Important Announcement
PubHTML5 Scheduled Server Maintenance on (GMT) Sunday, June 26th, 2:00 am - 8:00 am.
PubHTML5 site will be inoperative during the times indicated!

Home Explore Gedenk Bundel VGKSA Someset-Wes Updated

Gedenk Bundel VGKSA Someset-Wes Updated

Published by gino.issel, 2020-05-21 18:39:35

Description: Gedenk Bundel VGKSA Someset-Wes Updated

Search

Read the Text Version

GEMEENTLIKE BEDIENINGE 45

46

KERKRAAD—1972 KERKKOOR—1973 47

48

Ds. L.A.Appies, leraar v/d gemeente 1980-1984 49

DIE KERKRAAD SAAM MET DS L.A.APPIES 50

51

Ds. G.D.Swartz, leraar v/d gemeente 1985-2017 52

HOOFSTUK 2 Ons Visie Elkeen Saam op God se Pad. Ons Missie Om elkeen individueel en almal gesamentlik  te groei in ons verhouding met God Drie-Enig  te groei in ons verhouding met alle gelowiges  ons roeping in die wêreld uit te leef Kernwaardes  Dit gaan oor VERHOUDINGS  Ons is hier om te DIEN, nie om gedien te word nie!  Vorm volg funksie  Ons vier verskeidenheid  Ons het 'n passie vir uitnemendheid  Maak die wêreld verskillend  Ons gemeente is daar vir die wêreld Gemeentekultuur In Somerset-Wes streef ons daarna om gehoorsaam aan die Bybel, relevant vir vandag se mense te wees. Daarom beskryf ons ons gemeentekultuur as verantwoordelik vernuwend. 53

DIE GEMEENTE Die gemeente bestaan tans uit 489 belydende lidmate en 129 dooplidmate. Dit is nie ‘n stadsgemeente nie en die omgewing se uitgestrektheid, boom- rykheid, kleinhoewes, plase en winkelkomplekse gee dit ‘n dorp atmosfeer. Tans is dit egter aan die verander en talle uitbreidings, meenthuiskom- plekse en winkelsentrums, in verskillende stadiums van beplanning en vcltooiing, is volstoom aan die gang. Die gemeente is vriendelik, toegewyd, gee om vir mekaar en is vol entoesiasme en idees. . LERAARSPAAR Ds Gerald Swartz - leraar: Nadat Ds. Gerald Swartz sy teologiese studies aan die Universiteit van Wes-Kaapland voltooi het, was hy as leraar na die gemeente voltyds beroep. Hy het gevolglik baie ervaring, nie net van ge- meentebediening nie, maar ook van die harde ongenaakbare wêreld buite die veilige mure van die pastorie en ken die kerk ook vanuit die gewone kerkbanke. Hy is getroud met Olive. Hulle het 4 kinders nl. Enrico, Nata- sha, Megan en Nathan. Ds Gerald is vanaf 2008 tentmaker leraar van die gemeente 54

Ons Doelstellings Ons doelstellings word direk afgelei vanuit ons visie en ons missie stelling. Hierdie doelstellings, asook ons missie verklaring is ook direk afleibaar uit drie belangrike skrifgedeeltes wat God ons gegee het: Die groot gebod - Matteus 22:37-39: \"Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die grootste en die eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: 'Jy moet jou naaste liefhe soos jouself.' \" Die groot opdrag - Matteus 28:19: \"Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.\" Die groot gemeente - Handelinge 2:42-47: \"Hulle het hulle heelhartig toegelê op die leer van die apostels en die onderlinge gemeenskaplike maaltyd en die gebede. Die apostels het baie wonders en tekens gedoen, en dit het almal met diep ontsag vervul. Al die gelowiges was eensgesind en het alles met mekaar gedeel volgens elkeen se behoefte. Hulle het elke dag getrou by die tempel bymekaargekom, van huis tot huis die gemeenskaplike maaltyd gehou, hulle kos met blydskap en in alle eenvoud geëet, en God geprys. Die hele volk was hulle goedgesind. En die Here het elke dag mense wat gered word, ny die gemeente gevoeg.\" Ons Kernwaardes Ons kernwaardes is afleibaar uit die woord \"vernuwende\" en is gebaseer op God se Woord aan ons. Dis ononderhandelbare kernwaardes wat duidelik spreek tot ons. U kan met Ds. Gerald Swartz skakel by 021 842 3663 of [email protected] indien u wil gesels oor ons gemeente. Ds. G.D.Swartz 55

Bedieninge Somerset–Wes gaan oor VERHOUDINGS en dan veral GROEI in ver- houdings. Daarom is ons fokus nie in die eerste plek op verskillende bedienings nie. Een van ons kerkwaardes is : Vorm volg funksie. Dit beteken dat ons nie die bedieninge as doele sien nie, maar eerder as in- strumente om by onse visie en missie uit te kom. Daarom is dit vir ons belangrik dat al ons bedieninge doelgerig en funksioneel is. Deur die Here se genade het ons 'n wye verskeidenheid bedieninge waardeur God mense se lewens verander, bedieninge waar mense GROEI in hulle VERHOUDING met God, met mekaar en met die w êreld daar- buite. Kyk gerus daarna - en raak betrokke volgens jou passie, jou gawes en jou persoonlikheid! Eredienstye Somerset-Wes gemeente het die eredienste verander om die breë spektrum van mense te kan bedien. Die eredienste is soos volg : 10:00 Eerste oggenddiens (meer \"tradisioneel\"): 56

Die Plaaslike Gemeente Kernbedieninge Verkondiging en aanbidding Prediking, Gebedsgroep, Lof en aanbidding span, Liturgiese kommissie, Kerkkoor en Mannekoor. KERKKOOR MANNEKOOR 57

GEMEENTE KERKKOOR 58

Gemeentelike Bedieninge Gemeentebediening (nuwe reglement); Junior en Senior Kategese, volwasse Kategese (KCO) Reglement 15); CWM (Reglement 24); CYM (Reglement 21); SONDAGSKOOL VROUEDIENS 59

VROUEDIENS 60

Diensgetuienis Getuienisaksie; Diakonale Diens Voorstel: Die Kerkraad benoem ‘n bedieningsgroep vir Diensgetuienis, waarin die diensverenigings van die gemeente ook verteenwoordig word, om die gemeente se diensgetuienis te onderneem. Kommissie van Leraar, Ouderlinge en Diakens 61

Kerkraad Die kerkraad plus verteenwoordigers van die verskillende bedieninge Nota: Volgens die Gereformeerde kerkreg word die plaaslike gemeente bestuur deur die kerkraad VGKSA SOMERSET-WES : KERKRAAD VAN 2011 Top v.l.n.r. : A. Van W yk; M.Fisher,S.Hartzenberg , O.Swartz , W.Pietersen Middel v.l.n.r. : P .W illscot , M.Phillips , Ds. G.D.Swartz , J.Klaaste , S de Bruyn Onder v.l.n.r. : D.Farao , C.October , H.Links , S.April , S.Hendersen J.Wagenstroom 62

63

Ekumene Die dagbestuur van die kerkraad vorm die kommissie vir ekumene en hanteer ekumeniese sake insamewerking met die kern- en ondersteuningsbediening Regsake Die kerkraad hanteer alle regsake asook die moontlike revisie van die reglemente en bepalinge van die kerk en adviseer binne-gemeentelik. ’n Kerkraadstaakgroep kan hiervoor aangewys word soos nodig. 64

Finansiële Administrasie ‘n Ondersteuningsbediening vir finansiële administrasie kan binne die gemeente aangewys word,verantwoordelikheid vir die hantering van fondse en om verantwoordelike rentmeesterskap in die gemeente te bevorder, in samewerking met die kern en ander ondersteuningsbedieninge D.Farao A van Wyk P.Willscot Kommunikasie, Publikasie, Argief ‘n Ondersteuningsbediening vir Kommunikasie, Publikasie, Argief in samewerking met die ander kern en ondersteunings bedieninge om te verseker dat die gemeente goed kommunikeer met haarself, met die res van die kerkverband en met die wêreld. G.Johnson A.van Wyk D.Farao 65

KOMMISSIES & VERENIGINGS FUNKSIONERING Samestelling Die gemeente se aksies word deur 'n aantal kommissies bestuur. Elke kom- missie se struktuur is aangepas om beter skakeling met die gemeente- aksies te bevorder. Dit behels onder andere dat die lede van die kom- missies nie net uit kerkraadslede sal bestaan nie, maar ook uit lidmate wat oor die nodige gawes beskik. Die kommissies doen verslag aan die Kerk- raad. Die gemeente word tans deur die volgende kommissies bestuur: Die uitvoerende bestuur stel die kommissies jaarliks saam. By die eerste kerkraadsvergadering van 'n nuwe jaar word die kommissies met hul sameroepers aan die kerkraad vir goedkeuring voorgelê. Alle ou kom- missies sal voortgaan met hul werksaamhede, al het die termyn reeds ver- stryk, totdat die nuwe kommissie gekonstitueer het. Tussentydse vakatures word deur die kommissies self gevul. Die kerkraad moet steeds die beno- emings bekragtig. Enige ongesensureerde lidmaat mag in die kommissies waar van toepass- ing gekoöpteer word. Geen lidmaat mag as kerkraadslid genomineer word alvorens die persoon eers deur 'n kerkraadslid genader is om te dien. Die Finans- en Eiendomskommissie konstitueer aan die begin van elke nuwe finansiële boekjaar.. 66

Mev. O.Swartz en Ds G.D.Swartz 67

DOOPDIENS DEUR DS G.D.SWARTZ: 05 MEI 2011 Ds G.D.Swartz, Tiffany en Anastachia Johnson Ds G.D.Swartz, Bradwill en Ashwill Wenn 68

69

BEJAARDE UITSTAPPIE NA CORDOBA WINERY 70

71

72

73

N.G.S.K. SOMERSERSET-WES DEBUTANTE BALL 74

. 75

76

Troue v/d Hartzenberg paartjie 77

Troues bedien deur Ds G.D.Swartz 78

. HOOFSTUK 3 CHRISTIAN YOUTH MINISTRY—URCSA SOMERSET WEST 79

80

81

82

83

. 84

. N.G.S.K. SOMERSET-WES - C.J.V 1988 85

. C.J.V. UITSTAPPIE NA ANTONIES VLEI 86

. 87

. 88

HOOFSTUK 4 God is op hierdie plek 2011-10-17 Skrywer / Oorsprong: George Johnson GEN 28: 10-22 - God is op hierdie plek 1. Plek? Dit is darem verbasend wat ʼn mens deesdae met Google kan doen. Dit het my letterlik nie vyf minute geneem vandat ek Google Earth oopgemaak het tot ek by hierdie foto van ons kerkterrein uitgekom het nie. En dan laat die program ʼn mens toe om ʼn merkertjie in te steek, sodat jy in die vervolg sommer direk hierheen kan kom! So, hier is ons kerkterrein. En ek projekteer die foto om die vraag bietjie in ons gesig te laat opspring: wat is die sin daarin om ʼn terrein te hê? ʼn Plek vir ons kerk. Ons fokus mos nou vandag op ons terrein, so kom ons vra die vraag: waarom het ons ʼn terrein met geboue op? Ek bedoel, ons weet mos ons kerk (ons gemeente) is nie die geboue nie, al praat ons mos maar gewoonlik so. Ons sê ons gaan kerk toe, maar eintlik bedoel ons ons gaan na ons kerkgebou toe. Ons weet die kerk van die Here is in die eerste plek die mense – nie die geboue nie Tradisioneel was ons as Gereformeerdes nogal streng op hierdie punt gewees. Ons Doppers het baie gesê ons moet nie geld vir fancy geboue en goed gee nie. Ons kan onder ʼn boom ook kerk hou as dit moet. Ons behoort eerder ons fondse aan te wend sodat daar Woordbediening sal wees. En in ʼn belangrike opsig is dit natuurlik heeltemal waar so. Maar op ʼn stadium het ons ook begin praat van die kanon en die kano. Die van julle wat al van die kerkraadsvergaderings en die diensgroepe se vergaderings bygewoon het sal gereeld die uitdrukking gehoor het: “jy kan nie ʼn kanon van ʼn kano af skiet nie.” Die punt van hierdie gesegde is dat ʼn mens tog ook iewers infrastruktuur moet hê vir jou bedieninge. Indien ons regtig impak wil maak in die Here se diens – effektief wil wees- dan moet ons ʼn groot genoeg platform hê waarvan af ons bedieninge gelanseer kan word. As jy op die water in ʼn kano sit, dan kan jy miskien nog met ʼn handwapen ʼn entjie ver skiet, maar as jy ver wil skiet en ernstig wil skiet, soos met ʼn kanon, dan kan jy nie daardie kanon op ʼn kano probeer 89

staanmaak nie. Die terugplof sal vir jou self uit die water skiet. Jy moet ʼn groter vaartuig van een of ander aard hê. So toe het ons ook hier by Verenigende Gereformeerde Kerk Somerset-Wes besef dat die Here ons werklik geseën het met ʼn wonderlike platform in die vorm van ons terrein en ons geboue. En ons het besef dat ter wille van die reikwydte van ons bedieninge ons ons terrein en infrastruktuur verder moet ontwikkel. So daar is ook hierdie funksionele kant aan ons terrein en geboue. Maar is dit al? Is dit al sin in ons plek? Nee, daar’s meer. Ons terrein moet nie net funksioneel wees nie. Luister saam met my na wat op die plek gebeur het waar Jakob die Here ontmoet het. Dit kan ons ook help om te dink oor ons plek hier LEES: GENESIS 28:10-22 Bet-El. Die naam beteken “Huis van God”. Daar is ʼn paar dinge wat ʼn mens opval oor hierdie plek waar die Here vir Jakob ontmoet het. 2. ʼn Plek langs die pad Die eerste is dat die plek self glad nie belangrik is nie. Dit was nie ʼn bekende plek nie. Dit was in die veld gewees naby ʼn ander plek met die naam van Lus, wat toe later heeltemal verdwyn het soos wat almal van Bet-El begin praat het. Dit word nie vir ons gesê dat dit besonders mooi was op daardie plek nie. Wat die plek betekenis gee is dat Jakob die Here daar ontmoet. Jakob is op reis, en hy is eintlik in ʼn baie kwesbare posisie. Hy vlug weg van sy pa se huis af in Berseba. Hy is nog lank nie by sy oom se huis in Haran nie. Hy is ʼn vreemdeling, ʼn vlugteling wat in die oop veld slaap. Maar juis hier, waar hy so broos en kwesbaar is ontmoet die Here hom. Die Here wou hê dat Jakob eers uit sy gemaksone moes kom, want Jakob is mos maar ook tipies mens: altyd aan die konkel ter wille van sy eie voordeel. Jakob moes dus eers op reis gaan – uit sy gemaksone uit. Toe ontmoet hy die Here regtig Hierin is iets te sê vir ons oor ons terrein en geboue, broers en susters. Dis geensins bedoel om vir ons ʼn gemaksone te wees nie. Dis nie bedoel om ʼn plek te wees waar ons onsself ingrawe en sê: “hier is ons baas; hier’s ons veilig” nie. Die keer toe die mense vir hulle ʼn stad begin bou het waar hulle baas was – by Babel – het hulle dit sonder die Here probeer doen, en het dit totaal misluk. Ons moet eerder oor ons plek dink as “ʼn plek langs die pad” vir ons as gemeente. Dit is iewers waar ons vertoef op ons reis. 75 jaar gelede, toe die gemeente ontstaan het, was ons nie hier nie. Wie weet waar ons vyf en sewentig jaar van nou af gaan wees? Maar nou, op ons reis, is ons hier. Nou, op jou reis, is jy hier. Wat hierdie plek betekenis gee is dat ons nou op ons reis saam met die Here vir Hom hier ontmoet. Natuurlik ontmoet ons die 90

Here ook op ander plekke. Ons leef saam met Hom op ander plekke – by die werk, by die huis, ens. Dit is die erediens van die lewe. Maar tog ontmoet ons Hom hier op ʼn gefokusde manier in ons eredienste en verenigings byeenkomste en vergaderings. En dit is wat hierdie plek ook vir ons betekenis laat kry. Laat ons dit altyd in gedagte hou: hierdie is ʼn plek waar ons uit ons gemaksones moet kom, waar ons weerloos voor die Here moet staan, sodat Hy deur Sy Gees met ons kan werk en ons verander. Hierdie plek is ʼn plek waar ons in die kragveld van die Gees kom, sodat ons kan groei. 3. ʼn Plek waar ons droom En juis daarom is hierdie plek ook ʼn plek waar ons droom. Die Here outmost vir Jakob in ʼn droom. Hy droom van ʼn leer wat op die aarde staan met die bo-punt daarvan wat aan die hemel raak. En engele – boodskappers – van God klim op en af met die leer. Die betekenis van Jakob se droom is duidelik: God maak bemoeienis met hierdie wêreld van ons. Die hemel, waar God is, en die aarde is nie van mekaar afgeskei nie. God kom na hierdie wêreld van ons toe. Jakob word nie aan sy eie lot en sy eie plannetjies oorgelaat nie. Dis God se wêreld hierdie, en Hy laat sy koninkryk in hierdie wêreld kom. In Jesus Christus is dit natuurlik die meeste waar dat die hemel en die aarde nie van mekaar geskei is nie. In Hom kom God se bemoeienis met sy skepping ten volle uit. Dit wat Jakob in sy droom maar nog net skaduagtig gesien het, van ʼn God wat na sy wêreld uitreik, dit het ons in Jesus Christus in die geskiedenis gesien. Dit het reeds gebeur! Die droom van ʼn nuwe wêreld is in Jesus Christus werklikheid – want Hy het regverdig geleef tot in die dood, en Hy is opgewek uit die dood. Omdat Jesus Christus nou aan die regterhand van God sit, kan (moet) ons ook droom op hierdie plek van ons. Hierdie plek is ʼn plek waar ons moet droom. Voor ons geestesoog moet ons hier sien hoe dat menselewens verander word. Ons moet droom hoe dat God hierdie omgewing hier rondom die kerk aanraak; hoe dat sy koninkryk hier kom. Ons moet droom hoe dat die eensame enkelma ingehok in haar eenslaapkamer woonstel hier langsaan deel word van ʼn familie. Hoe dat die ou met die drankprobleem in die meenthuis aan die anderkant verslaaf raak aan Jesus Christus. Hoe dat die onregverdigheid in ons wêreld plek maak vir God se vrede en geregtigheid. En iets van hierdie droom moet hier by ons op hierdie terrein; in hierdie geboue reeds waar word. Droom jy hierdie droom, broer en suster? Kry jy hierdie assosiasie wanneer jy by ons hek indraai? Dis wat op hierdie plek gebeur! 4. ʼn Plek waar ons die Here se wonderlike beloftes hoor 91

Maar dis nie al nie. Ons plek is ook ʼn plek waar ons die Here se beloftes hoor. In sy droom kom staan die Here by Jakob, en Hy maak wonderlike beloftes aan hom. Luister weer daarna: “Ek sal die grond waarop jy lê vir jou en jou nageslag gee. Hulle sal so baie wees soos die stof van die aarde, en jy sal jou gebied na alle kante toe uitbrei, en in jou en jou nageslag sal al die volke van die aarde geseën wees. Ek is by jou, en Ek sal jou beskerm waar jy ook al gaan...” Ek gee die grond aan jou en jou nageslag; Ek is by jou; Ek beskerm jou. Is dit nie ook wat hierdie plek van ons betekenis gee nie, broers en susters, naamlik dat ons die Here se beloftes hier hoor nie? In Jesus Christus is die beloftes wat God aan Jakob gemaak het ook vir ons. Want deur Jesus Christus is ons ook Jakob se nageslag – die mense van die verbond. Daarom moet ons hoor dat die Here hierdie wêreld vir ons wil gee. Hierdie wêreld, hierdie plot, hierdie ooste van Pretoria is die wêreld wat die nuwe mensheid se eiendom is. Waarom ʼn skaarsheidsdenke hê? “Sal ons al ons verpligtige kan dek? Miskien moet ons maar nog wag totdat ons bankbalans nog beter lyk voordat ons ʼn projek in die Naam van die Here aanpak.” Waarom nie dapper wees op grond van die Here se beloftes nie? Hy gee hierdie wêreld aan ons, en ons moet dit in die Naam van Jesus Christus opeis. Van hier af moet die goeie nuus van verlossing in Jesus Christus soos ʼn lekker reuk trek deur die huis en meenthuise en winkelsentrums en besighede van ons omgewing. Ons moet dit laat gebeur, want die Here stuur ons. Maar ons het sy beloftes dat Hy by ons sal wees en ons sal beskerm. Wat hoor jy, wanneer jy op hierdie kerkterrein kom, broer en suster? Hoor jy die reminder op jou foon wat jou alweer roep na die volgende afspraak toe? Hoor jy die geraas van jou radio? Hoor jy die geraas in jou kop van die vergadering by die werk waarvandaan jy nou net kom? Of hoor jy die beloftes van die Here? Hoor jy die beloftes van Sy nuwe wêreld wat jou deel is in Christus. In ʼn belangrike opsig moet ons kerkterrein ook ʼn plek van stilte wees. ʼn Plek van tot rus kom by God. Sodat ons in die stilte en in die vrede sy beloftes kan hoor, soos heerlike koel water op ʼn warm dag. Hoor jy dit hier?.. 5. ʼn Plek waar ons antwoord op die Here ...En antwoord jy daarop? Want dit is ook wat op hierdie plek moet gebeur. Jakob word wakker. Hy erken in die eerste plek: die Here is op hierdie plek. En dan doen hy ook iets: hy sit ʼn klip regop neer en hy gooi olie oor die bopunt daarvan uit. En dan onderneem hy van sy 92

kant af om ook getrou te wees aan die Here: “U, Here, sal my God wees. Hierdie klippilaar wat ek regop gesit het, sal ʼn tempel wees, en van alles wat U my gee sal ek vir U ʼn tiende gee.” Hoe klink dit vir ons reaksie op die plek waar die Here ons ontmoet, broers en susters? Om onsself altyd weer opnuut in die krag van die Gees hier aan die Here toe te wy: “U sal ons God wees.” Om die Here altyd weer in eredienste hier te ontmoet. Want dit is mos wat ʼn tempel is. ʼn Plek waar ʼn mens die Here in erediens ontmoet. En om die Here hier, op hierdie plek, en vanaf hierdie plek te dien met ons gawes. Tyd, energie, en ja – ook ons geld. Sodat hierdie plek ʼn plek van ontmoeting kan bly. Sodat ons as reisigers hier kan groei. Kom ons vat saam. Wat is die betekenis van ʼn plek soos hierdie – ons terrein, ons geboue en spesifiek ons kerkgebou? 1. Die betekenis lê nie in die plek op sigself nie, maar lê daarin dat ons die Here gefokus hier ontmoet 2. Dit is ʼn plek waar ons droom van God se nuwe wêreld wat in Christus gekom het, en ook sien hoe die droom waarheid word 3. Dit is ʼn plek waar ons die Here se beloftes hoor, en beleef hoe dat Hy dit gestand doen wanneer ons uitreik na ons omgewing toe 4. Dit is ʼn plek waar ons antwoord op die Here se beloftes deur onsself altyd weer toe te wy aan Hom in eredienste en in die gee van ons gawes. Kortom, die diepste betekenis van hierdie alles – en van die hele terrein, is dat dit ʼn liturgiese ruimte moet wees. Dit moet ʼn erediens ruimte wees! Ons hele lewe is erediens. Ons werk, ons ontspanning ons gesinslewe. Die erediens van die lewe. Maar die erediens van die lewe moet tog ook gereeld en bewustelik gefokus word in die erediens van die heiligdom. ʼn Ontmoeting met die Here in ʼn spesifiek liturgiese ruimte. Mag dit so wees op hierdie terrein van ons. George Johnson Gemeente Administrasie beampte , getroud met Jola en ons het 3 kinders en een klein kind. 93

94


Like this book? You can publish your book online for free in a few minutes!
Create your own flipbook