Important Announcement
PubHTML5 Scheduled Server Maintenance on (GMT) Sunday, June 26th, 2:00 am - 8:00 am.
PubHTML5 site will be inoperative during the times indicated!

Home Explore Framesby Gedenkblad 1970 tot 2020

Framesby Gedenkblad 1970 tot 2020

Published by hframesby66, 2020-07-15 04:42:44

Description: Framesby Gedenkblad 1970 tot 2020

Search

Read the Text Version

Hoërskool Framesby Opgedra aan die matriekklas van 1970 Gedenkblad – 2020 - Memorial Issue Dedicated to the class of 1970 Hier word ons trots familie “Education is the most powerful weapon HANDHAAF EN BOU which you can use to change the world.” Nelson Mandela Stepping out with pride! “The aim of education is the knowledge, not of facts, but of values.” William S. Burroughs

The humble beginnings of a great story Vanjaar, vyftig jaar gelede, het die eerste groep Hoërskool Framesby High School ? leerders van die Hoërskool Framesby, hul matriekjaar aangedurf en so hierdie skool op ‘n Met Port Elizabeth wat in die laat 1950’s en vroeë 1960’s wonderlike pad geplaas waar daar voordurend ‘n baie sterk uitbreiding na die westekant van die stad gestreef word na uitnemendheid. Saam met ‘n ondervind het, kon die bestaande skole, veral vir die personeel wat hul roeping baie goed verstaan Afrikaanssprekende leerling, nie voorbly om die groei in het, het hierdie eerste groepie pioniers, dalk leerdergetalle te akkomodeer nie. onwetend, die fondamente gelê vir ‘n bouproses Die Kaaplandse Onderwysdepartement het daarom in wat deur die jare die lewens van letterlik 1964 besluit om grond te bekom in die woonbuurt duisende jongmense op ‘n baie besondere Framesby, en om ‘n nuwe hoërskool daar op te rig. wyse sou beïnvloed. Vandag is Framesby Tenders is uitgesit, en die boufirma, Hannah en Seuns ongelooflik trots op hierdie eerste baanbrekers van Uitenhage is aangestel om die skool te bou. en kan ons met groot dankbaarheid terugkyk op Op 19 Januarie 1966 betrek ‘n onsekere 117 Standerd vyftig wonderlike jare. Sesse, Afrikaans-, sowel as Engelssprekend, saam met 9 personeellede, onder leiding van mnr. Dirk Visser as Throughout history, schools were usually skoolhoof, ‘n onvoltooide gebou, en begin so ‘n founded when a particular community decided nalatenskap waarop met trots teruggekyk kan word. collectively to engage in order to provide education for their children. Often the church Die simboliek van die took the lead in such ventures. Schools also oorspronklike Skoolwapen enjoyed the freedom to determine what should be taught and to which doctrine it would Die Driehoek: Die driehoek waarin die wapen conform. However, due to urbanisation as well gemonteer is, versinnebeeld die driepoolstruktuur te as the increasing involvement of government in wete die ouers, onderwysers en leerlinge in die onderwys. education, the landscape changed and schools Onderwys en opvoeding is ondenkbaar sonder ‘n gesonde were founded solely to meet the needs caused wisselwerking tussen hierdie drie. by increasing learner numbers in the urban areas. Die Fakkel: Die brandende fakkel herinner ons aan die geslagte wat voor ons die fakkel van die godsdiens en Die sukses van voorstedelike skole wat uit beskawing van hand tot hand oorhandig het. Maar meer hierdie tendens tot stand gekom het, was beslis nog, dit herinner ons aan die goeie uit die verlede en roep nie gewaarborg nie. Ongekende struikelblokke ons op om die toekoms daarop te bou. moes dikwels oorkom word, en sonder dryfkrag en ‘n duidelike visie vir ‘n betekenisgewende Die Tablet: Die rooi tablet wat die skool se leuse as toekoms, sowel as onvoorwaardelike toewyding inskripsie het, versinnebeeld die bouwerk getrou aan die deur die opvoeders, kon skole baie maklik leuse. verval tot eilande van middelmatigheid. Waar ouergemeenskappe egter onselfsugtig en Die leuse entoesiasties betrokke geraak het, kon hierdie skole gedy en ontwikkel tot ligbakens van hoop. Die leuse Conserva et Extrue beteken eintlik Handhaaf en Bou. Met hierdie leuse verbind elke leerder hom/haar In this regard Framesby was extremely om die kultuurgoedere wat oorgedra is, nougeset te fortunate. Under the leadership of Mr Dirk handhaaf en suiwer oor te dra, sodat kragtig gebou kan Visser and his dedicated staff, and with a word aan die Republiek van Suid-Afrika growing and dedicated parent support base, the school rose from a humble beginning in 1966, Die skoolgebou in 1966 when 117 unsure Standard Sixes entered a half finished building, to an institution of excellence. Here, learners were allowed to grow and develop in a healthy environment where fundamental values were naturally instilled, and where they were equipped with all the skills required to fulfil their potential. Vandag dien Framesby steeds dieselfde gemeenskap en kan ons met trots die leuse van ons skool uitleef. Hulle wat voor ons hier was, het só baie nagelaat waarop ons elke dag kan bou, en dis met groot trots dat die tradisies en unieke karakter wat oor die jare hier gevestig is, gehandhaaf kan word.

´n Reus verrys uit die rommel Aansig vanaf Cornelialaan Kyk die karre! Die klaskamervleuel Bouwerk 1965 – 1966 Building taking shape Aansig vanaf vandag se tennisbane Die hoofingang vanaf die hoek Since its inception, until 1973, when the last English speaking learners matriculated, Framesby was a bilingual school. We honour the legacy of those proud and loyal English speaking members of the Framesby family, who, together with their Afrikaans speaking peers, ushered in an era in which the pursuit of academic excellence would always be the ultimate goal. Vandag aanvaar ons dikwels dat hierdie skool altyd sal uitblink en met die beste kan meeding, maar ons vergeet soms dat dit alles begin het met ‘n handjievol toegewyde onderwysers, betrokke ouers, en ‘n baie besondere groep leerders wat die voorreg om die “eerstes” te wees, met albei hande aangegryp het! Sommer van begin af was dit duidelik dat Framesby nie net “nog ‘n skool”, gebore uit ‘n getallebehoefte, sal wees nie, maar ‘n werklike tuiste sal wees vir almal wat dieselfde waardes nastreef, en waar middelmatigheid nie ‘n opsie is nie!

Die nederige begin 1966 Die eerste personeel Mnr. Dudley Mnr. Deyzel Me. D’Assonville Mnr. Cawood Me. Holland Mnr. Knoetze Mnr. Rautenbach Mnr. Dirk Visser Die hele skool – 1966 – Learners and staff En uit hierdie nederige begin word die saadjie van uitsonderlike opvoeding geplant in die vrugbare en ontvanklike harte van jongmense wat die wêreld kan verander. So is die sluise ook oopgetrek sodat Framesby in die jare wat volg, jong volwassenes die wêreld kon instuur wat op ‘n besondere wyse ‘n reuse-impak op hul omgewing sou hê. “A child without education is like a bird “The purpose of education is to turn mirrors into windows.” Sydney J. Harris without wings.” Gesegte uit Tibet “Education is not the filling of a pail, but the lighting of a fire” W.B. Yeats “Education is the passport to the future, for tomorrow belongs to those who prepare for it today.” Malcolm X

Die eerste vyf jaar Amptelike opening 14 April 1967 Official opening Amptelike opening op 14 April 1967. Mev. H.M. Visser onthul die gedenkplaat Die sleutels tot die skool word amptelik deur die argitek oorhandig 14 April 1967 DIE HOËRSKOOL PATRIOT Daar is vroeg reeds besluit dat die skool se naam sal verander na Patriot. Die eerste baanbrekers het egter die naam sodanig gevestig en sinoniem gemaak met uitnemendheid, dat dit mettertyd ondenkbaar geraak het om die naam te wil verander! Musiek is van begin af in Framesby bevorder Eerste Minister Adv. John Vorster en mev. Vorster met baie klem op ‘n wye belewenis. inspekteer die erewag tydens hul besoek. Vanaf die beginjare was die koor en orkes die hartklop van kultuuraktiwiteite in die skool.

The press took notice! André Jansen – ‘n held op vele terreine! Vandag se “cheerleaders” kan iets leer by die 1969-klompie! Framesby neem ‘n All Black aan! Mooi mik, sussie! 1967 Huishoudkunde kry sy beslag

1970 Personeel 1970 Agter: D Brunton, F du Plessis, L Marais, C Hayward, J Walle C Hopkins, C. Dudley, J van Wyk Middel: T O’Riordan, G Els, F Heyns, E Verwey, C Ferreira, M Ewest, M. Roux, P. Vermaak, M Pietersen Voor: H Buitendag, A Terblanche, B Jordaan, mev. Du Preez, DJ Visser, A Uys, WLV Rautenbach, T Potgieter, D. Stulting Leerlingraad SCR 1970 HANDHAAF EN BOU Agter: E Nel, E Müller, H Berndt, W Basson, J Bornmann, G Wilson, A Jansen Voor: C Howell (Onderhoofdogter) mnr D Visser, J Billson (Hoofseun), M. Ferreira (Hoofdogter) mnr WLV Rautenbach, D Behrnmann (Onderhoofseun) Ons eerste hoofleiers John Billson Magda Ferreira

Class of 1970 Matriekklas Agter: W Garnett, J Greeff, J van der Berg, L Mangels, J Nel, A Coleske, C Thomas, W van Loggerenberg, F Landman, S Koekemoer, L Nel Staande: P van Rensburg, U Bester, A du Bruyn, A Boucher, J Vermaak, D Sands, A Nel, P Strutt, R Kehl, H Swanepoel, I de Vrye, S Nel, C de Wilton, E Labuschagne, G. Davidson Sittende: A van Onselen, C Bornmann, C Howell, mnr J van Wyk, J Billson, mnr D Visser, M Ferreira, mnr W Rautenbach, D Behrman, H Kirton, A Jansen Voor: A Pretorius, M Jannasch, M Janse van Rensburg, E du Toit, M Nel, C Warwick, T du Plessis, L Barnard, E Greeff, S Scheepers Erekode (1970) Code of Honour (1970) Ps. 144:12 Ps. 144:12 Onder die indruk van die voorreg wat my beskore is Conscious of the privilege I enjoy as a pupil of om ‘n leerling van Hoërskool Framesby te wees, is dit Framesby High School, I strive: my strewe om: 1. to live up to my Christian principles to the glory of God and in the service of my country; 1. my Christelike beginsels ter ere van God en in diens van my vaderland uit te leef; 2. to serve my country and its people at all times; 2. te alle tye my land en my volk te dien; 3. buy, think and live South African; 3. Suid-Afrikaans te koop, te dink en te leef; 4. to keep up the good name of my city, home, school and class; 4. die goeie naam van my stad, huis, skool en klas hoog te hou; 5. to carry out conscientiously any task allotted to me; 5. pligsgetrou alle take te verrig wat aan my opgedra is; 6. to respect and obey my parents and my teachers; 6. my ouers en onderwysers te gehoorsaam en te 7. to behave at all times in such a way that my eerbiedig; behaviour will be an example to others and be beyond reproach; 7. altyd só op te tree dat my gedrag onbesproke sal wees en as voorbeeld vir ander kan dien; 8. to be cheerful, pleasant and friendly, even under the most trying circumstances; 8. selfs in die moeilikste omstandighede blymoedig, minsaam en vriendelik op tree; 9. to do what must be done, secure in the knowledge that where there is a will, there is a way; 9. te doen wat gedoen moet word, wetende dat waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg; 10. to conscientiously uphold the traditions of my people and to build objectively for the future of the 10.die tradisies van my volk nougestet te handhaaf en Republic of South Africa. doelgerig te bou aan die toekoms van die Republiek van Suid-Afrika

Mnr. Rautenbach onthou …. Met die deurblaai van die 2014 foto-album weergawe is ek met besonderse trots vervul dat ek van die begin deel kon wees van die Hoërskool Framesby en deel graag 'n paar herinneringe met u: Op 19 Januarie 1966 betrek 'n groepie onderwysers bestaande uit 'n paar ervare en onervare leerkragte 'n onvoltooide struktuur. Op hierdie groepie se skouers sou die taak rus om van niks iets te maak, 'n skooltradisie te skep en 'n leerkultuur tot stand te bring en 'n skool te bou wat op vele terreine met waardigheid sy plek kon volstaan, en om seuns en dogters voor te berei om hulle plek in die samelewing vol te staan. Die eerste personeel het bestaan uit Mnr D.J.Visser (skoolhoof), Mnr Chimpy Cawood (onderhoof), Mnr Calvyn Knoetze, Mnr W.L. V.Rautenbach, Mnr Cedrick Dudley, Mnr C Deysel, Me Sally Holland, Me Vera D’Assenville en Me Polly du Preez (Sekretaresse). Mnre. Visser en Rautenbach sou beide later Inspekteurs van Onderwys word, terwyl mnre. Cawood en Knoetze beide lektore in Opvoedkunde sou word, met Prof. Cawood wat aan die Universtiteit van Stellenbosch doseer het, en mnr. Knoetze aan die Universiteit van Port Elizabeth. Die eerste skooljaar is slegs 117 Standerd 6-leerders, ongeveer ‘n gelyke getal Afrikaans- en Engelsprekendes, ingeskryf, wat vanoor 'n wye gebied van Port Elizabeth gekom het. Onder hulle was daar 'n paar karakters wat, in jare gemeet, reeds in die senior skoolfase moes wees! Soos reeds vermeld was die skoolgebou geleë in 'n yl bewoonde gebied aan die buitewyke van die stad. Wildsbokkies wat bedags daar verbygeloop het, was nie ongewoon nie. Groeipyne Op die eerste skooldag was die gebou nog onvoltooid, en die eerste vloer moes nog afgerond word. Soms was dit onmoontlik om jou hoorbaar te maak teen die luidkeelse gesprekke van 90 arbeiders wat al hulle nuus met mekaar gedeel het. Voeg daar nog by die lawaai van skuurmasjiene bokant jou kop. Ons moes egter maar deurdruk en poog om kennis oor te dra, Gelukkig was daar die beproefde skryfborde! Voorrade was beperk en nog in kartondose gestoor. Om byvoorbeeld die eerste dag 'n bietjie tee te kon maak moes daar eers in die dose gedelf word om die urn te kry. Skoolbanke moes bestel word deur die gebruiklike kanale en dit het ook sy humor opgelewer. Die gerug het die rondte gedoen dat toe die skoolhoof die bestelling geplaas het, een van die klerke hom versoek het om te motiveer woorvoor die banke benodig word. Die antwoord was kort en bondig - om op te sit! Totdat die bestelling uitgevoer is, moes van skoolbanke gebruik gemaak word wat vanoor die hele PE geleen is - uitskot deeglik gedekoreer en versier deur die vorige gebruikers. Die skoolterrein was omhein maar origens was dit nog begroei met die inheemse plante. Daar was geen teken van die skool se huidige goeie sportfasiliteite nie. Hierin het die personeel en ouers goed saamgewerk om die nodige geriewe te skep. Ouers soos die Bassons, dieTaits, Jansens, Strydoms, Lahouds, Dills, Burgers en vele ander het hierin die voortou geneem. Baie gou moes belangrike besluite geneem word ten opsigte van dinge soos: 1. Skooldrag: Die eerste voorlegging was vaalgrys, maar is genadiglik afgeskiet en vervang met die koningsblou soos vandag nog in gebruik. Al wat van die grys oorgebly het, was die strepe in die rugbytruie. 2. ‘n Sakwapen, Skoolleuse en Skoollied moes ontwerp word 3. 'n Leerlingraad kiesstelsel moes oak ontwikkel word. Die eerste hoofseun was Johnny Bilson en die eerste hoofdogter Magda Ferreira.

Die beginjare Rugby bet sy beslag gekry op die Laerskool Verkenner se veld aangesien Framesby nie sy eie rugbyveld gehad het nie. 'n Nederige begin is gemaak in die 4de liga, maar spoedig is daar gevorder tot die eerste liga, waar die skoal onmiddellik sy stempel afgedruk het. Paul Brand en Louis Venter was die eerste Framesby- spelers wat vir die Cravenweekspan gekies is. Ná die bou van n eie rugbyveld was daar geen keer aan die skool se opgang nie. Tog wil ek hier 'n komiese insident aanstip. Aangesien die OP Rugbyunie nie vir die laer ligas skeidsregters voorsien het nie, moes afrigters dikwels self die fluitjie hanteer. Die betrokke skeidsregter/afrigter se span het die hele seisoen geen punte aangeteken nie, maar dié betrokke wedstryd slaag een van die spelers daarin om die lyn te breek, en op pad doellyn sit die entoesiastiese afrigter hom agterna terwyl hy luidkeels skreeu ... “druk hom .. druk hom”! Die toeskouers het dit uitermate geniet. Atletiek was ook 'n prioriteit en sommer in die eerste jaar is daar meegeding in die PE- Walmer byeenkoms, waar daar 'n 3de plek in die Seuns O/14 behaal is. Dit was die begin van groat dinge en spoedig het die Hoërskool Framesby die atletiektoneel oorheers, en ook op nasionale vlak sy stempel afgedruk. Die grondslag was veral gelê deur die entoesiastiese afrigting van mnr Johan van Wyk en sy helpers, en die omstrede asbaan om die rugbyveld. Ander sportsoorte soos netbal, tennis en hokkie het ook hul beslag gekry. Laasgenoemde is welliswaar op ‘n grondbaan, omhein met doringdraad, gespeel! Op kultuurgebied is daar uit die staanspoor aandag gegee aan die Landsdiensbeweging, ‘n Debatsvereniging, Musiek en ‘n skoolkoor. Laasgenoemde was aanvanklik slegs ‘n dogterskoor totdat die seuns hul allergie vir koorsang oorkom het! Miskien het die mooie koorleidster hier ook 'n rol gespeel. Kadette is ingestel en dit was 'n skouspel om die seuns se drilbewegings dop te hou, begelei deur n bekwame kadetorkes. Skyfskiet is ook ontwikkel en later is selfs die senior dogter ook hierin opgelei. Die akademie was uit die staanspoor die prioriteit. Soos reeds vermeld het die skool met slegs Standerd Sesse begin. Heerlik vir die onderwysers, want slegs een les is voorberei en 6 keer herhaal! Verder is alle aandag op die klein groepie leerders toegespits. Kans vir wegkom was daar nie. Die grondslag wat daar gelê is het vrugte opgelewer, en spoedig is gemiddelde A- simbole behaal. Paul Brand en Marietjie Vissser was die eerste van vele wat sou volg. Trots was die skool toe Louis van der Watt ‘n tweede plek op die Kaaplandse merietelys behaal het! Die skool wou nie net seuns en dogters akademies ontwikkel nie, maar het daarop gekonsentreer om hulle op te lei om waardige landsburgers te wees wat hul plek in die samelewing kon volstaan. Om die totaliteit te ontwikkel is aan presteerders erkenning gegee deur prestasie-sertifikate vir deelname op ‘n wye spektrum, en nie slegs aan die toppresteerders nie. Tydens die jaarlikse Prysuitdeling – wat ‘n deftige formele geleentheid was – is die sertifikate oorhandig. Daar is ook erkenning gegee aan prestasies buite skoolverband, soos o.a. aan Johnny Koen, wat sy Springbokkleure – die eerste van vele - in Fietsry verwerf het. Om hierdie dinge te vermag is die siklusrooster ingestel – die eerste in Kaapland – en dit het reuse vrugte afgewerp. Die skool se opvoedingstaak was gegrond op die uitleefvan Christelike beginsels en om die jeug te sien as 'n geskenk van die Here en as jong olyfboompies wat begelei en gebuig moes word tot Sy sierrade, en daarom is 'n ACSY tak gestig en tydens saalbyeenkomste en personeelvergaderings is baie klem hierop gelê.

Ek kan nie nalaat om die rol wat die eerste skoolhoof in die skool se opbou gespeel het, uit te lig nie, en ‘n paar staaltjies oor te vertel nie. Mnr (later Doktor) Visser was iemand wat van voor af gelei het. Alles wat hy gedoen het, kon terug herlei word na sy diep Christelike beginsels wat hy prakties uitgeleef het. Alhoewel hy baie van sy personeel geeïs het, was sy uitgangspunt – ek verwag niks van my personeel wat ek nie self bereid is om te doen nie. Hy het ook verder geglo dat as iets die moeite werd is om te doen, dit die moeite werd is om dit goed te doen. Die personeel was vir hom belangrik en daarom het hy gesellige samekomste ingestel waar hy en die personeel gesellig saam kon verkeer, en waar nuwe personeellede ingetrek kon word. Hy het uit sy pad gegaan om sy personeellede te beskerm, al was hulle skuldig. Die volgende insident illustreer dit: ‘n Onderwyser wat die gewoonte gehad het om ‘n leerder wat gefouteer het, liggies met die plathand teen die been te tik, het dit ongelukkig ook gedoen met ‘n dogter van ‘n hoë polisieoffisier, wat woedend gereageer het en dadelik 'n afspraak met die skoolhoof gemaak het vir 4 uur daardie middag, om sy ontevredenheid uit te spreek. Die skoolhoof het, uit die aard van die dreigemente deur die pa, die betrokke leerkrag na sy kantoor ontbied om die ontstoke ouer in te wag. Kort voor 4 uur het die die skoolhoof al die deure van die kantoor toegemaak en gewag. Uiteraard moes die ouer klop om toegang te kry, aangesien die administratiewe personeel reeds vertrek het. Hy het agter die lessenaar stelling ingeneem en gewag. Toe die pa klop, het hy met ‘n harde stem uitgeroep: “Binne”, hom effens opgelig met sy kneukels op die lessenaar, die ouer stip in die oë gekyk en begroet met die woorde: “Ek skrik nie vir jou uniform nie en ook nie vir jou rang nie. Wat wil jy hê?” My sy wind uit sy seile het daar niks gekom van die ouer se vroëre dreigemente nie en het hy een van die lojaalste ouer van die skool geword. Ten spyte van wat mnr Visser by Framesby vermag het, het hy nie sy eie eer gesoek nie., en het hy nie daarin geglo om vereer te word nie. Sy satisfaksie is steeds verkry deurdat, na al die jare, oud Framesby-leerders hom geëer en gerespekteer uit dankbaarheid vir wat hy vir hulle beteken het. Die volgende staaltjie illustreer ook die goeie onderlinge kameraadskap wat tussen die personeel geheers het: Een oggend noem die skoolhoof dat hy 'n sekere onderwyser nog nie gesien het nie. Dadelik is daar besef dat hy moes verslaap het, en dit was al amper eerste pouse. Hy is dadelik gebel en vertel dat die skoolhoof hom soek. Gelukkig het hy naby die skool gewoon, en pouse kom hy toe ewe kalm aangestap vanaf die atletiekbaan, terwyl hy al swaaiende ‘n stel wegspringblokke in sy hand dra. Hy stap toe direk na die skoolhoof en begroet hom met die woorde: “Ek verneem meneer soek na my ……” “Education makes a people easy to lead but difficult to drive: easy to govern, but impossible to enslave Peter Brougham “The more that you read, the more things you will know, the more that you learn, the more places you’ll go.” Dr. Seuss “Education’s purpose is to replace an empty mind with an open one.” Malcolm Forbes

SPORT & KULTUUR Framesby begin sy atletiek-opmars 1970 TEAM Agter: J Loftie-Eaton, G Corlett, G van Wyk, T Crous, H Berndt, W Basson, J Bornmann, D Meyer, G du Preez, N Rudman, H Petzer Staande: C Killian, J McCleland, M de Lange, D Behrmann, S Heymans, L Dorfling, J Billson, C Zeelie, L Strauss, T Tromp, T Smith, L Kuhn, E Zeelie Sittende: T Ferreira, C Howell, mnr H Buitendag, mnr DJ Visser, A Jansen, T du Plessis, mnr J van Wyk, mnr P Vermaak, N Kriel, E du Plessis Voor: G Davidson, C Wilton, K Erasmus, J Kirton, J Nysschens, N Slabbert, T van der Vyver, C Robinson, G Visser, J Kriel, R Smith EERSTE BEKERS BY PE-WALMER-BYEENKOMS Die O/13-spannetjie van 1969 begin die tradisie van oorheersing wat sou volg! Jeffrey Kirton, Leon Nel, Gerrit van Wyk & Jean Kriel UITBLINKERS BY DIE 1968- FRAMESBY-BYEENKOMS John Billson, André Jansen, Sheila van Onselen en Hennie van Eyk

Baanbrekers vir die Bloktrui! Eerste rugbyspan van 1970 Framesby ding vir die eerste keer mee in die eerste liga! Agter: H Petzer, A Kluyts, P Nel, G McCleland, M Language Dat Framesby Midel: J Fourie, G Collet, H Strydom, W Basson, J Wilken, J Nel, A Colesky vandag landswyd Voor: P Strutt, A Jansen, mnr DJ Visser, E Dyson, mnr WLV Rautenbach, op die hooste J Billson, J Bornmann vlak kan meeding het alles hier begin! HANDHAAF EN BOU 1970 Netbalspan Netbal gee die eerste treë na die gloriejare wat sal volg en Framesby vestig as dié krag in die Oostelike Provinsie Agter: B. Kehl, W Kleynhans, L Dorfling Voor: L Kühn, mnr DJ Visser, E Greeff, mej T Potgieter, W Hugo

1970 Tennisspan Die begin van ‘n ryke oes van top-tennisspelers en Framesby groei as ‘n krag binne die Oostelike Provinsie Ons lewer oor die jare vele provinsiale-, en ook nasionale spelers Agter: J Snyman, G Snyman, A Lubbe Voor: Mnr DJ Visser, E Reynders, B Neethling, I Enslin, mnr C Dudley 1970 Hokkiespan Van ‘n nederige begin op ‘n grondveld tot ons eie Astroturf-hokkieveld Ons eer hierdie pioniers wat ondanks baie uitdagings vasgebyt het en ‘n wonderlike hokkietradisie by Framesby geskep het! Agter: M Combrinck, C Howell, A Weldrick, E le Roux, E Zeelie, G Crookail Voor: A Burger, mnr DJ Visser, P van Rensburg, mrs D Brunston, M Walton Heel voor: G Davidson, C Wilton Skoolgronde in die vroeë 1970’s

ACSV-BESTUUR 1970 Vanaf die stigting van die skool het die bevordering en uitlewing van Christelike waardes en beginsels die hoogste prioriteit geniet. So is die hoeksteen van die Framesby- karakter gelê, wat vandag steeds die middelpunt is waarom alles in Framesby draai. SCA COMMITTEE 1970 Mr DJ Visser, D Howell, A Weldrick, G Wilson,mrs D Brunton Agter: H Botha, W Basson, J van den Berg Voor: Mnr DJ Visser, E Müller, J Billson, mej L Marais Klein Begin Landsdiensklub Landsdiens is vandag steeds een van die mees aktiewe klubs in die skool. Met die stigting van hierdie klub in 1969 is daar ‘n tradisie van dienslewering en ‘n bewustheid van omgewing geskep wat oor die jare onomwonde ‘n integrale deel van die Framesby-tradisie gebly het HANDHAAF EN BOU Agter: J Botha, mej E Verwey, M Tait Voor: Mej A Terblanche, M Visser, mnr DJ Visser,

Kadette word deel van die skoolprogram Neil Robertson en Helmut Berndt Herald “On the Go Quiz“ 1969 En Blommerangskiking was groot in 1970! Hulle herhaal die prestasie van 1969 – verower die skild by die P.E. Skou Musiek Agter: P. van Rensburg, E Evlambiou, C Milne, B Swanepoel, E le Roux, J Consalves, Vanaf die onstaan van die skool is baie L Barnard, G Davidson klem gelê op die bevordering van musiek. Binne die eerste paar jaar is ‘n koor en Voor: T Hajibey, F van Rensburg, mnr DJ Visserr, R le Roux, Mej A Terblanche, orkes op die been gebring, en is M Rademeyer, M Watson musiekonderrig op ‘n baie hoë vlak aangebied. Leerders het ook uitstekend Uitvoerende Kunste gevaar tydens kunswedstryde en eksterne musiekeksamens. Onderrig was ook nie Vir dekades al geniet Framesby hoë aansien in die toneelwêreld en het net beperk tot klavier as instrument nie. verskeie oud-leerders al diep spore in die vermaaklikheidsarena getrap. Leerders moes van vroeg af ook ‘n tweede Die fondamente hiervoor is so vroeg as 1968 reeds gelê toe “As nefie kom instrument baasraak en is sodoende kuier” op die planke gebring is. Verskeie produksies het daarop gevolg uitstekend voorberei vir die eise van en leerders is sodoende die geleentheid gegun om ook op hierdie terrein tersiêre studie. Binne ‘n baie kort tyd het hul talente te ontdek en te ontgin. Framesby landswyd bekendheid verwerf vir die gehalte van musiekonderrig, asook In die beginjare het daar ook ‘n English Drama Society tot stand gekom die algemene musiekbelewing in die om in Engels produksies aan te bied. Reeds in 1968 is die klug, “The skool. Crimson Coconut” uiters suksesvol aangebied, waarna verskeis ander produksies die lig gesien het. Redevoering Die passie waarmee onderwysers oor die jare leerders aan hierdie Die Framesby-debatsvereniging is reeds kunsvorm blootgestel het, is beslis een van die waardevolste boustene in in 1967 tot stand gebring. Daar is gereeld die karakter van Framesby! aan kompetisies deelgeneem, en die bevordering van die redenaarskuns het onlosmaaklik deel van Framesby geword. Ook hier is ons baie dank verskuldig aan die vroeë baanbrekers wat die grondslag gelê het vir ons redenaars en debatvoer- ders wat vandag op hoë vlak meeding.

EERSTE MATRIEKAFSKEID 1970 FIRST MATRIC FAREWELL

25 Jaar later - Reünie - 1995 Ons verleen graag erkenning aan Magda Goosen (Ferreira). Haar plakboek wat sy met groot sorg en toewyding saamgestel het, is vryelik in hierdie publikasie gebruik.


Like this book? You can publish your book online for free in a few minutes!
Create your own flipbook