorte biome te bewaar, want elkeen bevat unieke lewensvorme. Die voortdurende uitbuiting van kosbare biome, soos die woude, kan ernstige gevolge hê. Woude is belangrik, aangesien dit die tuiste is vir die mees uiteenlopende biotiese gemeenskappe ter wêreld.


Like this book? You can publish your book online for free in a few minutes!
Create your own flipbook