Gemeente Somerset-Wes vier vanjaar hul 75ste bestaansjaar. Verskeie geleenthede word beplan, insluitende ’n Back to My Roots ete op Saterdag 20 Augustus 2011, ’n Gospelvertoning op Sondag 18 Sep- tember 2011, ’n Potjiekoskuier op Saterdag 24 September 2011, ’n Dinee op Saterdag 22 Oktober 2011 en ’n Gemeentefees van Woensdag 07 tot Sondag 11 Desember 2011. David Farao (kassier/ scriba) of George Johnson (administrasie beampte van die gemeente) vra dat enigeen met inligting, foto’s of staaltjies hul moet kontak; hulle wil graag ’n gedenkalbum uitgee. Kontak George Johnson by 021 8572112 (h) 021 5906280 (w), 084 547 1982 of [email protected]. URCSA Somerset West is celebrating their 75th anniversary. Sev- eral events are planned, including a Back to My Roots dinner on Satur- day, August 20, 2011, a Gospel Show on Sunday, September 18, 2011, a Potjiekoskuier on Saturday, September 24, 2011, a Dinner on Satur- day, October 22, 2011 and a church festival Wednesday 07 to Sunday, December 11, 2011. David Farao (cashier/scriba) or George Johnson (church admin.) ask anyone with information, photos or stories they have contact, they would like a commemorative album publishing. Con- tact George Johnson at 021 8572112 (h) 021 5906280 (w) 084 547 1982 or [email protected] 95
VGK SOMERSET-WES 75 JAAR OUD 96
Ter herdenking van hierdie besonderse mylpaal is verskeie geleenthede op die kerk se jaarprogram vasgepen. To commemorate this special milestone are several opportunities in the church's annual program pegged. Die amptelike stigtingsdatum is 11 Desember 1936. As voorloper ter viering van die kerk se verjaardag op 11 Desember 2011, word ’n feesweek vanaf 08 tot 11 Desember 2011 beplan. Verskeie van die leraars en gemeentelede sal dan saamtrek om dit ’n besonderse feesgeleentheid te maak. The official founding date is December 11, 1936. As a precursor to celebrate the church's birthday on December 11, 2011, a festival week from 08 to 11 December 2011 plan. Several of the ministers and church members will rally to make it a special holiday event. Daar word tans ywerig aan ’n feesbundel geskryf om hierdie geleentheid te boekstaaf. . There is currently keen to a festive collection written to the event record. Baie van die gemeentelede het ’n trotse herkoms van Helderberg-kom en besonderse opgewondenheid heers oor die feesviering. Many of the congregation has a proud heritage of Helderberg Basin and special excitement rule the celebration. 97
BACK TO MY ROOTS ETE : 20 AUGUST 2011 HOOFSTUK 5 VGK Somerset-Wes 75ste bestaansjaar URC Somerset West 75th anniversa 98
99
100
GOSPELVERTONING : 18 SEPTEMBER 2011 VOICES FOR CHRIST presented of the \"Glory Hallelujah\" Concert, organised by Denver Nicholls, on 18/09/2011 for the Somerset West community as part of our outreach initiative. The first half was presented by various artists, amongst others, His Men and Florence. While the community and people are very poor and don't have many earthly possessions, they have the most amazing spirit and it was wonderful ministering to them and worshipping with them. A beautiful experience. VOICES FOR CHRIST To live Christ's way is to shine a floodlight of hope into a valley of darkness. \"The darkness is passing and the true light is already shining. Anyone who claims to be in the light but hates his brother is still in the darkness.\" 1 John 1:8,9 VOICES FOR CHRIST When we're one of a group of people who believe in a God of pure goodness, we are under an obligation to be like Him. \"God is light; in Him there is no darkness at all. If we claim to have fellowship with Him yet walk in the darkness, we lie and do not live by the truth.\" 1 John 1:5,6 VOICES FOR CHRIST When sin closes in, make a clean breast of it with God. Ask Him for a heart transplant. \"Create in me a pure heart, O God, and renew a steadfast spirit within me.\" Psalm 51:9,10 101
‘N POTJIEKOSKUIER OP SATERDAG 24 SEPTEMBER 2011 102
103
HOOFSTUK 6 Die Vyftiende Gewone Ringsvergadering in sitting te Somerset-Wes op 07-11 September 2011 104
RING VOORSITTER Ds F.Steenkamp RING SCRIBA Ds J.Williams 105
RING LERAARS 2011 RING PERSONEEL 2011 106
RING LERAARS 2011 107
. HOOFSTUK 7 FEES NAWEEK VAN 10-11 DESEMBER 2011 108
DIAKEN SR SUSAN HENDERSEN : SAMEROEPER V/D REELINGSKOMITEE 109
Reelings komitee lede 110
Gemeente lede tydens die fees ete op Saterdag, 10 Desember 2011 111
.FEESDIENS PROGRAM 11 DESEMBER 2011 A : Diens van Lofprysing Votum Liturg : Ds. Gerald Swartz Almal : Amen Seëngroet/Greeting Lofsang : N SG 43 B : Onthulling van gedenkplaat Sr Lilly Fortuin C : Groete Boodskappe Streeksinode Kaapland — Ds. P.ieter Grove Ring van Sarepta—Ds. Frederick Steenkamp Ring van Somerset-Wes—Ds. Gert van Jaarsveld Ring Mansaksie—Oudl.. Br. Japie Martin VGKSA Die Strand : Ds. M.A.W. Arendse D. Dankbetuigings Diaken—Sr. S. Henderson E : Diens van die Woord Skriflesing : 1 Koning 8 : 22-30 NSG : 29 Sang item : Kerkkoor F : Diens van die Offergawe Gemeente kollekteopgawe G : Woord Bediening Prediking NSG : 55 Sang item : Mannekoor 112
. H: Diens van die Heilige Nagmaal I : Sangitem : Kerkkoor J : Bedankings : Oudl. P .W illscot K : Slotgesang : NSG 331 Seënbede/Blessing : Ds. G.D.Sw artz 113
HOOFSTUK 6 GROETEBOODSKAPPE GROETE BOODSKAP VAN DS. MAW.ARENDSE Die datum,11 Desember 1936 is ‘n onvergeetlike en rooiletterdag in die geskiedenis van die VG.Gemeente Somerset-Wes, want op hierdie besondere dag was die gemeente afgestig van die destydse NG.Sendinggemeente, Die Strand. Dit is derhalwe vir my ‘n heerlike voorreg en eer om namens die VG.Gemeente, Die Strand, ons hartlike gelukwensing aan ons dogtergemeente oor te dra by sy feesvieringe. As ek die notules van die stigtings-gemeente (Die Strand) lees, word ek bewus dat die diepe verlange om ‘n gemeente te Somerset-Wes te vestig, reeds in 1933 baie sterk na vore gekom het. Vanweë menslike oorwegings en struikelblokke het die langgekoesterde ideal eers 3 jaar later gerealiseer. By hierdie historiese moment in die geskiedenis van die gemeente, bring ons hulde aan Godvrugtige manne en vroue wat met geloofsmoed en Koninkryksvisie volhard het in hul doelstrewe om die werk van die Here in Somerset-Wes tot wasdom te bring. Die gemeente van Somerset-Wes het oor die jare heen sy lief en leed beleef. In die bestaans-geskiedenis van die gemeente was daar hewige krisisse wat hy moes trotseer. Ons dink onwillikeurig aan die tragiese geskiedenis van ons land waar die groepsgebiedewet die gemeente in ‘n oorlewingstryd gedwing het. Die gemeente het die hartseer beleef van lidmate wat noodgedwonge moes verhuis. Hierdie droewige tye het blywende littekens gelaat, want tot vandag toe kon die gemeente nooit werklik herstel van hierdie traumatiese ervarings nie. Daar was ‘n tydperk dat die gemeentes Somerset-Wes en Die Strand in verskillende ringe ingedeel was. By die Sinode van 1978 is die verhouding tussen moeder(Die Strand) en dogter(Somerset-Wes) herenig toe die 2 gemeentes saamgevoeg is binne die Ring van Sarepta. Dit was my voorreg om deelname te kon hê in hierdie herenigings- proses. Vir die afgelope 33 jaar was ek intens bewus van die oorlewingstryd binne die gemeente 114
Somerset-Wes herinner my aan die gemeente van FILADELFIA (Open.3:7-13). ‘n Gemeente wat min krag het, maar ‘n gemeente wat die Woord van God bewaar en Sy Naam nie verloën nie. Daarom wil ek die leraar, kerkraad en gemeente bemoedig- “Hou vas wat julle het, sodat niemand julle kroon kan neem nie.” Ons bring al die eer en dank aan die Koning van die Kerk – Jesus Christus, wat die gemeente van Somerset-Wes onder sy bewarende Hand hou. Hy het sy gemeente deur storms en teleurstellings gelei. Die heerlike versekering wat die gemeente het is dat die Here onse God in beheer van die gemeente is. Die dienswerk in die gemeente is nie mensewerk nie, maar dit kom van God, en daarom kan dit nie vernietig word nie.(Handelinge 5:38 en 39) By die feestelike herdenking van die driekwart eeufees kan die gemeente terug kyk op ‘n pad waarlangs die Here u gelei het. U kan waarlik soos die profeet Samuel sê (1 Sam. 7:12) “Ebenhaeser – tot hiertoe het die Here ons gehelp.“ Priesterlike Seënwense word u toegebid: (Num 6:24-26) “Die Here sal jou seën en jou behoed .die Here sal Sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees; die Here sal sy aangesig oor jou verhef en jou vrede gee” Aan die Leraar, kerkraad en gemeente gee ek graag die woorde van 1 Kor. 15:58. “Daarom, my geliefde broeders/susters, wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie.” Vriendelike broedergroete (Ds.) MAW. Arendse Namens: VG.Gemeente, Die Strand VGK Somerset-Wes 75ste bestaansjaar URC Somerset West 75th anniversary Die Verenigende Gereformeerde Kerk Somerset-Wes (vroeër bekend as die Nederduitse Gereformeerde Sendingkerk, Somerset-Wes) vier vanjaar sy 75ste bestaansjaar. Die kerk is trots op sy kleurryke geskiedenis wat in 1922 in die Die Strand ontstaan het. The Uniting Reformed Church, Somerset West (formerly known as the Dutch Reformed Mission Church, Somerset West) celebrates its 75th anniversary. The church is proud of its colorful history in 1922 in The Strand originated. 115
Ds M.A.W. Arendse 116
GROETE BOODSKAP VAN DS. F.STEENKAMP Op hierdie geloofspad vergeet mense baie maklik van al die wonders wat die Here in hulle lewe ver- rig: Die gemeente Somerset-Wes is die derde oudste gemeente in die Ring van Sarepta. Ten spyte van al die struikelblokke wat op haar pad gekom het, kan die gemeente tog terugkyk met dankbaarheid. Die Here het die gemeente vir die afgelope 75 jaar bewaar en beskerm en daarvoor dank ons God. Die Ring van Sarepta wil u baie geluk sê op u 75 ste bestaansjaaren ons del saam met u in u vreugde en blydskap.Hierdie 75 jaar staan in die teken dat God se genade ook in hierdie gemeente was. Elke gemeente bou haar eie lewens geskiedenis wat uniek is aan haar. Die gemeente Somerset-Wes se geskiedenis hulle help om te bly op die glorieryk weg vanmôre. Die Ring van Sarepta bid dat u sal voortbou op die kosbare wat u tot dusvêr gedoen het .. Voorspoed en seen vir u. Frederick Steenkamp Voorsiter Ring van Sarepta VGKSA Eerstserivier-Suid Tel 021 9043776 Sel 082 2244912 E-pos [email protected] 117
Ds F.Steenkamp 118
GROETE BOODSKAP VAN DS. J.STEYN Hartlik geluk! Baie dankie vir die besondere voorreg om met die viering van die gemeente se 75 ste bestaansjaar namens die NGK Ring van Somerset-Wes ons groete, gelukwense en seёn oor te dra. Die gemeente was deur al hierdie jare sedert die stigting daarvan in die woorde van Paulus in 1 Timoteus 3:15 “as gemeente van die lewende God en huisgesin van God” die geestelike huis en tuiste van baie gelowiges oor geslagte heen. Daarby was die gemeente ook, in Paulus se woorde, “die draer en beskermer van die waarheid” oor Jesus Christus, die lewende, opgestane gekruisigde Here. Die gemeente se bestaan is ook op ‘n besondere manier vervleg met die gemeenskap van Somerset-Wes en die wyer omgewing. En dit is verder ook vervleg met die ander geloofsgemeenskappe en kerke in die gemeenskap, veral ook met die NGK Ring van Somerset-Wes. Die kerklike dokumente wat vertel hoe die pad die afgelope 75 jaar geloop het, vertel veral die storie van die Ring se betrokkenheid by en ondersteuning van die gemeente op baie verskillende maniere en vlakke. Deur die jare heen het die Ring, asook individuele gemeentes, deurlopende finansiёle ondersteuning aan die gemeente gegee, onder andere met die oog op die bediening van die leraars en evangelis. Hierbenewens was die Ring, en dikwels ook deur middel van lidmate in die omliggende gemeentes, op persoonlike vlak behulpsaam met die behoeftes in die gemeente. Die verbintenis van die gemeente en die Ring is die afgelope paar jaar versterk met die tot stand koming van die Verenigende Ring van Sarepta -Somerset-Wes as ‘n eerste tree op pad na een kerk waarin al die gemeentes van die familie van Ned Geref Kerke kan tuis kom. Die Verenigende Ring bestaan uit al die gemeentes van die VGK en NGK in die Helderbergkom, sowel as die VGK Eersterivier-Suid. Hierdie verbintenis en proses is vir die Ring van Somerset-Wes baie kosbaar en belangrik, en ons sien met verwagting uit na die dag dat ons as geloofsfamilie en geloofsgenote in een kerk sal tuis kom. Dit is ons gebed en wens dat die lewende God, wat die gemeente vir Hom versamel het, die gemeente steeds “lig vir die wêreld” en “ ‘n stad wat bo op ‘n berg lê” mag laat wees. Dat die lig van die liefde en genade van God, soos dit in Jesus Christus aan ons geopenbaar is, steeds helder mag skyn in en deur die gemeente, tot verheerliking van God, tot versterking en opbou van die gemeente, en tot uitbreiding van sy koninkryk. 119
Ontvang hiermee ons hartlike gelukwense en seёnwense by hierdie besondere mylpaal in die bestaan van die gemeente! Ds Johan Steyn Voorsitter : NGK Ring van Somerset-Wes Johan Steyn Voorsiter Ring van Somerset-Wes NGK in SA Posbus 631 Strand 7139 Tel 021 8531128 Faks 021 8544326 E-pos [email protected] 120
Ds G. van Jaarsveldt 121
122
Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider Afrika Streeksinode Kaapland – ISinodi-phondo – LaseKapa Moderator: Ds. LL Plaatjie Assessor: Ds. PJ Grove Skriba: Dr JG Botha Aktuarius: Ds. PJ Adams Addisionele Lede: Ds. ME Kibito, Ds. E Thaane, Sr. K Alexander & Sr. R Philander Sinodale Kantoor Privaatsak X1, Belhar, RSA 7507 Tel. 021-952-2151 / Faks : 021 952 5806 E-pos: [email protected] Aan : Die Kerkraad en Gemeente VGK Somerset Wes Geagte Susters en Broers i/s Gelukwensinge en Groeteboodskap met 75ste Bestaansjaar van die Gemeente Somerset Wes Die Moderatuur van die VGK Streeksinode Kaapland het met dankbaarheid kennis geneem dat u die 75ste bestaansjaar van die gemeente vier. Ons deel graag in u blydskap vir die besondere mylpaal wat u bereik het en wil die Here van die Kerk saam met u loof vir uitsonderlike genade wat Hy oor die jare aan u geskenk het. Die gemeente Somerset Wes het saam met die eertydse NG Sendingkerk en later die VGK in SA gegroei. U het die wedervaringe van die kerk in Suid Afrika self beleef en kan getuig van die groot geestelike, sosiale en politieke uitdagings wat die kerk in die breë en die VGK in besonder moes hanteer. Die gemeenskap waarvan ons deel is , het gaandeweg verstedelik. Baie van ons lidmate het akute behoeftes op die plase en in die dorpe ervaar. Ons het deur die krisis van gedwonge rasseskeiding en diskriminasie gegaan en sedert 1994 ’n hoopvolle era van demokrasie betree. Ons kan alleenlik getuig saam met u dat ons met die hulp van God deur al hierdie omstandighede gelei en geinspireer is. Te midde van die onsekerheid van die geskiedenis het ons die absolute sekerheid van God se nabyheid leer ken en ervaar. 123
124
- Ds P.Grove 125
126
ONTHULING VAN DIE GEDENKPLAAT V/D VORIGE LERAARS DEUR SR LILLY FORTUIN EN DS. G.D.SWARTZ 127
DS. G.D. SWARTZ EN SR LILLY FORTUIN 128
MEV. O.SWARTZ, MEV. S.HENDERSEN EN DS. G.D. SWARTZ 129
MEV. O.SWARTZ STEEK AAN DIE FEESDIENS KERS VIR DIE 75 STE BESTAANSJAAR VAN DIE GEMEENTE 130
LIDMATE PRAISE & WORSHIP TYDENS DIE FEES DIENS 131
LIDMATE TYDENS DIE FEES DIENS LUISTER NA DIE FEES BOODSKAP 132
RINGE AFGEVAARDIGES TYDENS DIE FEES NAGMAALDIENS 133
. KERSFEES EREDIENS : 25 DESEMBER 2011 134
. HUWELIKS HERDENKINGS TYDENS KERSDIENS 135
. NAGMAAL TYDENS DIE KERSDIENS 136
. KERKRAADSLEDE GELUKWENS LIDMATE NA AFLOOP VAN DIE KERSDIENS 137
. 138
DIE OPSTELLER George Johnson is gebore op 23 Mei 1964 te Eersterivier op die plaas Uitkyk. Hy word groot by Pa George, Ma Cornelia en met broers Wil- lie, Frankie en suster Marie, asook broer en suster kinders William , Grizellie, Ashwill kinders van Marie en Willie. Op die oud- erdom van ses maande word hy met ‘’n selsame siekte gediagoseer , maar met die geloof van sy Ma (Nelie) en die genade van die Here leef hy vandag. Weens sy siekte het hy met sy skoolloopbaan begin op die oud- erdom van agt jaar. Sy primêre skool opleiding was aan die primêre skole Eersterivier, Vlaeberg en Firgrove. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Macassar in 1984. Gaan werk tydelike op die plaas en begin by tydse Selford Ford Motors te Somerset-Wes in 1986. Bek- waam homself as Parte verkoopmans in die Motor Parte Afdeling en Vakbond verteenwoordige van Numsa en tans werksaam te Novel Motor Company. As Jeugleier van die destydse CJV van NGSK te Somerset-Wes tree Ds Gerald Swartz op as sy mentor. Word senior jeug verteenwoordige van BABS in die Wes-Kaap vanaf 1984-1989, asook eerste redakteur van CJV Ring van Sarepta in 1985. Hy tree met ‘n lieflike vrou in die huwelik 05 Mei 1990 wat hom ondersteun tydens blydskap en harteer in die bediening. Vandag kan hy terug kyk met blydskap en sê dankie vroulief vir jou ondersteuning – min woorde maar baie dade. Die familie sluit aan by die NGSK Macassar in 1993 en vanaf 2000 – 2011 was hy die scriba van die VGKSA Ma- cassar. Die Here roep hom terug na sy vorige gemeente in 2011 naamlik VGK Somerset Wes. Hy tree op as gemeente konsultant om hulle te help met gemeente administrasie en tans administrasie beampte. Bied ook sal hulp aan binne, sowel buite Rings grense met die opleiding van gemeente beamptes en amptenare .Help Dr Charles Flaendorp met sy boek Suurbraak met die uitlegging vroeg in 2011. Die gogga byt en hy besluit om ‘n gedenkalbum saam te stel naamlik die 75ste Bestaansjaar van VGKSA Somerset-Wes. 139
. 140
141
Search
Read the Text Version
- 1
- 2
- 3
- 4
- 5
- 6
- 7
- 8
- 9
- 10
- 11
- 12
- 13
- 14
- 15
- 16
- 17
- 18
- 19
- 20
- 21
- 22
- 23
- 24
- 25
- 26
- 27
- 28
- 29
- 30
- 31
- 32
- 33
- 34
- 35
- 36
- 37
- 38
- 39
- 40
- 41
- 42
- 43
- 44
- 45
- 46
- 47
- 48
- 49
- 50
- 51
- 52
- 53
- 54
- 55
- 56
- 57
- 58
- 59
- 60
- 61
- 62
- 63
- 64
- 65
- 66
- 67
- 68
- 69
- 70
- 71
- 72
- 73
- 74
- 75
- 76
- 77
- 78
- 79
- 80
- 81
- 82
- 83
- 84
- 85
- 86
- 87
- 88
- 89
- 90
- 91
- 92
- 93
- 94
- 95
- 96
- 97
- 98
- 99
- 100
- 101
- 102
- 103
- 104
- 105
- 106
- 107
- 108
- 109
- 110
- 111
- 112
- 113
- 114
- 115
- 116
- 117
- 118
- 119
- 120
- 121
- 122
- 123
- 124
- 125
- 126
- 127
- 128
- 129
- 130
- 131
- 132
- 133
- 134
- 135
- 136
- 137
- 138
- 139
- 140
- 141
- 142
- 143
- 144
- 145
- 146
- 147