Important Announcement
PubHTML5 Scheduled Server Maintenance on (GMT) Sunday, June 26th, 2:00 am - 8:00 am.
PubHTML5 site will be inoperative during the times indicated!

Home Explore Senwes - Suidwes Omsendbrief Afrikaans - exec

Senwes - Suidwes Omsendbrief Afrikaans - exec

Published by jedrie, 2020-04-29 08:41:56

Description: Senwes - Suidwes Omsendbrief Afrikaans - exec

Search

Read the Text Version

HIERDIE DOKUMENT IS BELANGRIK EN VEREIS U ONMIDDELLIKE AANDAG Die definisies en interpretasies wat op bladsy 3 van hierdie kennisgewing en op bladsy 43 van die Omsendbrief wat as Bylae “C” by hierdie Kennisgewing aangeheg is, begin, is regdeur hierdie dokument van toepassing, insluitende hierdie dekblad (tensy die konteks ʼn ander betekenis aandui). KENNISGEWING VAN ALGEMENE JAARVERGADERING EN VERDERE ALGEMENE VERGADERINGS VAN SUIDWES AANDEELHOUERS (“DIE VERGADERINGS”) SUIDWES BEHEREND (RING FENCED) EIENDOMS BEPERK (Geïnkorporeer in die Republiek van Suid-Afrika) (Registrasienommer 1998/007242/07) (“Suidwes”) BELANGRIKE DATUMS VIR ALLE SUIDWES ANDEELHOUERS: 2020 OMSENDBRIEF REKORDDATUM OM KENNISGEWING VAN DIE 25 April VERGADERING TE ONTVANG STEMMING REKORDDATUM VIR BYWONING, DEELNAME EN 29 Mei STEMMING BY DIE VERGADERINGS VOLMAGVORM MOET INGEHANDIG WORD 29 Mei, maar voordat oor die toepaslike Besluite gestem word LAASTE DATUM EN TYD VIR SUIDWES AANDEELHOUERS OM 29 Mei, maar voordat oor SKRIFTELIKE KENNIS AAN SUIDWES TE GEE VAN die toepaslike Spesiale BESWAARMAKING TEEN DIE TOEPASLIKE SPESIALE BESLUITE Besluite gestem word INGEVOLGE ARTIKEL 164(3) VAN DIE WET TEN EINDE WAARDASIEREGTE TE KAN UITOEFEN DATUM VAN ALGEMENE VERGADERINGS 29 Mei ʼn AANDEELHOUER WAT NIE DIE VERGADERING KAN BYWOON NIE, MAG ʼn GEVOLMAGTIGDE AANSTEL OM HOM/HAAR BY DIE VERGADERING TE VERTEENWOORDIG EN DAAR NAMENS HOM/HAAR TE PRAAT EN TE STEM. DIE VOLMAGVORM WAT AS BYLAAG A HIERTOE AANGEHEG IS, MOET VIR HIERDIE DOEL GEBRUIK WORD EN MOET BY DIE GEREGISTREERDE KANTOOR VAN SUIDWES, OF BY ENIGE SUIDWES HANDELSTAK OF SILO (VIR DIE AANDAG VAN DIE SUIDWES MAATSKAPPYSEKRETARIS) INGEHANDIG WORD, DEUR MIDDEL VAN ELEKTRONIESE INHANDIGING OF AFLEWERING PER HAND IN OOREENSTEMMING MET DIE VEREISTES WAT IN HIERDIE KENNISGEWING VERVAT IS. 1

KENNIS WORD HIERMEE GEGEE dat ʼn gekonsolideerde vergadering (bestaande uit die AJV, die Skemavergadering, die Klas A-aandeelhouer AVO Wysigingsvergadering, die Klas B-aandeelhouer AVO Wysigingsvergadering en die Suidwes Voorkeuraandeelhouer AVO Wysigingsvergadering) van aandeelhouers van die maatskappy (“Suidwes Aandeelhouers”) gehou sal word by die Nederduitse Gereformeerde Kerksaal, Voortrekkerstraat 5, Leeudoringstad op Vrydag 29 Mei 2020 om 9:00 ten einde oor die sake hieronder uiteengesit, te beskik. GESIEN IN DIE LIG VAN die nasionale ramp wat in Goewermentskennisgewing Nr. 313 van Staatskoerant Nr. 43096 op 15 Maart 2020 aangekondig is en die Regulasies wat ingevolge artikel 27(2) van die Wet op Rampbestuur, 2002 op 18 Maart 2020 uitgevaardig is, wat ʼn byeenkoms van 100 of meer mense verbied (“die Verbod op Byeenkomste”), word Suidwes Aandeelhouers aangemoedig om hul stemme met betrekking tot die Besluite uit te bring deur middel van ʼn Volmag aan Suidwes se Maatskappysekretaris verleen (ten einde die aantal individue wat die Vergaderings bywoon, te beperk). Indien u van voorneme is om die Vergaderings by te woon, word u versoek om Suidwes se Maatskappysekretaris nie later nie as 27 Mei 2020 in die vorm wat as Bylae B tot hierdie Kennisgewing aangeheg is, aldus in kennis te stel, om te verseker dat gepaste alternatiewe reëlings getref kan word, indien nodig, ten einde nakoming aan die Verbod op Byeenkomste te verseker. 2

1 INTERPRETASIE 1.1 1.1.1 Tensy dit strydig is met die konteks, sal die terme in hierdie Kennisgewing wat met ʼn 1.1.2 hoofletter geskryf is en nie anders hierin gedefinieer nie, die betekenis dra wat in die Omsendbrief daaraan toegeskryf is. Daarbenewens, tensy die konteks ʼn ander 1.1.3 bedoeling aandui, sal die volgende woorde en uitdrukkings die betekenisse dra aan 1.1.4 hulle toegeken in hul ooreenstemmende definisie-bepalings en verwante uitdrukkings ooreenstemmende betekenisse dra: 1.1.5 1.1.6 \"AJV\" beteken die 21ste Algemene Jaarvergadering van Suidwes Aandeelhouers 1.1.7 genoem in terme hiervan soos bepaal in klousule 17 van die Suidwes AVO; \"AJV Besluite\" beteken die spesiale en gewone besluite wat op die AJV ter tafel gelê sal word, welke besluite in paragraaf 9 van hierdie Kennisgewing uiteengesit is en wat bestaan uit: (a) Gewone Besluit 1 van die AJV soos uiteengesit in paragraaf 9.1 hieronder; (b) Gewone Besluit 2 van die AJV soos uiteengesit in paragraaf 9.2 hieronder; (c) Gewone Besluit 3 van die AJV soos uiteengesit in paragraaf 9.3 hieronder; (d) Spesiale Besluit 1 van die AJV soos uiteengesit in paragraaf 9.4 hieronder; (e) Spesiale Besluit 2 van die AJV soos uiteengesit in paragraaf 9.5 hieronder; en (f) Spesiale Besluit 3 van die AJV soos uiteengesit in paragraaf 9.6 hieronder; \"AVO Wysigings\" beteken die algehele vervanging en substitusie van die Suidwes AVO met die Voorgestelde AVO ten einde die aandeelhouding van Senwes en Senwesbel in Suidwes te fasiliteer indien die Skema geïmplementeer word; \"AVO Wysigingsbesluite\" beteken die gewone en spesiale besluite ter tafel gelê te word by elkeen van die AVO Wysigingsvergaderings, welke besluite in paragraaf 11 hieronder uiteengesit word en wat bestaan uit: (a) Spesiale Besluit 1 deur die Klas A-aandeelhouers ten opsigte van die AVO Wysiging soos uiteengesit in paragraaf 11.1 hieronder; (b) Spesiale Besluit 1 deur die Klas B-aandeelhouers ten opsigte van die AVO Wysiging soos uiteengesit in paragraaf 12.1 hieronder; (c) Spesiale Besluit 1 deur die Suidwes Voorkeuraandeelhouers ten opsigte van die AVO Wysiging soos uiteengesit in paragraaf 13.1 hieronder; (d) Gewone Besluit 1 deur die Klas A-aandeelhouers ten opsigte van die AVO Wysiging soos uiteengesit in paragraaf 11. 2 hieronder; (e) Gewone Besluit 1 deur die Klas B-aandeelhouers ten opsigte van die AVO Wysiging soos uiteengesit in paragraaf 12.2 hieronder; en (f) Gewone Besluit 1 deur die Suidwes Voorkeuraandeelhouers ten opsigte van die AVO Wysiging soos uiteengesit in paragraaf 13.2 hieronder; \"Besluite\" beteken gesamentlik: (a) die AJV Besluite; (b) die Skemabesluite; en (c) die AVO Wysigingsbesluite; \"Jaarverslag\" beteken die Suidwes Geïntegreerde Jaarverslag wat as Bylae 8 by die Omsendbrief aangeheg is; \"Kennisgewing\" beteken hierdie kennisgewing van vergadering soos gestuur aan Suidwes Aandeelhouers om die Vergaderings te belê; 3

1.1.8 \"Klas A-aandeelhouer\" beteken die geregistreerde houer van Klas A-aandele in Suidwes bewys deur die Register op die Stemming Rekorddatum; 1.1.9 \"Klas A-aandeelhouer AVO Wysigingsvergadering\" beteken die Klas A- aandeelhouersvergadering belê in terme hiervan, soos bepaal in klousule 16 van die Suidwes AVO, saamgelees met artikels 16 en 36(2)(a) van die Wet ten einde die Suidwes AVO met die Voorgestelde AVO te vervang indien die Skema onvoorwaardelik word ooreenkomstig die bepalings daarvan; 1.1.10 \"Klas B-aandeelhouer \" beteken die geregistreerde houer van Klas B-aandele in Suidwes, soos bewys deur die Register op die Stemming Rekorddatum; 1.1.11 \"Klas B-aandeelhouer AVO Wysigingsvergadering\" beteken die Klas B- aandeelhouersvergadering belê in terme hiervan, soos bepaal in klousule 16 van die Suidwes AVO saamgelees met artikels 16 en 36(2)(a) van die Wet ten einde die Suidwes AVO met die Voorgestelde AVO te vervang indien die Skema onvoorwaardelik word in ooreenstemming met die bepalings daarvan; 1.1.12 \"Klas A-aandele\" beteken ʼn gewone A-aandeel met ʼn pariwaarde van R0,01 (een sent) elk in die aandelekapitaal van Suidwes; 1.1.13 \"Klas B-aandele\" beteken ʼn gewone B-aandeel met ʼn pariwaarde van R0,01 (een sent) elk in die aandelekapitaal van Suidwes; 1.1.14 “Maatskappywet” of “Wet” beteken die Maatskappywet, nr. 71 van 2008; 1.1.15 \"Omsendbrief\" beteken die gekombineerde omsendbrief aan Suidwes Aandeelhouers tesame met hierdie Kennisgewing deur Senwes, Senwesbel en Suidwes uitgereik en welke omsendbrief as Bylae “C” hierby aangeheg is; 1.1.16 \"Skemabesluite\" beteken die spesiale en gewone besluite wat tydens die Skemavergadering ter tafel gelê sal word, welke besluite in paragraaf 10 hieronder uiteengesit is en wat bestaan uit: (a) Spesiale Besluit 1 van die Skema soos uiteengesit in paragraaf 10.1 hieronder; (b) Spesiale Besluit 2 van die Skema soos uiteengesit in paragraaf 10.2 hieronder; (c) Spesiale Besluit 3 van die Skema soos uiteengesit in paragraaf 10.3 hieronder; (d) Spesiale Besluit 4 van die Skema soos uiteengesit in paragraaf 10.4 hieronder; en (e) Gewone Besluit 1 van die Skema soos uiteengesit in paragraaf 10.5 hieronder; 1.1.17 \"Skemavergadering\" beteken die vergadering van Suidwes Aandeelhouers met betrekking tot die Skema binne die betekenis en konteks van artikels 114 en 115 van die Wet; 1.1.18 \"Spesiale Besluite\" beteken die spesiale besluite wat tydens elkeen van die Vergaderings ter tafel gelê word en wat in hierdie Kennisgewing uiteengesit is; 1.1.19 \"Suidwes AVO\" beteken die bestaande Akte van Oprigting van Suidwes; 1.1.20 \"Suidwes AVO Wysigingsdatum\" beteken die datum waarop Suidwes in besit is van (i) bewys dat die AVO Wysigings by die CIPC ingehandig is; en (ii) bewys dat dit deur die CIPC aanvaar is; 1.1.21 \"Suidwes Gewone Aandeelhouers\" beteken die houer van enige Suidwes Gewone Aandele; 1.1.22 \"Suidwes Gewone aandele\" beteken die gewone klasse A- en B-aandele met ʼn pariwaarde van R1.00 (een rand) elk in die uitgereikte aandelekapitaal van Suidwes; 1.1.23 \"Suidwes Maatskappysekretaris\" beteken die maatskappysekretaris van Suidwes (mnr Derek Linde); 4

1.1.24 \"Suidwes Voorkeuraandeel\" beteken die voorkeur klas C-aandele met geen pariwaarde in die uitgereikte aandelekapitaal van Suidwes; 1.1.25 \"Suidwes Voorkeuraandeelhouer\" beteken die geregistreerde houer van ʼn Voorkeuraandeel in Suidwes soos geregistreer in die Register op die Stemming Rekorddatum; 1.1.26 \"Uitgeslote Aandeelhouer\" beteken daardie Aandeelhouers wat, in ooreenstemming met die bepalings van artikel 115(4) van die Wet, uitgesluit is van stemming ten opsigte van die toepaslike Spesiale Besluite, synde Senwes; 1.1.27 \"Vergaderings\" beteken die gekonsolideerde vergadering van Suidwes Aandeelhouers wat in terme van hierdie Kennisgewing belê word en wat die volgende drie afsonderlike vergaderings sal behels: (a) die AJV; (b) die Skemavergadering; (c) die Klas A-aandeelhouer AVO Wysigingsvergadering; (d) die Klas B-aandeelhouer AVO Wysigingsvergadering; en (e) die Voorkeuraandeelhouer AVO Wysigingsvergadering; om die Besluite te oorweeg en, indien geskik geag, goed te keur, met of sonder wysigings, wat uitgestel of verdaag mag word soos nodig; 1.1.28 \"Volmagvorm\" beteken die volmagvorm by die Kennisgewing aangeheg as Bylae \"A\"; 1.1.29 \"Voorkeuraandeelhouer AVO Wysigingsvergadering\" beteken die Voorkeuraandeelhouersvergadering in terme hiervan belê soos bepaal in klousule 16 van die Suidwes AVO, saamgelees met artikels 16 en 36(2)(a) van die Wet ten einde die Suidwes AVO met die Voorgestelde AVO te vervang, indien die Skema onvoorwaardelik word ooreenkomstig die bepalings daarvan; en 1.1.30 \"Voorgestelde AVO\" beteken die konsep AVO wat as Bylae 9 by die Omsendbrief aangeheg is, wat gebaseer is op die lang standaardvorm Akte van Oprigting vir Maatskappye met Winsoogmerk, soos uitgereik ingevolge die Regulasies onder Vorm CoR 15.1B. 2 DOEL 2.1 Die doel van die Kennisgewing is om die volgende vyf afsonderlike vergaderings te belê in die volgorde hieronder aangedui en op die basis dat elke vergadering onmiddellik na die afsluiting van die vorige vergadering ʼn aanvang sal neem: 2.1.1 die AJV; 2.1.2 die Skemavergadering; 2.1.3 die Klas A-aandeelhouer AVO Wysigingsvergadering; 2.1.4 die Klas B-aandeelhouer AVO Wysigingsvergadering; en 2.1.5 die Voorkeuraandeelhouer AVO Wysigingsvergadering. 2.2 Kontak asseblief u professionele adviseur sonder versuim indien u onseker is oor watter aksies in verband met die sake in hierdie Kennisgewing uiteengesit, asook die Vergaderings en Besluite, geneem behoort te word. 3 SAKELYSTE 3.1 Die sakelys vir elk van die Vergaderings word hieronder uiteengesit. 3.2 Die Sakelys vir die AJV 5

3.2.1 Opening en verwelkoming; 3.2.2 3.2.3 Die wyse waarop stemming vir die AJV Besluite moet plaasvind en of stemming deur middel van die opsteek van hande of per stembrief moet geskied, soos bepaal in 3.2.4 klousule 17.22 van die Suidwes AVO; 3.2.5 Oorweging van die volgende dokumente: 3.2.6 (a) notule van die 20ste algemene jaarvergadering van Suidwes Aandeelhouers wat 3.2.7 3.3 op 26 September 2018 gehou is; 3.4 3.4.1 (b) Die volgende verslae soos in die Jaarverslag uiteengesit: 3.4.2 3.4.3 (a) Voorsittersverslag (bladsy 6 van die Jaarverslag); 3.4.4 3.5 (b) Besturende Direkteursverslag (bladsy 8 van die Jaarverslag); 3.5.1 3.5.2 (c) Korporatiewe Bestuursverslag (beskikbaar by www.suidwes.co.za); (d) Volhoubaarheidsverslag (beskikbaar by www.suidwes.co.za); (e) Verklaring van Direkteure se Verantwoordelikheid (beskikbaar by www.suidwes.co.za); (f) Opgesomde finansiële state soos goedgekeur deur die Suidwes Direksie (bladsy 20 van die Jaarverslag); en (g) Onafhanklike Ouditeursverslag (beskikbaar by www.suidwes.co.za);), (gesamentlik hierin verwys as \"die Verslae\"); Bevestiging van die aanstelling van die volgende direkteure wat sedert die vorige algemene jaarvergadering van Suidwes Aandeelhouers aangestel is: (a) Mnr A. Botha; en (b) Mnr D. Jacobs. Die oorweging en aanvaarding, met of sonder wysiging, van die AJV Besluite; Bespreking van enige algemene sake; en Sluiting van die AJV. Neem asseblief kennis dat ʼn afskrif van die volledige jaarlikse finansiële state van Suidwes kosteloos van die Suidwes Maatskappysekretaris aangevra kan word by die adres wat in die Jaarverslag verstrek is. Die Sakelys vir die Skemavergadering Algemene verduideliking van die Skema en die rasionaal agter die voorstel; Die wyse waarop stemming vir die Skemabesluite moet plaasvind en of stemming deur middel van die opsteek van hande of per stembrief moet geskied, soos bepaal in klousule 17.22 van die Suidwes AVO; Die oorweging en aanvaarding, met of sonder wysiging, van die Skemabesluite; en Die afsluiting van die Skemavergadering. Die Sakelys vir die AVO Wysigingsvergadering Algemene verduideliking van die aard van die AVO Wysigings en die rasionaal agter die AVO Wysigings; Die wyse waarop stemming vir die AVO Wysigingsbesluite moet plaasvind, en of stemming deur die opsteek van hande of per stembrief moet geskied, soos bepaal in klousule 17.22 van die Suidwes AVO, saamgelees met klousule 16.2.2 van die 6

3.5.3 Suidwes AVO [wat voorsiening maak dat enige houer van ʼn spesifieke klas aandele 3.5.4 (wat persoonlik teenwoordig is of verteenwoordig is deur middel van ʼn gevolmagtigde) 3.6 mag eis dat per stembrief gestem word ten opsigte van sake wat op daardie klas 3.6.1 aandele betrekking het]; 3.6.2 Die oorweging en aanvaarding, met of sonder wysiging, van die betrokke AVO 3.6.3 Wysigingsbesluite; en 3.6.4 3.7 Die sluiting van die AVO Wysigingsvergadering. 3.7.1 3.7.2 Die Sakelys vir die Klas A-aandeelhouer AVO Wysigingsvergadering 3.7.3 Algemene verduideliking van die aard van die AVO Wysigings en die rasionaal agter 3.7.4 die AVO Wysigings; 3.8 3.8.1 Die wyse waarop die stemming vir die betrokke AVO Wysigingsbesluite moet plaasvind 3.8.2 en of stemming deur middel van die opsteek van hande of per stembrief sal geskied, soos bepaal in klousule 17.22 van die Suidwes AVO, saamgelees met klousule 16.2.2 3.8.3 van die Suidwes AVO [wat bepaal dat enige houer van ʼn spesifieke klas aandele (wat 3.8.4 persoonlik teenwoordig is of verteenwoordig is deur middel van ʼn gevolmagtigde), mag eis dat per stembrief gestem word met betrekking tot sake wat op daardie klas aandele betrekking het]; Die oorweging en aanvaarding, met of sonder wysiging, van die betrokke AVO Wysigingsbesluite; en Die afsluiting van die Klas A-aandeelhouer AVO Wysigingsvergadering. Die Sakelys vir die Klas B-aandeelhouer AVO Wysigingsvergadering Algemene verduideliking van die aard van die AVO Wysigings en die rasionaal agter die AVO Wysigings; Die wyse waarop die stemming vir die betrokke AVO Wysigingsbesluite moet plaasvind en of stemming deur middel van die opsteek van hande of per stembrief moet geskied, soos bepaal in klousule 17.22 van die Suidwes AVO, saamgelees met klousule 16.2.2 van die Suidwes AVO [wat bepaal dat enige houer van ʼn spesifieke klas aandele (wat persoonlik teenwoordig is of verteenwoordig is deur middel van ʼn gevolmagtigde) mag eis dat per stembrief gestem word met betrekking tot sake wat op daardie klas aandele betrekking het]; Die oorweging en aanvaarding, met of sonder wysiging, van die betrokke AVO Wysigingsbesluite; en Die afsluiting van die Klas B-aandeelhouer AVO Wysigingsvergadering. Die Sakelys vir die Voorkeuraandeelhouer AVO Wysigingsvergadering Algemene verduideliking van die aard van die AVO Wysigings en die rasionaal agter die relevante AVO Wysigings; Die wyse waarop die stemming vir die betrokke AVO Wysigingsbesluite moet plaasvind en of stemming deur middel van die opsteek van hande of per stembrief moet geskied, soos bepaal in klousule 17.22 van die Suidwes AVO, saamgelees met klousule 16.2.2 van die Suidwes AVO [wat bepaal dat enige houer van ʼn spesifieke klas aandele (wat persoonlik teenwoordig is of verteenwoordig is deur middel van ʼn gevolmagtigde), mag eis dat per stembrief gestem word met betrekking tot sake wat op daardie klas aandele betrekking het]; Die oorweging en aanvaarding, met of sonder wysiging, van die betrokke AVO Wysigingsbesluite; en Die afsluiting van die Voorkeuraandeelhouer AVO Wysigingsvergadering. 7

4 STEMMING EN VOLMAG VERWANTE SAKE 4.1 4.2 Die Stemming Rekorddatum (naamlik die datum waarop Suidwes Aandeelhouers in die Register geregistreer moet word ten einde geregtig te wees om deel te neem en te 4.3 stem, met betrekking tot enige van die sake wat by die Vergaderings ter tafel gelê word) is 29 Mei 2020. 4.4 4.5 Ingevolge artikel 63 van die Wet, moet deelnemers aan die vergadering bevredigende 4.6 identifikasie verskaf. Daar sal van deelnemers aan die vergadering verwag word om identifikasie te verskaf tot die redelike tevredenheid van die voorsitter, soos bepaal in 4.7 klousule 17.36 van die Suidwes AVO en moet daarom ʼn afskrif van hul 4.7.1 identifikasiedokument, paspoort of bestuurslisensie na die betrokke vergadering toe saambring. 4.7.2 ʼn Suidwes Aandeelhouer wat daarop geregtig is om die betrokke Vergadering by te woon, te praat en daarop te stem, mag ʼn gevolmagtigde aanwys om in sy/haar plek die betrokke Vergadering by te woon, te praat en te stem deur die Volmagvorm volgens die instruksies daarin te voltooi en dan (i) dit per e-pos te stuur aan die Suidwes Maatskappysekretaris (mnr Derek Linde) by [email protected], of (ii) dit voor die geskeduleerde tyd vir die Vergaderings vir die aandag van die Maatskappysekretaris by Suidwes se geregistreerde adres by Suidwes Hoofkantoor, Voortrekkerstraat 5, Leeudoringstad, of by enige handelstak of silo van Suidwes af te lewer. Alternatiewelik kan die Volmagvorm aan die voorsitter van die Vergadering of die Suidwes Maatskappysekretaris oorhandig word ter enige tyd voor ʼn betrokke Besluit vir stemming by die relevante Vergadering ter tafel gelê word. Dit word nie vereis dat die gevolmagtigde ʼn Suidwes Aandeelhouer moet wees nie. Die Uitgeslote Aandeelhouer mag nie ten opsigte van die Skemabesluite stem nie. Indien stemming, deur middel van die opsteek van hande geskied, sal elke Suidwes Aandeelhouer wat persoonlik teenwoordig of deur ʼn gevolmagtigde by die Vergaderings verteenwoordig is, ingevolge klousule 17.33 van die Suidwes AVO een stem besit (ongeag die aantal Suidwes Aandele gehou en ongeag die stemregte wat die Suidwes Aandeelhouer andersins op geregtig sou wees). Ingevolge klousule 17.32.1 van die Suidwes AVO, indien stemming per stembrief geskied, sal elke- Klas A-aandeelhouer en Klas B-aandeelhouer daardie proporsionele gedeelte van die totale aantal stemme in Senwes besit as die verhouding waarin die totale bedrag van die nominale waarde van die aandele wat daardie Aandeelhouer hou, staan tot die totaal van die nominale waarde van al die Klas A-aandele en Klas B-aandele wat deur Senwes uitgereik is; en Suidwes Voorkeuraandeelhouer se stemreg soos volg wees, soos voorgeskryf in klousule 10(1)(xvii) van Deel 1 van die AVO: (a) Met betrekking tot sake wat eksklusief met die Suidwes Voorkeuraandele verband hou (syne Spesiale Besluit 2 van die Skemabesluite, Spesiale Besluit 4 van die Skemabesluite en Spesiale Besluit 1 van die AVO Wysigingsbesluite wat deur die Voorkeuraandeelhouers geneem moet word), sal die Suidwes Voorkeuraandeelhouers 1 (een) stem besit vir elke Suidwes Voorkeuraandeel wat sodanige Suidwes Voorkeuraandeelhouer hou; en (b) Met betrekking tot sake wat nie eksklusief met die Suidwes Voorkeuraandele verband hou nie (synde die res van die Besluite, uitgesonderd die Besluite uiteengesit in paragraaf 4.7.2(a) hierbo), sal die Suidwes Voorkeuraandeelhouer 1 (een) stem besit vir elke 4 000 Suidwes Voorkeuraandele deur sodanige Suidwes Voorkeuraandeelhouer gehou. 8

5 ELEKTRONIESE DEELNAME AAN DIE VERGADERINGS 5.1 5.1.1 Suidwes Aandeelhouers of hul gevolmagtigdes mag deur middel van telekonferensie 5.1.2 aan die Vergaderings deelneem, maar nie stem nie, en indien hul dit wil doen: 5.1.3 moet hulle met die Suidwes Maatskappysekretaris in verbinding tree (per e-pos by die 6 adres [email protected]) teen nie later nie as 16:00 op 27 Mei 2020 ten einde die 6.1 inbelbesonderhede vir die telekonferensie te verkry; 6.1.1 sal identifikasie tot die redelike tevredenheid van die Suidwes Maatskappysekretaris 6.1.2 by die Vergaderings moet verskaf; 6.2 sal apart deur hul eie telefoondiensverskaffers vir die oproep om aan die Vergaderings 6.2.1 deel te neem, gefaktureer word, 6.2.2 op die voorwaarde dat Suidwes Aandeelhouers en hul gevolmagtigdes nie geregtig sal wees om telefonies by die Vergaderings te stem nie en steeds ʼn gevolmagtigde sal 6.2.3 moet aanstel om namens hulle by die Vergaderings te stem. 6.3 6.3.1 KWORUMVEREISTES VIR ELK VAN DIE VERGADERINGS Kworumvereistes vir die AJV Ingevolge klousule 17.11 van die Suidwes AVO, mag die AJV nie ʼn aanvang neem nie, tensy minstens 10 (tien) Suidwes Aandeelhouers wat dit mag bywoon en stem, by die AJV teenwoordig is of deur middel van ʼn gevolmagtigde verteenwoordig is, ongeag die stemreg verteenwoordig deur daardie 10 (tien) Suidwes Aandeelhouers. Voorts, ingevolge klousule 17.12 van die Suidwes AVO, mag ʼn saak wat op die AJV oorweeg moet word, nie oorweeg word nie, tensy daar, wanneer die saak op die sakelys hanteer word, ten minste 10 (tien) Suidwes Aandeelhouers wat mag bywoon en stem, by die AJV teenwoordig is of deur middel van ʼn gevolmagtigde verteenwoordig word, ongeag die stemreg wat daardie 10 (tien) Suidwes Aandeelhouers verteenwoordig. Kworumvereistes vir die Skemavergadering Ingevolge artikel 115(2)(a), saamgelees met artikel 64(3) van die Wet, mag die Skemavergadering nie begin nie, tensy (i) ten minste 3 (drie) Suidwes Aandeelhouers wat mag bywoon en stem, by die Skemavergadering teenwoordig is of deur ʼn gevolmagtigde verteenwoordig word; en (ii) voldoende Suidwes Aandeelhouers by die Skemavergadering teenwoordig is of deur middel van ʼn gevolmagtigde verteenwoordig word, om in totaal ten minste 25% van al die stemregte wat uitgeoefen mag word, uit te oefen ten opsigte van ten minste een saak waaroor by die Skemavergadering besluit moet word. Voorts, mag ʼn saak waaroor by die Skemavergadering besluit moet word, nie oorweeg word nie, tensy daar, wanneer die saak op die sakelys hanteer word, (i) ten minste 3 (drie) Suidwes Aandeelhouers wat geregtig is om oor daardie saak te stem, by die Skemavergadering teenwoordig is of deur gevolmagtigde verteenwoordig word; en (ii) voldoende Suidwes Aandeelhouers by die Skemavergadering teenwoordig is of deur middel van gevolmagtigde verteenwoordig is om in totaal ten minste 25% van al die stemregte wat oor daardie saak uitgeoefen mag word, te verteenwoordig. In ooreenstemming met artikel 115(4) van die Maatskappywet, word die stemregte van die Uitgeslote Aandeelhouer uitgesluit vir doeleindes van bepaling of die toepaslike kworumvereistes vir die Skemavergadering nagekom word. Kworumvereistes vir die Klas A-aandeelhouer AVO Wysigingsvergadering Ongeag die bepalings van klousule 16.2.1 van die Suidwes AVO (wat voorsiening maak vir ʼn kworum van ten minste 2 (twee) Suidwes Aandeelhouers wat meer as 10% van die betrokke klas aandele hou), mag die Klas A-aandeelhouer AVO Wysigingsvergadering ingevolge artikel 64(3) van die Wet saamgelees met klousule 9

6.4 16.2.1 van die Suidwes AVO nie ʼn aanvang neem nie, tensy (i) voldoende Klas A- aandeelhouers by die Klas A-aandeelhouer AVO Wysigingsvergadering teenwoordig 6.5 is of deur ʼn gevolmagtigde verteenwoordig word om in totaal ten minste 10% van alle 6.5.1 stemregte wat uitgeoefen mag word, uit te oefen oor ten minste een saak waaroor by die Klas A-aandeelhouer AVO Wysigingsvergadering besluit moet word en (ii) indien 6.6 daar meer as 2 (twee) Klas A-aandeelhouers is, ten minste 3 (drie) Klas A- aandeelhouers wat Klas A-aandele hou, by die Klas A-aandeelhouer AVO 6.7 Wysigingsvergadering teenwoordig is of deur ʼn gevolmagtigde verteenwoordig is. 6.7.1 Voorts mag ʼn saak waaroor by die Klas A-aandeelhouer AVO Wysigingsvergadering besluit moet word, nie oorweeg word nie, tensy daar, wanneer die saak op die sakelys hanteer word, (i) voldoende Klas A-aandeelhouers by die Klas A-aandeelhouer AVO Wysigingsvergadering teenwoordig is of deur gevolmagtigdes verteenwoordig is om in totaal 10% van alle stemregte uit te oefen wat uitgeoefen mag word ten opsigte van ten minste een saak waaroor by die Klas A-aandeelhouer AVO Wysigingsvergadering besluit moet word en (ii) indien daar meer as 2 (twee) Klas A-aandeelhouers is, ten minste 3 (drie) Klas A-aandeelhouers wat Klas A-aandele hou, by die Klas A- aandeelhouer AVO Wysigingsvergadering teenwoordig is of deur ʼn gevolmagtigde verteenwoordig is. Kworumvereistes vir die Klas B-aandeelhouer AVO Wysigingsvergadering Ongeag die bepalings van klousule 16.2.1 van die Suidwes AVO (wat voorsiening maak vir ʼn kworum van ten minste 2 (twee) Suidwes Aandeelhouers wat meer as 10% van die betrokke klas aandele hou), mag die Klas B-aandeelhouer AVO Wysigingsvergadering ingevolge artikel 64(3) van die Wet saamgelees met klousule 16.2.1 van die Suidwes AVO nie ʼn aanvang neem nie, tensy (i) voldoende Klas B- aandeelhouers by die Klas B-aandeelhouersvergadering teenwoordig is of deur ʼn gevolmagtigde verteenwoordig word om in totaal ten minste 10% van alle stemregte wat uitgeoefen mag word, uit te oefen oor ten minste een saak waaroor by die Klas B- aandeelhouersvergadering besluit moet word en (ii) indien daar meer as 2 (twee) Klas B-aandeelhouers is, ten minste 3 (drie) Klas B-aandeelhouers wat Klas B-aandele hou, by die Klas B-aandeelhouer AVO Wysigingsvergadering teenwoordig is of deur ʼn gevolmagtigde verteenwoordig is. Voorts mag ʼn saak waaroor by die Klas B-aandeelhouer AVO Wysigingsvergadering besluit moet word, nie oorweeg word nie, tensy daar, wanneer die saak op die sakelys hanteer word, (i) voldoende Klas B-aandeelhouers by die Klas B-aandeelhouer AVO Wysigingsvergadering teenwoordig is of deur gevolmagtigdes verteenwoordig is om in totaal 10% van alle stemregte uit te oefen wat uitgeoefen mag word ten opsigte van ten minste een saak waaroor by die Klas B-aandeelhouer AVO Wysigingsvergadering besluit moet word en (ii) indien daar meer as 2 (twee) Klas B-aandeelhouers is, ten minste 3 (drie) Klas B-aandeelhouers wat Klas B-aandele hou, by die Klas B- aandeelhouer AVO Wysigingsvergadering teenwoordig is of deur ʼn gevolmagtigde verteenwoordig is. Kworumvereistes vir die Voorkeuraandeelhouer AVO Wysigingsvergadering Ongeag die bepalings van klousule 16.2.1 van die Suidwes AVO (wat voorsiening maak vir ʼn kworum van ten minste 2 (twee) Suidwes Aandeelhouers wat meer as 10% van die betrokke klas aandele hou), mag die Voorkeuraandeelhouer AVO Wysigingsvergadering ingevolge artikel 64(3) van die Wet saamgelees met klousule 16.2.1 van die Suidwes AVO nie ʼn aanvang neem nie, tensy (i) voldoende Voorkeuraandeelhouers by die Voorkeuraandeelhouer AVO Wysigingsvergadering teenwoordig is of deur ʼn gevolmagtigde verteenwoordig word om in totaal ten minste 10% van alle stemregte wat uitgeoefen mag word, uit te oefen oor ten minste een saak waaroor by die Klas B-aandeelhouersvergadering besluit moet word en (ii) indien daar meer as 2 (twee) Voorkeuraandeelhouers is, ten minste 3 (drie) Voorkeuraandeelhouers wat Voorkeuraandele hou, by die Voorkeuraandeelhouer AVO Wysigingsvergadering teenwoordig is of deur ʼn gevolmagtigde verteenwoordig is. 10

6.8 Voorts mag ʼn saak waaroor by die Voorkeuraandeelhouer AVO Wysigingsvergadering besluit moet word, nie oorweeg word nie, tensy daar, wanneer die saak op die sakelys 7 hanteer word, (i) voldoende Voorkeuraandeelhouers by die Voorkeuraandeelhouer 7.1 AVO Wysigingsvergadering teenwoordig is of deur gevolmagtigdes verteenwoordig is 7.1.1 om in totaal 10% van alle stemregte uit te oefen wat uitgeoefen mag word ten opsigte 7.1.2 van ten minste een saak waaroor by die Voorkeuraandeelhouer AVO 7.2 Wysigingsvergadering besluit moet word en (ii) indien daar meer as 2 (twee) 7.2.1 Voorkeuraandeelhouers is, ten minste 3 (drie) Voorkeuraandeelhouers wat Voorkeuraandele hou, by die Voorkeuraandeelhouer AVO Wysigingsvergadering 7.2.2 teenwoordig is of deur ʼn gevolmagtigde verteenwoordig is. 7.2.3 GOEDKEURINGSVEREISTES VIR DIE AANVAARDING VAN ELK VAN DIE BESLUITE 7.2.4 Goedkeuringsvereistes vir die aanvaarding van die AJV Besluite 7.2.5 7.3 Vir goedkeuring van Gewone Besluit 1, 2, en 3 van die AJV moet elkeen van hierdie 7.3.1 besluite, ingevolge artikel 1 van die Wet, gesteun word deur meer as 50% (vyftig 7.3.2 persent) van die stemregte wat ten opsigte van die besluit uitgeoefen word. Vir goedkeuring van Spesiale Besluite 1, 2 en 3 van die AJV moet elkeen van hierdie besluite, ingevolge klousule 1 van die AVO, gesteun word deur ten minste 65% (vyf- en-sestig persent) van die stemregte wat ten opsigte van die besluit uitgeoefen word. Goedkeuringsvereistes vir die aanvaarding van die Skemabesluite Vir goedkeuring van Spesiale Besluit 1 van die Skema deur Suidwes Gewone Aandeelhouers, moet dit deur ten minste 65% (vyf-en-sestig persent) van die stemme wat Suidwes Gewone Aandeelhouers ten opsigte van die besluit uitgebring het, gesteun word. Die Uitgeslote Aandeelhouer en die Suidwes Voorkeuraandeelhouers sal van stemming oor Spesiale Besluit 1 van die Skema uitgesluit word. Vir goedkeuring van Spesiale Besluit 2 van die Skema deur Suidwes Voorkeuraandeelhouers, moet dit deur ten minste 65% (vyf-en-sestig persent) van die stemme wat Suidwes Voorkeuraandeelhouers ten opsigte van die besluit uitgebring het, gesteun word. Die Uitgeslote Aandeelhouer en die Suidwes Gewone Aandeelhouers sal van stemming oor Spesiale Besluit 2 van die Skema uitgesluit word. Vir goedkeuring van Spesiale Besluit 3 van die Skema deur Suidwes Gewone Aandeelhouers, moet dit deur ten minste 65% (vyf-en-sestig persent) van die stemme wat Suidwes Gewone Aandeelhouers ten opsigte van die besluit uitgebring het, gesteun word. Die Uitgeslote Aandeelhouer en die Suidwes Voorkeuraandeelhouers sal van stemming oor Spesiale Besluit 3 van die Skema uitgesluit word. Vir goedkeuring van Spesiale Besluit 4 van die Skema deur Suidwes Voorkeuraandeelhouers, moet dit deur ten minste 65% (vyf-en-sestig persent) van die stemme wat Suidwes Voorkeuraandeelhouers ten opsigte van die besluit uitgebring het, gesteun word. Die Uitgeslote Aandeelhouer en die Suidwes Gewone Aandeelhouers sal van stemming oor Spesiale Besluit 4 van die Skema uitgesluit word. Vir goedkeuring van Gewone Besluit 1 van die Skema, moet dit, ingevolge artikel 1 van die Wet, gesteun word deur meer as 50% (vyftig persent) van die stemme wat ten opsigte van die besluit uitgebring is. Die Uitgeslote Aandeelhouer sal van die stemming oor Gewone Besluit 1 van die Skema uitgesluit word. Spesifieke aspekte in verband met die Skemabesluite waarop gelet moet word Spesiale Besluite 1 en 2 van die Skema en Gewone Besluit 1 van die Skema sal slegs geïmplementeer word indien die Opskortende Voorwaardes van die Skema vervul word of, waar afstanddoening moontlik is, van afstand gedoen word. Spesiale Besluite 3 en 4 van die Skema sal slegs by die Vergadering aan Suidwes Aandeelhouers voorgehou word indien Suidwes skriftelike kennisgewing van enige 11

7.4 Suidwes Aandeelhouer ontvang het wat ingevolge artikel 164(9)(c) van die Wet teen 7.4.1 die Skema beswaar maak. 7.4.2 Goedkeuringsvereistes vir die aanvaarding van die Klas A-aandeelhouer AVO 7.5 Wysigingsbesluite 7.5.1 Vir goedkeuring van Spesiale Besluit 1 van die Klas A AVO Wysiging deur Klas A- 7.5.2 aandeelhouers wat Klas A-aandele hou, moet dit, ooreenkomstig klousule 1 van die 7.6 AVO, saamgelees met klousule 16 daarvan, gesteun word deur ten minste 65% (vyf- 7.6.1 en-sestig persent) van die stemme wat ten opsigte van die besluit deur sodanige Klas A-aandeelhouers wat Klas A-aandele hou, uitgebring is. 7.6.2 Vir goedkeuring van Gewone Besluit 1 van die Klas A AVO Wysigings deur Klas A- 8 aandeelhouers wat Klas A-aandele hou, moet dit, ingevolge artikel 1 van die Wet, 8.1 gesteun word deur meer as 50% (vyftig persent) van die stemme wat ten opsigte van 8.2 die besluit deur sodanige Klas A-aandeelhouers wat Klas A-aandele hou, uitgebring is. 8.3 Goedkeuringsvereistes vir die aanvaarding van die Klas B Aandeelhouer AVO Wysigingsbesluite Vir die goedkeuring van Spesiale Besluit 1 van die Klas B AVO Wysiging deur Klas B- aandeelhouers wat Klas B-aandele hou, moet dit, ooreenkomstig klousule 1 van die AVO saamgelees met klousule 16 daarvan, gesteun word deur ten minste 65% (vyf- en-sestig persent) van die stemme wat ten opsigte van die besluit deur sodanige Klas B-aandeelhouers wat Klas B-aandele hou, uitgebring is. Vir die goedkeuring van Gewone Besluit 1 van die Klas B AVO Wysigings deur Klas B- aandeelhouers wat Klas B-aandele hou, moet dit, ingevolge artikel 1 van die Wet, gesteun word deur meer as 50% (vyftig persent) van die stemme wat ten opsigte van die besluit deur sodanige Klas B-aandeelhouers wat Klas B-aandele hou, uitgebring is. Goedkeuringsvereistes vir die aanvaarding van die Voorkeuraandeelhouer AVO Wysigingsbesluite Vir die goedkeuring van Spesiale Besluit 1 van die Voorkeuraandeelhouer AVO Wysigings deur Suidwes Voorkeuraandeelhouers wat Suidwes Voorkeuraandele hou, moet dit, ooreenkomstig klousule 1 van die AVO saamgelees met klousule 16 daarvan, gesteun word deur ten minste 65% (vyf-en-sestig persent) van die stemme wat ten opsigte van die besluit deur sodanige Suidwes Voorkeuraandeelhouers wat Voorkeuraandele hou, uitgebring is. Vir die goedkeuring van Gewone Besluit 1 van die Voorkeuraandeelhouer AVO Wysigings deur Suidwes Voorkeuraandeelhouers wat Suidwes Voorkeuraandele hou, moet dit, ingevolge artikel 1 van die Wet, gesteun word deur meer as 50% (vyftig persent) van die stemme wat ten opsigte van die besluit deur sodanige Suidwes Voorkeuraandeelhouers wat Suidwes Voorkeuraandele hou, uitgebring is. WAARDASIEREGTE VAN TEENSTEMMENDE AANDEELHOUERS Suidwes Aandeelhouers word hiermee ingelig en geadviseer van hul Waardasieregte ingevolge artikel 164 van die Wet. Hul aandag word gevestig op die bepalings van artikel 164 wat in Bylae 6 van die Omsendbrief uiteengesit is. ʼn Baie hoëvlak-verduideliking van hierdie Waardasieregte word hieronder uiteengesit en Suidwes Aandeelhouers word aangemoedig op Bylae 6 tot die Omsendbrief deeglik te bestudeer. Ingevolge artikel 164 van die Wet kan ʼn Suidwes Aandeelhouer te enige tyd voordat die Skemabesluite of die AVO Wysigingsbesluite (of enige ander toepaslike Besluit waarop artikel 164 betrekking het) tot stemming gebring word, skriftelik aan Suidwes kennis gee dat hy teen die Skemabesluite of die AVO Wysigingsbesluite (of sodanige ander toepaslike Besluit waarop artikel 164 van toepassing is) beswaar maak. 12

8.4 Binne 10 (tien) Suid-Afrikaanse Besigheidsdae nadat Suidwes die Skemabesluite of die AVO Wysigingsbesluite (of enige ander toepaslike Besluit waarop artikel 164 van 8.4.1 toepassing is) aanvaar het, moet Suidwes ʼn kennisgewing dat die Skemabesluite of 8.4.2 die AVO Wysigingsbesluite (of enige ander toepaslike Besluit waarop 164 van 8.4.3 toepassing is) aanvaar is, aan elke Suidwes Aandeelhouer (\"die Kwalifiserende 8.5 Aandeelhouer\") stuur wat: 8.6 ʼn geldige skriftelike kennisgewing van beswaar, soos hierbo bedoel, aan Suidwes 9 gegee het; 9.1 nie daardie kennisgewing teruggetrek het nie; en 9.2 teen die Skemabesluite of die AVO Wysigingsbesluite (of enige ander toepaslike 9.3 Besluit waarop artikel 164 van toepassing is) gestem het. ʼn Kwalifiserende Aandeelhouer is geregtig om binne 20 Suid-Afrikaanse Besigheidsdae na ontvangs van Suidwes se voorgenoemde kennisgewing van aanvaarding van die Skemabesluite of AVO Wysigingsbesluite (of enige ander toepaslike Besluit waarop artikel 164 van toepassing is) te eis dat Suidwes die billike waarde van al die Kwalifiserende Aandeelhouer se Suidwes Aandele aan die Kwalifiserende Aandeelhouer betaal. Raadpleeg asseblief die uittreksels van artikel 164 van die Maatskappywet, soos in Bylae 6 tot die Omsendbrief uiteengesit, vir meer besonderhede in verband met die Waardasieregte vir Teenstemmende Aandeelhouers. AJV BESLUITE GEWONE BESLUIT 1 VAN DIE AJV – Goedkeuring vir die aanstelling van die ouditeur \"BESLUIT DAT PriceWaterhouseCoopers as die ouditeure van Suidwes aangestel word vir die finansiële jaar wat op 30 April 2020 eindig \". Rede vir en effek van Gewone Besluit 1 van die AJV Die rede vir en die effek van Gewone Besluit 1 van die AJV is om goedkeuring te verkry om ʼn ouditeur aan te stel, soos vereis ingevolge klousule 20.35 van die AVO. GEWONE BESLUIT 2 VAN DIE AJV – Aanvaarding van die finansiële state \"BESLUIT DAT die geouditeerde gekonsolideerde jaarlikse finansiële state vir Suidwes vir die jaar geëindig 30 April 2019, insluitende die Verslae, aanvaar en goedgekeur word.\" Rede vir en effek van Gewone Besluit 2 van die AJV Die rede vir en effek van Gewone Besluit 2 van die AJV is om goedkeuring vir die finansiële state van Suidwes, te verkry, soos vereis ingevolge klousule 17.10 van die AVO. GEWONE BESLUIT 3 VAN DIE AJV – Verkiesing en aanstelling van lede van die Ouditkomitee \"BESLUIT DAT, mnr A Botha (B.Com (Hons) Rekeningkunde), mnr T Geldenhuys (B.Com (Hons) Bankwese), mnr F Marx (B.Com (Hons) Ekonomie) en mnr D Pretorius (M.Com Rekenaarouditering, CA(SA)) ingevolge artikel 94(2) van die Wet as lede van die Suidwes Ouditkomitee verkies word tot die datum van die volgende algemene jaarvergadering van Suidwes Aandeelhouers. 13

Rede vir en effek van Gewone Besluit 3 van die AJV Die rede vir en effek van Gewone Besluit 3 van die AJV is om lede van die Ouditkomitee aan te stel, soos vereis ooreenkomstig artikel 94(2) van die Wet. 9.4 SPESIALE BESLUIT 1 VAN DIE AJV – Goedkeuring van direkteursvergoeding \"BESLUIT DAT Suidwes hiermee, ingevolge artikel 66(9) van die Wet saamgelees met klousule 18.4 van die AVO, gemagtig word en is om die vergoeding van sy direkteure met terugwerkende effek vanaf 30 April 2019 met 15% te verlaag, welke vergoeding sal geld tot op die datum van die volgende algemene jaarvergadering van Suidwes Aandeelhouers.\" Rede vir en effek van Spesiale Besluit 1 van die AJV Die rede vir en effek van Spesiale Besluit 1 van die AJV is om die vermindering in die betaling van direkteursvergoeding goed te keur, soos vereis in klousule 18.4 van die AVO. 9.5 SPESIALE BESLUIT 2 VAN DIE AJV – Magtiging om finansiële ondersteuning te verleen ingevolge artikel 44 van die Wet “BESLUIT DAT die Suidwes Direksie, ingevolge artikel 44 van die Wet, as ʼn algemene goedkeuring, vir Suidwes van tyd tot tyd mag magtig om enige direkte of indirekte finansiële bystand, soos in artikel 44 van die Wet omskryf, aan enige maatskappy in die groep te verleen vir sodanige bedrae en op sodanige terme en voorwaardes as wat die Suidwes Direksie mag bepaal, vir doeleindes van of in verband met die inskrywing op sekuriteite deur daardie maatskappy of enige verwante en onderling verwante maatskappye uitgereik te word, of vir die aankoop van sekuriteite van die maatskappy of verwante of onderling verwante maatskappye, met dien verstande dat die voormelde goedkeuring geldig sal wees tot en met die datum van die volgende algemene jaarvergadering van Suidwes.” Rede vir en effek van Spesiale Besluit 2 van die AJV Die rede vir en effek van Spesiale Besluit 2 van die AJV is om die Suidwes Direksie te magtig om finansiële bystand te verleen, soos beoog deur artikel 44 van die Wet en saamgelees met klousule 1.2 van die AVO. 9.6 SPESIALE BESLUIT 3 VAN DIE AJV – Magtiging om finansiële bystand te verleen ingevolge artikel 45 van die Wet \"BESLUIT DAT die Suidwes Direksie, ingevolge artikel 45 van die Wet, as ʼn algemene goedkeuring, vir Suidwes van tyd tot tyd mag magtig om enige direkte of indirekte finansiële bystand, soos omskryf in artikel 45 van die Wet, te verleen aan enige verwante of onderling verwante maatskappy of korporasie vir sodanige bedrae en op sodanige terme en voorwaardes as wat die Suidwes Direksie mag bepaal, met dien verstande dat die voorgenoemde goedkeuring geldig sal wees tot en met die datum van die volgende algemene jaarvergadering van Suidwes Aandeelhouers.” Rede vir en effek van Spesiale Besluit 3 van die AJV Die rede vir en effek van Spesiale Besluit 3 van die AJV is om die Suidwes Direksie te magtig om finansiële bystand te verleen, soos beoog deur artikel 45 van die Wet en saamgelees met klousule 1.2 van die AVO. 10 BESLUITE BENODIG OM DIE SKEMA GOED TE KEUR 10.1 SPESIALE BESLUIT 1 VAN DIE SKEMA – Goedkeuring van die Skema deur Klas A-aandeelhouers en Klas B-aandeelhouers ingevolge artikels 114 en 115 van die Maatskappywet “BESLUIT DAT die reëlingskema ingevolge artikel 114 van die Wet voorgestel deur die Suidwes Direksie tussen Suidwes en die Suidwes Gewone Aandeelhouers (wat 14

volledig in die Omsendbrief beskryf word en soos wat dit aangepas of verander mag word, soos in die Omsendbrief voorsien) in terme waarvan, onder andere, indien sodanige reëlingskema onvoorwaardelik sou word ooreenkomstig die bepalings daarvan: (a) Senwes en Senwesbel al die Skema-aandele sal bekom op die terme en onderhewig aan die voorwaardes soos uiteengesit in die Omsendbrief (soos wat dit aangepas of verander mag word, soos in die Omsendbrief voorsien); en (b) elke Skema Deelnemer die Skemavergoeding sal ontvang wat die Skemadeelnemer gekies het, of geag word te gekies het, volgens die bepalings van die Omsendbrief; hiermee goedgekeur word en is as ʼn spesiale besluit ingevolge artikel 115(2)(a) van die Wet, soos gewysig.” Rede vir en effek van Spesiale Besluit 1 van die Skema. Die rede vir en effek van Spesiale Besluit 1 van die Skema is om, ingevolge die vereistes van artikel 114 saamgelees met artikel 115 van die Wet, goedkeuring van die Klas A-aandeelhouers en Klas B-aandeelhouers te verkry vir die Skema deur die Suidwes Direksie voorgestel, soos in die Omsendbrief beoog. Die Klas A-aandeelhouers en Klas B-aandeelhouers word na die Omsendbrief verwys vir volledige besonderhede rakende die rede vir en effek van Spesiale Besluit 1 van die Skema. 10.2 SPESIALE BESLUIT 2 VAN DIE SKEMA – Goedkeuring van die Skema deur Suidwes Voorkeuraandeelhouers ingevolge artikels 114 en 115 van die Maatskappywet “BESLUIT DAT die reëlingskema ingevolge artikel 114 van die Wet voorgestel deur die Suidwes Direksie tussen Suidwes en die Suidwes Voorkeuraandeelhouers (wat volledig in die Omsendbrief beskryf word en soos wat dit aangepas of verander mag word, soos in die Omsendbrief voorsien) in terme waarvan, onder andere, indien sodanige reëlingskema onvoorwaardelik sou word ooreenkomstig die bepalings daarvan: (a) Senwes en Senwesbel al die Skema-aandele sal bekom op die terme en onderhewig aan die voorwaardes soos uiteengesit in die Omsendbrief (soos wat dit aangepas of verander mag word, soos in die Omsendbrief voorsien); en (b) elke Skema Deelnemer die gekose Skemavergoeding sal ontvang soos vir die Suidwes Voorkeuraandele bepaal met verwysing na die jaar van uitreiking van die betrokke Suidwes Voorkeuraandele; hiermee goedgekeur word en is as ʼn spesiale besluit ingevolge artikel 115(2)(a) van die Wet, soos gewysig.” Rede vir en effek van Spesiale Besluit 2 van die Skema. Die rede vir en effek van Spesiale Besluit 2 van die Skema is om, ingevolge die vereistes van artikel 114 saamgelees met artikel 115 van die Wet, goedkeuring van die Suidwes Voorkeuraandeelhouers te verkry vir die Skema deur die Suidwes Direksie voorgestel, soos in die Omsendbrief beoog. Die Suidwes Voorkeuraandeelhouers word na die Omsendbrief verwys vir volle besonderhede rakende die rede vir en effek van Spesiale Besluit 2 van die Skema. 10.3 SPESIALE BESLUIT 3 VAN DIE SKEMA – Herroeping van Spesiale Besluit 1 van die Skema indien die Opskortende Voorwaardes nie vervul word nie en Teenstemmende Aandeelhouers Waardasieregte uitgeoefen het “BESLUIT DAT indien Spesiale Besluit 1 van die Skema aanvaar word, maar die Skema nie onvoorwaardelik word ooreenkomstig die bepalings daarvan nie en/of die Skema om enige ander rede misluk, sal Spesiale Besluit 1 van die Skema met effek vanaf die datum van sodanige gebeurtenis, geag word herroep te wees, soos voorsien ingevolge artikel 164(9)(c) van die Wet, met die gevolg dat elke Teenstemmende 15

Aandeelhouer wat, na aanleiding van die aanvaarding van die betrokke herroepte Spesiale Besluite, ʼn eis ingevolge artikels 164(5) tot (8) van die Wet aan Suidwes gestuur het waarin hul eis dat die billike waarde van hul Suidwes Aandele aan hul uitbetaal moet word, geen verdere reg op betaling kragtens artikel 164 van die Wet, na aanleiding van die aanvaarding van die betrokke Spesiale Besluit 1 van die Skema wat herroep is, sal besit of geag word te besit het nie.\" Rede vir en effek van Spesiale Besluit 3 van die Skema: Die rede vir Spesiale Besluit 3 van die Skema is om die Teenstemmende Aandeelhouers se reg op betaling kragtens artikel 164 van die Maatskappywet te verwyder onder die omstandighede daarin uiteengesit. Die effek van Spesiale Besluit 3 van die Skema is om ʼn Teenstemmende aandeelhouer se regte op betaling kragtens artikel 164 van die Maatskappywet in sodanige omstandighede te verwyder. 10.4 SPESIALE BESLUIT 4 VAN DIE SKEMA – Herroeping van Spesiale Besluit 2 van die Skema indien die Opskortende Voorwaardes nie vervul word nie en Teenstemmende Aandeelhouers Waardasieregte uitgeoefen het “BESLUIT DAT indien Spesiale Besluit 2 van die Skema aanvaar word, maar die Skema nie onvoorwaardelik word ooreenkomstig die bepalings daarvan nie en/of die Skema om enige ander rede misluk, sal Spesiale Besluit 2 van die Skema met effek vanaf die datum van sodanige gebeurtenis, geag word herroep te wees, soos voorsien ingevolge artikel 164(9)(c) van die Wet, met die gevolg dat elke Teenstemmende Aandeelhouer wat, na aanleiding van die aanvaarding van die betrokke herroepte Spesiale Besluite, ʼn eis ingevolge artikels 164(5) tot (8) van die Wet aan Suidwes gestuur het waarin hul eis dat die billike waarde van hul Suidwes Aandele aan hul uitbetaal moet word, geen verdere reg op betaling kragtens artikel 164 van die Wet, na aanleiding van die aanvaarding van die betrokke Spesiale Besluit 1 van die Skema wat herroep is, sal besit of geag word te besit het nie.\" Rede vir en effek van Spesiale Besluit 4 van die Skema: Die rede vir Spesiale Besluit 4 van die Skema is om die Teenstemmende Aandeelhouers se regte op betaling kragtens artikel 164 van die Maatskappywet te verwyder onder die omstandighede daarin uiteengesit. Die effek van Spesiale Besluit 4 van die Skema is om ʼn Teenstemmende Aandeelhouer se regte op betaling kragtens artikel 164 van die Maatskappywet in sodanige omstandighede te verwyder. 10.5 GEWONE BESLUIT 1 VAN DIE SKEMA – Implementering van die Skema en magtiging verleen aan direkteure en Suidwes Maatskappysekretaris “BESLUIT DAT elke direkteur van Suidwes en die Suidwes Maatskappysekretaris hiermee individueel gemagtig word en is om alles te doen, insluitend die ondertekening van al sodanige dokumente wat nodig of wenslik mag wees om uitvoering aan te gee die besluite ten opsigte van die Skema soos by die Vergadering goedgekeur” Rede vir en effek van Gewone Besluit 1 van die Skema – Die rede vir en effek van Gewone Besluit 1 van die Skema is om die direkteure of die Suidwes Maatskappysekretaris individueel te magtig om alles te doen, insluitend die ondertekening van dokumente en die aangaan van ooreenkomste, wat nodig mag wees om uitvoering te gee aan en die besluite ten opsigte van die Skema, soos by die Algemene Vergadering goedgekeur en dit te implementeer. 11 BESLUITE VEREIS VAN DIE KLAS A-AANDEELHOUERS OM DIE AVO TE WYSIG 11.1 SPESIALE BESLUIT 1 VAN DIE KLAS A AANDEELHOUER AVO WYSIGINGSVERGADERING – Goedkeuring vir die wysiging van die AVO deur die Klas A-aandeelhouers “BESLUIT DAT, onderhewig aan die goedkeuring van die Skemabesluite en dat die Skema onvoorwaardelik word ooreenkomstig die bepalings daarvan, die Suidwes AVO gewysig word, met effek vanaf die Suidwes AVO Wysigingsdatum, deur die Suidwes AVO in sy geheel met die Voorgestelde AVO te vervang.” 16

Rede vir en effek van Spesiale Besluit 1 van die AVO Wysiging – Die rede vir en effek van Spesiale Besluit 1 van die AVO Wysiging is om die algehele vervanging van die Suidwes AVO met die Voorgestelde AVO te magtig ten einde die aandeelhouding van die Aanbieders in Suidwes te fasiliteer indien die Skema geïmplementeer sou word. 11.2 GEWONE BESLUIT 1 VAN DIE KLAS A-AANDEELHOUER AVO WYSIGINGSVERGADERING – Implementering van die AVO Wysiging \"BESLUIT DAT, onderhewig aan die goedkeuring van die Skemabesluite en dat die Skema onvoorwaardelik word ooreenkomstig die bepalings daarvan, die direkteure van Suidwes of die Suidwes Maatskappysekretaris hiermee individueel gemagtig word en is om alles te doen, insluitende die ondertekening van alle sodanige dokumente wat nodig of wenslik mag wees om uitvoering te gee aan die besluite ten opsigte van die AVO Wysiging, soos by die Klas A-aandeelhouer AVO Wysigingsvergadering goedgekeur.” Rede vir en effek van Gewone Besluit 1 van die Klas A Aandeelhouer AVO Wysigingsvergadering – Die rede vir en effek van Gewone Besluit 1 van die Klas A Aandeelhouer AVO Wysigingsvergadering is om enige direkteur of die Suidwes Maatskappysekretaris te magtig om alles te doen, insluitende die ondertekening van dokumente en die aangaan van ooreenkomste, wat nodig mag wees om uitvoering te gee aan en die besluite ten opsigte van die AVO Wysiging, soos by die Klas A Aandeelhouer AVO Wysigingsvergadering goedgekeur en dit te implementeer. 12 BESLUITE BENODIG VAN DIE KLAS B-AANDEELHOUERS OM DIE AVO TE WYSIG 12.1 SPESIALE BESLUIT 1 VAN DIE KLAS B AANDEELHOUER AVO WYSIGINGSVERGADERING – Goedkeuring vir die Wysiging van die AVO deur die Klas B-aandeelhouers “BESLUIT DAT, onderhewig aan die goedkeuring van die Skemabesluite en dat die Skema onvoorwaardelik word ooreenkomstig die bepalings daarvan, die Suidwes AVO aangepas word, effektief vanaf die Suidwes AVO Wysigingsdatum, deur die algehele vervanging van die Suidwes AVO met die Voorgestelde AVO. Rede vir en effek van Spesiale Besluit 1 van die AVO Wysiging – Die rede vir en effek van Spesiale Besluit 2 van die AVO Wysiging is om die algehele vervanging van die Suidwes AVO met die Voorgestelde AVO te magtig ten einde die aandeelhouding van die Aanbieders in Suidwes te fasiliteer indien die Skema geïmplementeer sou word. 12.2 GEWONE BESLUIT 1 VAN DIE KLAS B-AANDEELHOUER AVO WYSIGINGSVERGADERING – Implementering van die AVO Wysiging \"BESLUIT DAT, onderhewig aan die goedkeuring van die Skemabesluite en dat die Skema onvoorwaardelik word ooreenkomstig die bepalings daarvan, die direkteure van Suidwes of die Suidwes Maatskappysekretaris hiermee individueel gemagtig word en is om alles te doen, insluitende die ondertekening van alle sodanige dokumente wat nodig of wenslik mag wees om uitvoering te gee aan die besluite ten opsigte van die AVO Wysiging, soos by die Klas B-aandeelhouer AVO Wysigingsvergadering goedgekeur.” Rede vir en effek van Gewone Besluit 1 van die Klas B Aandeelhouer AVO Wysigingsvergadering – Die rede vir en effek van Gewone Besluit 1 van die Klas B Aandeelhouer AVO Wysigingsvergadering is om enige direkteur of die Suidwes Maatskappysekretaris te magtig om alles te doen, insluitende die ondertekening van dokumente en die aangaan van ooreenkomste, wat nodig mag wees om uitvoering te 17

gee aan die besluite ten opsigte van die AVO Wysiging, soos by die Klas B Aandeelhouer AVO Wysigingsvergadering goedgekeur en dit te implementeer. 13 BESLUITE BENODIG VAN DIE SUIDWES VOORKEURAANDEELHOUERS OM DIE AVO AAN TE PAS 13.1 SPESIALE BESLUIT 1 VAN DIE SUIDWES VOORKEURAANDEELHOUER AVO WYSIGINGSVERGADERING – Goedkeuring vir die Wysiging van die AVO deur die Suidwes Voorkeuraandeelhouers “BESLUIT DAT, onderhewig aan die goedkeuring van die Skemabesluite en dat die Skema onvoorwaardelik word ooreenkomstig die bepalings daarvan, die Suidwes AVO aangepas word, effektief vanaf die Suidwes AVO Wysigingsdatum, deur die algehele vervanging van die Suidwes AVO met die Voorgestelde AVO. Rede vir en effek van Spesiale Besluit 1 van die AVO Wysiging – Die rede vir en effek van Spesiale Besluit 2 van die AVO Wysiging is om die algehele vervanging van die Suidwes AVO met die Voorgestelde AVO te magtig ten einde die aandeelhouding van die Aanbieders in Suidwes te fasiliteer indien die Skema geïmplementeer sou word. 13.2 GEWONE BESLUIT 1 VAN DIE SUIDWES VOORKEURAANDEELHOUER AVO WYSIGINGSVERGADERING – Implementering van die AVO Wysiging \"BESLUIT DAT, onderhewig aan die goedkeuring van die Skemabesluite en dat die Skema onvoorwaardelik word ooreenkomstig die bepalings daarvan, elke direkteur van Suidwes en die Suidwes Maatskappysekretaris hierdeur individueel gemagtig word en is om alles te doen, insluitende die teken van alle sodanige dokumente, wat nodig of wenslik mag wees om uitvoering te gee aan die besluite ten opsigte van die AVO Wysiging, soos by die Suidwes Voorkeuraandeelhouer AVO Wysigingsvergadering aanvaar.” Rede vir en effek van Gewone Besluit 1 van die Suidwes Voorkeuraandeelhouer AVO Wysigingsvergadering – Die rede vir en effek van Gewone Besluit 1 van die Suidwes Voorkeuraandeelhouer AVO Wysigingsvergadering is om enige direkteur of die Suidwes Maatskappysekretaris te magtig om alles te doen, insluitende die teken van dokumente en die aangaan van ooreenkomste, wat nodig mag wees om uitvoering te gee aan die besluite in verband met die AVO Wysiging, soos by die Suidwes Voorkeuraandeelhouer AVO Wysigingsvergadering goedgekeur en dit te implementeer. Op las van die Suidwes Direksie Derek Linde Groep Hoof Regsbeampte en Groepsekretaris Leeudoringstad 25 April 2020 18

Bylae \"A\" VOLMAGVORM MET BETREKKING TOT DIE VERGADERINGS VAN SUIDWES AANDEELHOUERS SUIDWES BEHEREND (RF) EIENDOMS BEPERK (Registrasienommer 1998/007242/07) (\"Suidwes\") VOLMAGVORM Die interpretasies en definisies wat op bladsy 43 van die Omsendbrief begin en wat as Bylae “C” by die Kennisgewing aangeheg is, saamgelees met die interpretasies en definisies wat op bladsy 3 van die Kennisgewing begin, waaraan hierdie Volmagvorm geheg is, is regdeur op hierdie Volmagvorm van toepassing (tensy die konteks duidelik ʼn ander bedoeling aandui). Vir gebruik deur Suidwes Aandeelhouers by die Vergaderings van Suidwes Aandeelhouers wat op 29 Mei 2020 om 9:00 by die Nederduitse Gereformeerde Kerksaal te Voortrekkerstraat, Leeudoringstad, Suid-Afrika gehou sal word, of enige verdaagde of uitgestelde vergadering. Lees asseblief die opsomming van artikel 58 van die Maatskappywet hieronder, wat, onder andere, die regte van Suidwes Aandeelhouers rakende die aanstelling van gevolmagtigdes uiteensit, deeglik deur. Ek / Ons (skryf asseblief volle name in DRUKSKRIF) van (adres)________________________________________ met huistelefoonnommer__________________, werkstelefoonnommer __________________ en e-posadres _____________________________ synde die houer van ____________________________ Klas A-aandele in Suidwes; en/of synde die houer van ____________________________ Klas B-aandele in Suidwes; en/of synde die houer van ____________________________ Suidwes Voorkeuraandele stel hiermee of, indien nie hy/sy nie, 1. van of, indien nie hy/sy nie, 2. van of, indien nie hy/sy nie, 3. van 4. die voorsitter van die Vergadering aan as my/ons gevolmagtigde om namens my/ons die vergaderings wat belê is vir oorweging en, indien goedgevind, aanvaarding van die Besluite, met of sonder wysigings, wat daarop (en op enige uitgestelde of verdaagde vergadering) voorgestel word en om vir en/of teen die Besluite te stem en/of buite stemming te bly, ten opsigte van die Suidwes Aandele in my/ons naam/name geregistreer, in ooreenstemming met die volgende instruksies of in ooreenstemming met my/ons instruksies hierby aangeheg. 19

Vir Teen Buite stemming (a) Gewone Besluit 1 van die AJV – Goedkeuring van die aanstelling van die ouditeur (b) Gewone Besluit 2 van die AJV – Aanvaarding van die finansiële state (c) Gewone Besluit 3 van die AJV – Verkiesing en aanstelling van lede van die Ouditkomitee (d) Spesiale Besluit 1 van die AJV – Goedkeuring van direkteursvergoeding (e) Spesiale Besluit 2 van die AJV – Magtiging om finansiële te verleen ingevolge artikel 44 van die Wet (f) Spesiale Besluit 3 van die AJV - Magtiging om finansiële bystand te verleen ingevolge artikel 45 van die Wet (g) Spesiale Besluit 1 van die Skema – Goedkeuring van die Skema deur Klas A-aandeelhouers en Klas B-aandeelhouers ingevolge artikels 114 en 115 van die Maatskappywet (h) Spesiale Besluit 2 van die Skema - Goedkeuring van die Skema deur die Suidwes Voorkeuraandeelhouers ingevolge artikels 114 en 115 van die Maatskappywet (i) Spesiale Besluit 3 van die Skema – Herroeping van Spesiale Besluit 1 van die Skema indien die Opskortende Voorwaardes nie vervul is nie en Teenstemmende Aandeelhouers Waardasieregte uitgeoefen het (j) Spesiale Besluit 4 van die Skema - Herroeping van Spesiale Besluit 2 van die Skema indien die Opskortende Voorwaardes nie vervul is nie en Teenstemmende Aandeelhouers Waardasieregte uitgeoefen het (k) Gewone Besluit 1 van die Skema – Implementering van die Skema en magtiging verleen aan direkteure en Suidwes Maatskappysekretaris (l) Spesiale Besluit 1 deur die Klas A-aandeelhouers in verband met die AVO Wysiging – Goedkeuring van die wysiging van die AVO deur die Klas A-aandeelhouers (m)Spesiale Besluit 1 deur die Klas B-aandeelhouers in verband met die AVO Wysiging - Goedkeuring van die wysiging van die AVO deur die Klas B-aandeelhouers (n) Spesiale Besluit 1 deur die Suidwes Voorkeuraandeelhouers in verband met die AVO Wysiging – Goedkeuring van die wysiging van die AVO deur die Suidwes Voorkeuraandeelhouers (o) Gewone Besluit 1 deur die Klas A-aandeelhouers in verband met die AVO Wysiging – Implementering van die AVO Wysiging (p) Gewone Besluit 1 deur die Klas B-aandeelhouers in verband met die AVO Wysiging – Implementering van die AVO Wysiging (q) Gewone Besluit 1 deur die Suidwes Voorkeuraandeelhouers in verband met die AVO Wysiging – Implementering van die AVO Wysiging 20

* Dui opdrag aan die gevolmagtigde aan deur in die tabel hierbo met ʼn “X” te merk waar verlang, en indien die stemming deur middel van die opsteek van hande plaasvind, sal elke opsteek van ʼn hand as een stem beskou word, ongeag die totale stemmingsregte waarop hy/sy geregtig is. Indien geen opdrag voorsien is nie, sal die gevolmagtigde (indien dit nie die voorsitter van die vergadering is nie) geregtig wees om te stem of buite stemming te bly soos wat die gevolmagtigde dit goed ag. Indien die gevolmagtigde die voorsitter van die Vergadering is, sal geag word dat sy opdrag is om ten gunste van die Besluite hierbo uiteengesit te stem, ten opsigte van alle Suidwes Aandele wat deur die Suidwes Aandeelhouer gehou word. Ek stem verder in dat, in die geval waar vereis word dat stemming vir enige van die Besluite per stembrief sal geskied, ek my daarby sal berus en dit sal ondersteun en dat hierdie volmag dan uitgeoefen sal word gebaseer op my stemregte soos uiteengesit in klousule 17.32.1 van die Suidwes AVO met betrekking tot die Suidwes Gewone Aandele en in klousule 10(1)(xvii) van Deel I van die Suidwes AVO met betrekking tot die Suidwes Voorkeuraandele. Geteken te ______________________________ op _________________________ 2020 Handtekening _________________________________ Naam van individu/entiteit __________________________________________ Suidwes lidnommer ___________________ Hoedanigheid (waar van toepassing)_________________________________ Nota: Magtiging van ondertekenaar moet aangeheg word – sien notas hieronder Bygestaan deur (waar van toepassing): Volle name (in DRUKSKRIF asseblief) Handtekening_________________________Hoedanigheid________________________ 21

OPSOMMING VAN REGTE VERVAT IN ARTIKEL 58 VAN DIE MAATSKAPPYWET Ingevolge artikel 58 van die Maatskappywet: ʼn Aandeelhouer van ʼn maatskappy mag in ooreenstemming met die bepalings van artikel 58 van die Maatskappywet, enige individu as gevolmagtigde aanstel (insluitend ʼn individu wat nie ʼn aandeelhouer van daardie maatskappy is nie) om as gevolmagtigde namens sodanige aandeelhouer aan ʼn aandeelhouersvergadering deel te neem en daarop te praat en te stem. Die benoeming van ʼn gevolmagtigde – (a) moet skriftelik wees en deur die aandeelhouer gedateer en onderteken word; en (b) bly geldig vir – (i) een jaar na die datum waarop dit onderteken is; of (ii) enige langer of korter tydperk wat uitdruklik in die aanstelling uiteengesit word, tensy dit herroep word op ʼn manier beoog in artikel 58(4)(c), of vroeër verval, soos beoog in artikel 58(8)(d). ʼn Aandeelhouer mag twee of meer persone gelyktydig as gevolmagtigdes aanstel en mag meer as een gevolmagtigde aanstel om stemregte verbonde aan verskillende sekuriteite deur die aandeelhouer gehou, uit te oefen. ʼn Gevolmagtigde mag sy gesag om namens ʼn aandeelhouer op te tree aan ʼn ander persoon delegeer, onderhewig aan enige beperking wat uiteengesit word in die instrument wat sodanige gevolmagtigde aanstel, is. ʼn Afskrif van die instrument waarin ʼn gevolmagtigde aangestel word, moet aan die maatskappy, of enige ander persoon namens die maatskappy, gelewer word voordat die gevolmagtigde enige van die aandeelhouer se regte by ʼn aandeelhouersvergadering uitoefen. Ongeag die formaat van die instrument wat gebruik word om ʼn gevolmagtigde aan te stel, word die aanstelling van ʼn gevolmagtigde opgeskort op enige tydstip en tot die mate wat die aandeelhouer verkies om direk en persoonlik in die uitoefening van enige regte as aandeelhouer op te tree. Enige benoeming van ʼn gevolmagtigde deur ʼn aandeelhouer is herroepbaar, tensy die instrument wat vir die benoeming gebruik is, uitdruklik anders aandui. Indien ʼn aanstelling van ʼn gevolmagtigde herroepbaar is, mag ʼn aandeelhouer die benoeming van die gevolmagtigde (i) skriftelik kanselleer, of ʼn latere strydige benoeming van ʼn gevolmagtigde maak en (ii) ʼn afskrif van die herroepingsinstrument aan die gevolmagtigde en aan die betrokke maatskappy aflewer. Die herroeping van die aanstelling van ʼn volmag behels ʼn volledige en finale kansellasie van die gevolmagtigde se gesag om namens die aandeelhouer op te tree vanaf die laaste van - (a) die datum wat in die herroepingsinstrument verskaf is, indien enige; of (b) die datum waarop die herroepingsinstrument afgelewer is, soos vereis in artikel 58(4)(c)(ii). Indien die instrument waarin ʼn gevolmagtigde of gevolmagtigdes aangestel word, deur ʼn aandeelhouer aan ʼn maatskappy gelewer word, moet, vir so lank as wat daardie aanstelling van krag bly, enige kennisgewing wat ingevolge die Maatskappywet of sodanige maatskappy se akte van oprigting wat aan die aandeelhouer gelewer moet word, deur sodanige maatskappy gelewer word aan: –– die betrokke aandeelhouer; of –– die gevolmagtigde of gevolmagtigdes indien die betrokke aandeelhouer: (i) sodanige maatskappy skriftelik opdrag gegee het om dit te doen en (ii) enige redelike fooi wat deur sodanige maatskappy daarvoor gehef word, betaal het. ʼn Gevolmagtigde wat deur ʼn aandeelhouer aangestel word, is geregtig om enige stemreg van sodanige aandeelhouer uit te oefen of buite stemming te bly, sonder opdrag, buiten tot die mate wat die betrokke maatskappy se akte van oprigting, of die instrument wat die gevolmagtigde benoem, anders bepaal. 22

Notas: (a) Ingevolge klousule 17.54 van die Suidwes AVO is elke Suidwes Aandeelhouer geregtig om slegs een gevolmagtigde aan te stel (wat nie ʼn Suidwes Aandeelhouer hoef te wees nie) om namens daardie Suidwes Aandeelhouer die Vergadering by te woon, daarop te praat en te stem, waardeur artikel 58(3)(a) van die Maatskappywet uitgesluit word – met die gevolg dat ʼn Suidwes Aandeelhouer nie geregtig is om 2 (twee) of meer gevolmagtigdes gelyktydig aan te stel nie. (b) ʼn Suidwes Aandeelhouer wat geregtig is om die Vergadering by te woon en daarop te stem, mag die naam van ʼn gevolmagtigde of die name van twee alternatiewe gevolmagtigdes van die Suidwes Aandeelhouer se keuse in die spasie/s daarvoor voorsien, inskryf, met of sonder deurhaling van die woorde “die voorsitter van die vergadering”, maar die Suidwes Aandeelhouer moet by enige sodanige deurhaling parafeer. Die persoon wie se naam eerste op die Volmagvorm ingevul is en wat by die Vergadering teenwoordig is, sal geregtig wees om as gevolmagtigde op te tree met die uitsluiting van die name daarna. Indien geen name aangedui is nie, sal die volmag deur die voorsitter van die Vergadering uitgeoefen word. (c) Voltooide Volmagvorms moet ingedien word deur (i) dit per e-pos aan die Suidwes Maatskappysekretaris by [email protected] te stuur of (ii) dit voor die geskeduleerde tyd vir die Vergaderings vir die aandag van die Suidwes Maatskappysekretaris af te lewer by Suidwes se geregistreerde adres te Suidwes Hoofkantoor, Voortrekkerstraat 5, Leeudoringstad, of by enige handelstak of silo van Suidwes. Alternatiewelik kan die Volmagvorm enige tyd voordat ʼn toepaslike Besluit by die betrokke Vergadering vir stemming ter tafel gelê word, aan die voorsitter van die Vergadering of die Suidwes Maatskappysekretaris oorhandig word. (d) Dit is nie ʼn vereiste dat die gevolmagtigde ʼn Suidwes Aandeelhouer moet wees nie. (e) Die voltooiing en indiening van hierdie Volmagvorm sal nie die betrokke Suidwes Aandeelhouer verhoed om die Vergadering by te woon en persoonlik daarop te praat en te stem nie tot die uitsluiting wat enige gevolmagtigde in terme hiervan aangestel, indien die Suidwes Aandeelhouer dit so verkies. (f) Die voorsitter van die Algemene Vergadering mag enige Volmagvorm wat nie voltooi en/of in ooreenstemming met hierdie notas of met die vereistes van die Suidwes AVO ontvang is nie, aanvaar of verwerp. (g) Dokumentêre bewys van die magtiging van ʼn persoon wat hierdie Volmagvorm in ʼn verteenwoordigende hoedanigheid onderteken (byvoorbeeld vir ʼn maatskappy, beslote korporasie, trust, pensioenfonds, bestorwe boedel, ensovoorts) moet aan hierdie Volmagvorm geheg word, tensy dit voorheen deur Suidwes aangeteken is. (h) Indien hierdie Volmagvorm kragtens volmag geteken is, moet sodanige volmag hierdie Volmagvorm vergesel, tensy dit deur Suidwes aangeteken is of die voorsitter van die Vergadering daarvan afgesien het. (i) Hierdie Volmagvorm sal geldig wees by enige hervatting van ʼn verdaagde of uitgestelde vergadering waarop dit betrekking het, alhoewel die Volmagvorm nie gebruik kan word by die hervatting van ʼn verdaagde of uitgestelde vergadering indien dit nie by die Vergadering van Suidwes Aandeelhouers wat verdaag of uitgestel is, gebruik kon word nie vir enige ander rede as dat dit nie betyds vir die verdaagde vergadering ingedien is nie. (j) Hierdie Volmagvorm sal geag word algemene magtiging te verleen om by die betrokke Vergadering van Suidwes Aandeelhouers op te tree, bykomend tot die magtiging toegeken deur die Wet, behalwe in soverre dit andersins bepaal, behoudens enige spesifieke opdrag betreffende die wyse waarop gestem moet word wat in hierdie Volmagvorm vervat is. (k) ʼn Stem wat in ooreenstemming met die terme van ʼn volmaginstrument uitgebring word, sal gedig wees nieteenstaande die afsterwe of geestelike versteuring van die prinsipaal of herroeping van die volmag of die magtiging waaronder die volmag uitgeoefen is, of die oordrag van die Suidwes Aandele ten opsigte waarvan die volmag gegee is, met dien verstande dat geen skriftelike kennisgewing van sodanige afsterwe, geestelike versteuring, 23

herroeping of oordrag soos voormeld, deur die Maatskappysekretaris van Suidwes voor die aanvang van die vergadering of verdaagde vergadering waarby die volmag gebruik word, ontvang is nie. (l) Enige gevolmagtigde ooreenkomstig hierdie Volmagvorm aangestel, mag nie sy gesag om namens die betrokke Suidwes Aandeelhouer op te tree, delegeer nie en die bepalings van artikel 58(3)(c) van die Wet is, in ooreenstemming met klousule 17.54 van die AVO, uitgesluit. (m) Enige wysiging of korreksie wat op hierdie Volmagvorm gemaak is, anders as die deurhaal van alternatiewe, moet deur die ondertekenaar/s geparafeer word. 24

Bylae B Voorneme om persoonlik by te woon Vir die Aandag van die Suidwes Maatskappysekretaris Mnr Derek Linde Per e-pos: [email protected]; of Aflewering per hand: Suidwes Hoofkantoor, Voortrekkerstraat 5, Leeudoringstad Geagte mnr Linde VOORNEME OM DIE VERGADERINGS PERSOONLIK BY TE WOON 1 Ek verwys na die kennisgewing van die Algemene Jaarvergadering en Algemene Vergaderings van Suidwes Aandeelhouers wat op 29 Mei 2020 om 09:00 sal plaasvind. 2 Neem asseblief kennis dat ek _______________________________, met Suidwes lidnommer ____________________ of my behoorlik aangestelde gevolmagtigde, van voorneme is om die vergaderings persoonlik by te woon. Die uwe ________________________________________ [voeg naam van suidwes aandeelhouer hier in] 25

Bylae C HIERDIE OMSENDBRIEF IS BELANGRIK EN VEREIS U ONMIDDELLIKE AANDAG Die interpretasies en definisies wat op bladsy 43 van hierdie Omsendbrief begin, saamgelees met die interpretasies en definisies wat op bladsy 3 van die Kennisgewing begin, geld vir hierdie Omsendbrief in geheel, insluitend hierdie dekblad (tensy die konteks duidelik ’n ander betekenis aandui). Neem asseblief kennis van die volgende aksies wat deur Suidwes Aandeelhouers geneem moet word: 1 Hierdie gehele Omsendbrief is belangrik en moet deeglik bestudeer word, met spesifieke aandag aan die gedeelte Aksies wat ten opsigte van die Skema deur Suidwes Aandeelhouers geneem moet word, soos vanaf bladsy 34 van hierdie Omsendbrief. 2 Indien u reeds al of sommige van u Suidwes Aandele verkoop het, stuur asseblief hierdie Omsendbrief aan die koper van sodanige aandele of aan die agent deur wie die transaksie plaasgevind het. 3 Indien u enigsins twyfel oor die optrede of aksie wat u moet neem of ʼn verduideliking van die kommersiële, belasting-, regs-, rekeningkundige of enige ander gevolge soos dit u raak benodig, raadpleeg asseblief u bankier, toepaslike CSDP, prokureur of ander professionele adviseur onmiddellik. 4 Senwes, Senwesbel en Suidwes aanvaar nie enige verantwoordelikheid en kan nie aanspreeklik gehou word vir enige aksie van, of versuim deur, enige professionele adviseur, makelaar, toepaslike CSDP of agent of enige voordelige eienaar van die Suidwes Aandele nie, insluitende, maar nie daartoe beperk nie, enige versuim deur die professionele adviseur, makelaar, toepaslike CSDP of agent of enige voordelige eienaar van die Suidwes Aandele om sodanige voordelige eienaar van die Suidwes Aandele van die transaksie in hierdie Omsendbrief uiteengesit, in kennis te stel nie. SENWES BEPERK SENWESBEL BEPERK ISIN-NOMMER: ZAEZ00000018 (Geïnkorporeer in die Republiek van Suid- ISIN-NOMMER: ZAEZ00000026 Afrika) (Geïnkorporeer in die Republiek van Suid- (Registrasienommer 1997/005336/06) Afrika) (“Senwes”) (Registrasienommer 1996/017629/06) (“Senwesbel”) (hierin gesamentlik na verwys as “die Senwes Groep” of “die Aanbieders”) SUIDWES BEHEREND (RING-FENCED) EIENDOMS BEPERK (Geïnkorporeer in die Republiek van Suid-Afrika) (Registrasienommer 1998/007242/07) (“Suidwes”) 26

GEKOMBINEERDE OMSENDBRIEF AAN SUIDWES AANDEELHOUERS Met betrekking tot • ʼn reëlingskema ingevolge artikel 114 van die Wet voorgestel deur die Suidwes Direksie tussen Suidwes en die Suidwes Aandeelhouers in terme waarvan, indien dit suksesvol geïmplementeer word, die Senwes Groep al die Suidwes Aandele teen die Skemavergoeding sal verkry en sake wat daarmee verband hou, insluitend: o volle besonderhede van die Aanbod aan Suidwes Aandeelhouers om al die Suidwes Aandele te koop; o ’n beskrywing van die Skemavergoeding, bestaande uit ’n Kontantvergoeding of Vergoedingsaandele, na gelang van die geval; en wat, onder andere, die volgende insluit: • ʼn verslag deur die Onafhanklike Deskundige voorberei met betrekking tot die Voorgestelde Transaksie ooreenkomstig artikel 114(2) en (3) van die Wet; • ’n Keusevorm ten opsigte van die Skema; • ʼn uittreksel uit die Senwesbel AVO wat die Kwalifikasie Kriteria vir ʼn Kwalifiserende Persoon bevat; • uittreksels van die gekonsolideerde finansiële inligting van Senwesbel en Senwes vir die vorige drie finansiële jare; • uittreksels van artikel 115 van die Wet wat handel met die goedkeuringsvereistes vir die Skema; • ʼn verklaring oor Waardasieregte in terme van artikel 164(2) van die Wet; 27

Gelisensieerde Beurs ten opsigte Prokureurs vir die Aanbieders van die Aanbieders se sekuriteite Hierdie Omsendbrief is in Engels en Afrikaans beskikbaar. Afskrifte van die Omsendbrief kan gedurende normale besigheidsure bekom word vanaf die geregistreerde kantoor van die Senwes Groep of Suidwes by die adres aangedui in die gedeelte \"Korporatiewe Inligting” van hierdie Omsendbrief of aanlyn by www.senwes.co.za of www.suidwes.co.za vanaf die datum van uitreiking van hierdie Omsendbrief tot die Skemavergoeding Rekorddatum. In die geval van enige teenstrydighede tussen die Afrikaanse en Engelse weergawes van die Omsendbrief, sal die Engelse weergawe voorrang geniet. Uitreikingsdatum: 30 April 2020 28

KORPORATIEWE EN ADVISEURSINLIGTING TEN OPSIGTE VAN DIE SENWES GROEP: Prokureurs: Maatskappysekretaris en geregistreerde Clyde and Co kantoor van Senwes / Oordragsekretaris: 6e Vloer Katherine & West Gebou EM Joynt Weststraat 114 Senwes Beperk SANDTON Charel de Klerkstraat 1 2196 KLERKSDORP Suid-Afrika 2570 Suid-Afrika Tel nr.: +27 10 286 0350 (Posbus 31, Klerksdorp, 2570) Onafhanklike Eksterne Ouditeur: Tel nr.: +27 18 464 7104 Ernst & Young Ingelyf Datum en plek van inlywing van Senwes: (Registrasienommer: 2005/002308/21) Republiek van Suid-Afrika, Rivoniaweg 102 10 April 1997 SANDTON 2196 Datum en plek van inlywing van Senwesbel: Suid-Afrika Republiek van Suid-Afrika, 11 Desember 1996 (Privaatsak X14, Sandton, 2146) Maatskappysekretaris en geregistreerde kantoor van Senwesbel: Sentrale Sekuriteitebewaarplek Deelnemer: AE Scholtz Charel de Klerkstraat 1 Computershare Eiendoms Beperk KLERKSDORP (Registrasienommer: 2000/006082/07) 2570 Rosebank Towers Suid-Afrika Biermannlaan 15 ROSEBANK (Posbus 31, Klerksdorp, 2570) 2196 Tel nr.: +27 18 464 7104 Suid-Afrika Aangestelde Adviseur in terme van die (Posbus 61051, Marshalltown, 2107) ZAR X Noteringsvereistes: Tel nr.: +27 11 370 5000 EM Joynt Charel de Klerkstraat 1 KLERKSDORP 2570 Suid-Afrika (Posbus 31, Klerksdorp, 2570) Tel nr.: +27 18 464 7104 29

Sentrale Sekuriteitebewaarplek: Die gelisensieerde beurs: Strate Eiendoms Beperk ZAR X Eiendoms Beperk (Registrasienommer: 1998/022242/07) Registrasienommer: 2015/089692/07 1ste Vloer Eerste Vloer Frickerweg 9 Jindal Africa Gebou Illovo Boulevard Kildoonweg 22 Illovo BRYANSTON SANDTON 2021 2196 Suid-Afrika Suid-Afrika Tel nr.: +27 10 442 5500 Tel nr.: +27 11 759 5300 Prokureurs: TEN OPSIGTE VAN SUIDWES: Clyde and Co Maatskappysekretaris en geregistreerde 6e Vloer kantoor van Suidwes: Katherine & West Gebou Weststraat 114 D Linde SANDTON 2196 Suidwes Maatskappysekretaris en Suid-Afrika Geregistreerde kantoor Voortrekkerstraat Tel nr.: +27 10 286 0350 LEEUDORINGSTAD 2640 Suid-Afrika (Posbus 5, Leeudoringstad, 2640) Tel nr.: +27 18 581 1000 Datum en plek van inlywing van Suidwes: Republiek van Suid-Afrika, 16 April 1998 Onafhanklike Deskundige: Johannes Frederik Basson CA (SA) Bataviastraat 5, Welgemoed BELLVILLE 7530 Suid-Afrika e-posadres: [email protected] Tel nr.: +27 21 913 1138 Selfoon nr.: +27 82 565 5711 30

______________________________________________________________________________ INHOUDSOPGAWE ______________________________________________________________________________ KORPORATIEWE EN ADVISEURSINLIGTING 29 BELANGRIKE WETLIKE INLIGTING 33 AKSIES WAT TEN OPSIGTE VAN DIE SKEMA DEUR SUIDWES AANDEELHOUERS GENEEM MOET WORD 34 1 Stemming, bywoning en verteenwoordiging by die Vergaderings 34 2 Elektroniese deelname aan die Vergaderings 35 3 Keuse en vereffening van die Skemavergoeding 35 4. Afstanddoening van aandeelsertifikate 37 5. Betaling van Kontantvergoeding en uitreiking van die Vergoedingsaandele 37 6 Versoek om verdere besonderhede 38 7 Teenstemmende Aandeelhouers 38 8 Nie-inwoner Suidwes Aandeelhouers 38 BELANGRIKE DATUMS EN TYE MET BETREKKING TOT DIE SKEMA 39 BRIEF AAN SUIDWES AANDEELHOUERS 41 INTERPRETASIES EN DEFINISIES 43 DIREKTEURE 52 GEKOMBINEERDE OMSENDBRIEF AAN SUIDWES AANDEELHOUERS 54 AFDELING A: INLEIDING, DOEL VAN DIE GEKOMBINEERDE OMSENDBRIEF, INLIGTING VAN DIE AANBIEDERS EN BESKRYWING VAN DIE SENWES BESIGHEID 54 1. Inleiding 54 2. Doel van die Omsendbrief en toepassing van die Oorname Regulasies 54 3. Rasionaal vir die Skema 54 4. Inligting van Senwes Groep: Groepstruktuur en Bedryfsegmente 55 5 Grootste Aandeelhouers 58 6 Strategiese vordering en toekomsvooruitsigte 58 AFDELING B: BEPALINGS EN VOORWAARDES VAN DIE SKEMA 60 1 Oorsig en effek van die Skema 60 2 Waardasieregte 61 3 Teenstemmende Aandeelhouers 61 4 Beëindiging van die Skema 62 5 Keuse van die Skemavergoeding deur die Gewone Aandeelhouer 62 Skemadeelnemers 6 Skemavergoeding van toepassing met betrekking tot die Voorkeuraandeelhouer 63 Skemadeelnemers 7 Oorhandiging van Aandelesertifikate 63 8 Betaling van Kontantvergoeding en uitreiking van Vergoedingsaandele 63 31

9 Opskortende Voorwaardes 64 10 Finansiële effek 65 11 Ander bepalings van die Skema 65 12 Belastinggevolge vir Suidwes Aandeelhouers 65 13 Keuse en afstanddoeningsprosedure 65 14 Suidwes Aandele deur die Aanbieders of hulle direkteure gehou en ander reëlings 67 15 Wesenlike bepalings van die Implementeringsooreenkoms 68 16 Wesenlike bepalings van die Leningsooreenkoms 69 17 Finansiële inligting 69 18 Toestemmings 69 19 Toepaslike reg 70 20 Direkteure se verklaring van verantwoordelikheid 70 21 Opinie en aanbevelings 70 22 Koste van die Aanbod 70 23 Dokumente ter insae beskikbaar 70 Bylae 1: Opgesomde uittreksels uit die geouditeerde jaarlikse finansiële state van Senwes Beperk vir die 3 (drie) finansiële jare geëindig 30 April 2017, 30 April 2018 en 30 April 2019 72 Bylae 1.1: Opgesomde uittreksels uit die ongeouditeerde interim finansiële state van 79 Senwes Beperk vir die 3 (drie) sesmaande-periodes geëindig 31 Oktober 2017, 31 Oktober 2018 en 31 Oktober 2019 Bylae 2: Opgesomde uittreksels uit die geouditeerde jaarlikse finansiële state van Senwesbel Beperk vir die 3 (drie) finansiële jare geëindig 30 April 2017, 30 April 2018 en 30 April 2019 86 Bylae 2.1: Opgesomde uittreksels uit die ongeouditeerde interim finansiële state van 93 Senwesbel Beperk vir die 3 (drie) sesmaande periodes geëindig 31 Oktober 2017, 31 Oktober 2018 en 31 Oktober 2019 Bylae 3: Uittreksel van klousule 40.2 van die Senwesbel AVO wat die Kwalifiseringskriteria vir Kwalifiserende Persone verduidelik 100 Bylae 4: Keusevorm vir gebruik deur Suidwes Aandeelhouers 101 Aansoekvorm om Senwesbel aandele op te neem 104 Bylae 5: Verslag van die Onafhanklike Deskundige 106 Bylae 6: Opsomming van artikels 115 en 164 van die Maatskappywet 107 Bylae 7: Uittreksel van klousule 8 van die Implementeringsooreenkoms 114 Bylae 8: Suidwes Geïntegreerde Jaarverslag 115 Bylae 9: Voorgestelde AVO 116 32

BELANGRIKE WETLIKE INLIGTING DEFINISIES EN INTERPRETASIES Die interpretasies en definisies wat op bladsy 43 van hierdie Omsendbrief begin, saamgelees met die interpretasies en definisies wat op bladsy 3 van die Kennisgewing begin, geld vir hierdie Omsendbrief in geheel, insluitende hierdie afdeling oor belangrike Wetlike Inligting (tensy die konteks duidelik ʼn ander bedoeling aandui). VOORUITSKOUINGSVERKLARINGS Verklarings in hierdie Omsendbrief kan \"vooruitskouingsverklarings\" insluit wat verwagtinge met betrekking tot toekomstige gebeure of resultate weergee of impliseer. Vooruitskouingsverklarings is verklarings wat nie historiese feite behels nie. Dit sluit in finansiële vooruitskattings en ramings en hul onderliggende aannames, asook stellings met betrekking tot planne, doelwitte en verwagtinge rakende toekomstige ondernemings, produkte en dienste en verklarings rakende toekomstige prestasie. Vooruitskouingsverklarings word algemeen geïdentifiseer deur die woorde soos \"geantisipeer\", \"glo\", \"ramings\", \"verwag\", \"van voorneme\" en soortgelyke uitdrukkings. Alle vooruitskouingsverklarings behels verskeie risiko's, onsekerhede en ander faktore en Senwes, Senwesbel en Suidwes kan nie die versekering gee dat sodanige verklarings korrek sal wees nie. Risiko's, onsekerhede en ander faktore wat kan veroorsaak dat werklike gebeure of resultate verskil van dié aangedui of geïmpliseer deur die vooruitskouingsverklarings sluit in, sonder beperking, veranderinge in die ekonomiese of politieke situasie in Suid-Afrika, of ander relevante jurisdiksie, veranderinge in die landbousektor in Suid-Afrika of wêreldwyd en die prestasie van Senwes, Senwesbel of Suidwes. Alhoewel beide die Aanbieders en Suidwes glo dat die verwagtinge wat in die vooruitskouingsverklarings weergegee word, redelik is, word Suidwes Aandeelhouers gemaan dat vooruitskouingsinligting en -stellings aan verskeie risiko's en onsekerhede onderworpe is – waarvan vele moeilik is om te voorspel en oor die algemeen buite die beheer van enige van die partye is - wat tot gevolg kan hê dat werklike gebeure of resultate wesenlik kan verskil van dié wat in die vooruitskouingsinligting en -verklarings weergegee, geïmpliseer of geprojekteer is. Senwes, Senwesbel en Suidwes aanvaar nie enige verantwoordelikheid om enige vooruitskouingsinligting of - verklarings op te dateer nie. Geen van die vooruitskouingsverklarings is deur die Onafhanklike Eksterne Ouditeure nagegaan of oor verslag gedoen nie. TOEPASLIKE REG EN NIE-INWONER SUIDWES AANDEELHOUERS Die Skema mag deur die wette van relevante jurisdiksies van Nie-inwoner Suidwes Aandeelhouers geraak word. Sodanige Nie-inwoner Suidwes Aandeelhouers moet hulself vergewis van enige toepaslike wetlike vereistes van sodanige jurisdiksies en dit nakom. Dit is die Nie-inwoner Suidwes Aandeelhouer se verantwoordelikheid om homself op hoogte te stel met betrekking tot die volle nakoming van die wette en regulatoriese vereistes van sodanige jurisdiksies, insluitende die verkryging van enige regerings-, valutabeheer- en ander toestemmings of die enige indiening van dokumente wat vereis mag word, die nakoming van noodsaaklike formaliteite, die betaling van enige oordragkoste of belasting of ander betalings wat in sodanige jurisdiksie vereis word. Die Skema voldoen aan en word beheer deur die Suid-Afrikaanse reg en is onderhewig aan toepaslike Suid-Afrikaanse wette en regulasies, insluitende die Wet en mag nie aangestuur of versend word na jurisdiksies buite Suid-Afrika waar dit onwettig is om sodanige Aanbod te maak nie. In sulke gevalle is die Omsendbrief en alle meegaande dokumente nie bedoel om ʼn aanbod of deel van ʼn aanbod van welke aard ook al te wees, of dit uit te maak, of ʼn uitnodiging om vir sodanige aanbod te stem of goedkeuring te gee in sodanige jurisdiksie nie en word dit vir inligtingsdoeleindes alleenlik voorsien. Enige Nie-inwoner Suidwes Aandeelhouer wat twyfel oor sy posisie, insluitende, maar nie daartoe beperk nie, sy belastingstatus en moontlike aanspreeklikhede, moet dringend advies van ʼn geskikte onafhanklike professionele adviseur in die betrokke jurisdiksie inwin. 33

AKSIES WAT TEN OPSIGTE VAN DIE SKEMA DEUR SUIDWES AANDEELHOUERS GENEEM MOET WORD Hierdie Omsendbrief is belangrik en verg u onmiddellike aandag. Die interpretasies en definisies wat op bladsy 43 van hierdie Omsendbrief begin, saamgelees met die interpretasies en definisies wat op bladsy 3 van die Kennisgewing begin, is op hierdie gedeelte van toepassing (tensy die konteks duidelik ʼn ander bedoeling aandui). Neem asseblief deeglik kennis van die onderstaande bepalings rakende optrede wat van Suidwes Aandeelhouers verleng word. Indien u enigsins twyfel oor wat u te doen staan, of om die kommersiële, wetlike, belasting, rekeningkundige of ander uitwerking van ʼn bepaalde optrede en hoe dit u sal affekteer, te verstaan, raadpleeg asseblief onmiddellik u bankier, prokureur of ander professionele adviseur. Indien u reeds al of enige van u Suidwes Aandele verkoop het, stuur asseblief hierdie Omsendbrief aan die koper van sodanige Suidwes Aandele of aan die agent deur wie die transaksie plaasgevind het. ʼn Algemene Jaarvergadering en verdere Algemene Vergaderings van Suidwes Aandeelhouers (“die Vergaderings”) is vir 09:00 op 29 Mei 2020 te die NG Kerksaal, Voortrekkerstraat, Leeudoringstad geskeduleer om die Besluite benodig vir, onder andere, die goedkeuring en implementering van die Skema, te oorweeg en, indien goedgevind, met of sonder wysigings goed te keur, met die gevolg dat die Aanbieders al die Suidwes Aandele sal verkry en die Skemadeelnemers die Skemavergoeding sal ontvang. 1 Stemming, bywoning en verteenwoordiging by die Vergaderings 1.1 is geregtig om die Vergaderings in persoon by te woon en daarop te praat en te stem (of, indien u ʼn maatskappy of ander regspersoon is, verteenwoordig te word deur ʼn behoorlik gemagtigde natuurlike persoon), onderhewig aan die bepalings van artikels 57 en 58 van die Wet: Met dien verstande dat die Uitgeslote Aandeelhouers nie geregtig sal wees om ten opsigte van die Besluite rakende die Skema te stem nie. Alternatiewelik mag u ʼn gevolmagtigde nomineer om u by die Vergaderings te verteenwoordig deur die Volmagvorm volgens die instruksies daarop te voltooi en dit dan voor die geskeduleerde tyd vir die Vergaderings (i) per e-pos aan Suidwes se Maatskappysekretaris te stuur by [email protected], of (ii) vir aandag van Suidwes se Maatskappysekretaris af te lewer by Suidwes se geregistreerde adres te Suidwes Hoofkantoor, Voortrekkerstraat 5, Leeudoringstad of by enige handelstak of silo van Suidwes. Alternatiewelik kan die Volmagvorm by die voorsitter van die Vergadering of by Suidwes se Maatskappysekretaris ingehandig word te enige tyd voordat die betrokke Besluit by die betrokke Vergadering vir stemming ter tafel gelê word. 1.2 Met verwysing na die nasionale ramp wat in Goewermentskennisgewing Nr. 313 van Staatskoerant Nr. 43096 op 15 Maart 2020 gepubliseer is en die Regulasies wat op 18 Maart 2020 ingevolge artikel 27(2) van die Wet op Rampbestuur, 2002 uitgevaardig is, wat ʼn byeenkoms van 100 of meer mense verbied (”die Verbod op Byeenkomste”), word Suidwes Aandeelhouers aangemoedig om hulle stemme ten opsigte van die Besluite uit te bring deur middel van ʼn Volmag aan Suidwes se Maatskappysekretaris verleen (ten einde die aantal individue wat die Vergaderings bywoon, te beperk). Indien u van voorneme is om die Vergaderings by te woon, word u versoek om Suidwes se Maatskappysekretaris nie later nie as 27 Mei 2020 in die vorm wat as Bylae B tot die Kennisgewing aangeheg is, aldus in kennis te stel, om te verseker dat gepaste alternatiewe reëlings getref kan word, indien nodig, ten einde nakoming aan die Verbod op Byeenkomste te verseker. 34

2 Elektroniese deelname aan die Vergaderings 2.1 Suidwes Aandeelhouers of hulle gevolmagtigdes mag by wyse van telefoonkonferensie aan die Vergaderings deelneem, maar nie stem nie en indien hulle dit so wil doen: 2.1.1 moet hulle Suidwes se Maatskappysekretaris kontak (per e-pos by [email protected]) teen nie later nie as 16:00 op 28 Mei 2020 ten einde besonderhede vir inskakeling in die telefoonkonferensie te verkry; 2.1.2 sal van hulle verwag word om identifikasie tot die redelike bevrediging van Suidwes se Maatskappysekretaris by die Vergaderings te voorsien; 2.1.3 sal hulle afsonderlik deur hul telefoondiensverskaffers gefaktureer word vir die telefoonoproep ten einde aan die Vergaderings deel te neem, op voorwaarde dat Suidwes Aandeelhouers en hulle gevolmagtigdes nie geregtig sal wees om telefonies op die Vergaderings te stem nie en steeds ʼn gevolmagtigde sal moet aanwys om namens hulle op die Vergaderings te stem. 3 Keuse en vereffening van die Skemavergoeding 3.1 Algemeen 3.1.1 Skemadeelnemers moet die Keusevorm volgens die instruksies daarin voltooi en per hand, in die ingeslote koevert, aflewer of per e-pos aan die Sekretaris stuur om ontvang te word nie later nie as 12:00 op die Skemavergoeding Rekorddatum. Meer spesifiek, moet aflewering soos volg geskied: (a) per hand: Charel de Klerkstraat 1, Klerksdorp, Noordwesprovinsie, Suid-Afrika; (b) per geregistreerde pos: Posbus 31, Klerksdorp, 2570, Noordwesprovinsie, Suid- Afrika; (c) per faks: + 086 673 3041; of (d) per e-pos: [email protected] of [email protected]. (e) Keusevorms kan ook gestuur word aan Suidwes se Maatskappysekretaris: Derek Linde by +27 18 581 1000 of [email protected], wat daardie Keusevorms voor 12:00 op die Skemavergoeding Rekorddatum aan die Aanbieders sal voorsien. 3.1.2 Die Senwes Groep verkies om die Keusevorm per e-pos te ontvang. 3.1.3 Aflewering van die Keusevorm geskied op die betrokke Skemadeelnemer se risiko. Indien die Keusevorm per pos gestuur word, word aanbeveel dat dit per geregistreerde pos aan die Sekretaris gestuur word. 3.1.4 Geen ontvangserkennings vir die Keusevorm sal deur Senwes uitgereik word nie. Indien ʼn Skemadeelnemer spesifiek ʼn ontvangserkenning versoek, word sodanige 3.1.5 Skemadeelnemer versoek word om sodanige ontvangserkenning voor te berei en dit 3.1.6 saam met die Keusevorm aan Senwes te voorsien, om deur Senwes geteken te word. Indien die Keusevorm ingevolge ʼn volmag onderteken word, moet sodanige volmag, of ʼn notarieel gesertifiseerde afskrif daarvan, saam met die Keusevorm ingedien word. Indien die Skemadeelnemer ʼn maatskappy, beslote korporasie of trust is, moet ’n gesertifiseerde afskrif van die besluit van die direkteure, lede of trustees, wat die ondertekening van die Keusevorm magtig, aan Senwes voorsien word, indien daartoe versoek. 3.2 Keuse van die Skemavergoeding deur Gewone Aandeelhouer Skemadeelnemers 3.2.1 Behoudens die oorblywende paragrawe hiervan, mag Gewone Aandeelhouer Skemadeelnemers slegs een van die volgende opsies ten opsigte van die 35

Skemavergoeding uitoefen vir al die Suidwes Gewone Aandele deur daardie Gewone Aandeelhouer Skemadeelnemer gehou: a) die opsie van die Gewone Aandele Kontantvergoeding in terme waarvan Senwes die Gewone Aandeelhouer Skemadeelnemers teen R1,30 (een rand dertig sent) vir elke 1 (een) Suidwes Gewone Aandeel sal vergoed; of b) die opsie van die Vergoedingsaandele in terme waarvan 1 (een) Senwesbel Aandeel aan die Gewone Aandeelhouer Skemadeelnemers uitgereik sal word vir elke 3 (drie) Suidwes Gewone Aandele. 3.2.2 Slegs Gewone Aandele Skemadeelnemers wat aan die Kwalifiserende Kriteria voldoen, mag die opsie vir Vergoedingsaandele, soos in paragraaf 3.2.1(b) hierbo uiteengesit, kies. 3.2.3 ʼn Kombinasie van keuses word nie toegelaat nie. Om dit duidelik te maak, die Gewone Aandeelhouer Skemadeelnemers mag nie beide die Gewone Aandeel Kontantvergoeding (as gedeeltelike vergoeding vir ʼn gedeelte van sy Suidwes Aandele) en die Vergoedingsaandele (as vergoeding vir die ander gedeelte van sy Suidwes Aandele) kies nie. 3.2.4 ʼn Gewone Aandele Skemadeelnemer wat nie ʼn Kwalifiserende Persoon is nie, sal nie geregtig wees om die opsie vir die Vergoedingsaandele te kies nie. Indien ʼn Gewone Aandele Skemadeelnemer wat nie kwalifiseer nie, die Vergoedingsaandele kies, sal geag word dat sodanige Gewone Aandele Skemadeelnemer die Gewone Aandele Kontantvergoeding gekies het. 3.2.5 Indien ʼn Gewone Aandele Skemadeelnemer versuim om die Keusevorm teen die voorgeskrewe datum en op die voorgeskrewe wyse af te lewer, sal dit geag word dat sodanige Gewone Aandele Skemadeelnemer die Gewone Aandele Kontantvergoeding gekies het. 3.3 Skemavergoeding van toepassing op die Voorkeur Aandeelhouer Skemadeelnemers 3.3.1 Die vergoeding betaalbaar aan die Voorkeur Aandeelhouer Skemadeelnemers sal beperk word tot die Voorkeuraandele Kontantvergoeding, gevolglik sal nie van die Voorkeur Aandeelhouer Skemadeelnemers vereis word om enige keuse met betrekking tot die Skemavergoeding uit te oefen nie. 3.3.2 Die Voorkeuraandele Kontantvergoeding sal bepaal word volgens ʼn verdiskonteerde waarde van sodanige Voorkeuraandele afhangende van die jaar van uitreiking volgens die onderstaande tabel, welke Voorkeuraandele Kontantvergoeding op die jaar van uitreiking van die Voorkeuraandeel gebaseer is: Voorkeuraandele Voorkeuraandele Kontantvergoeding per uitreikingsdatum aangebied Suidwes Voorkeuraandeel – Rand 1,76 (een rand ses-en-sewentig sent) 2013 1,44 (een rand vier-en-veertig sent) 2014 1,39 (een rand nege-en-dertig sent) 2015 1,74 (een rand vier-en-sewentig sent) 2016 1,10 (een rand tien sent) 2017 1,08 (een rand agt sent) 2018 3.3.3 Voorkeur Aandeelhouer Skemadeelnemers moet steeds die Keusevorm volgens die instruksies daarvan voltooi ten einde hul bankbesonderhede vir fasilitering van die betalingsproses te nomineer. 36

4. Afstanddoening van aandeelsertifikate 5. 5.1.1 Die Suidwes Aandele word in gedematerialiseerde vorm gehou en, gevolglik, word nie van 5.1.2 Suidwes Aandeelhouers vereis om van enige titeldokumente afstand te doen nie. 5.2 Betaling van Kontantvergoeding en uitreiking van die Vergoedingsaandele 5.3 Onderhewig aan enige aftrekkings wat nodig mag wees ten einde gevolg te gee aan die Suidwes Aandeelhouerspand, sal die Kontantvergoeding betaal en die Vergoedingsaandele uitgereik word op die Skemavergoeding Betalingsdatum, synde die laaste van: a) die Implementeringsdatum; b) die datum waarop enige Beswaring ten opsigte van die Suidwes Aandele opgehef is; en c) die datum waarop die Suidwes Aandele in die naam van Senwes of Senwesbel oorgedra is, na gelang van die geval. Die Kontantvergoeding sal soos volg betaal word: a) Ten opsigte van daardie Skemadeelnemers wat die Keusevorm volledig volgens die prosedures in hierdie Omsendbrief voorgeskryf, voltooi en ingehandig het, in die bankrekening wat die Skemadeelnemers skriftelik vir daardie doel genomineer het; b) ten opsigte van: (i) enige Skemadeelnemer wat versuim het om ʼn bankrekening vir doeleindes van die Kontantvergoeding in die Keusevorm te nomineer; en (ii) ʼn Teenstemmende Aandeelhouer wat ʼn Skemadeelnemer op sterkte van paragraaf 3.1 van Afdeling B (Bepalings en Voorwaardes van die Skema) van hierdie Omsendbrief word, sal die Kontantvergoeding in trust gehou word deur Senwes of sy agent ten behoewe van sodanige Skemadeelnemer vir ʼn periode van 3 (drie) jaar na die Skemavergoeding Betalingsdatum, waarna die Kontantvergoeding betaalbaar aan sodanige Skemadeelnemer ten gunste van Senwes verbeur sal word. Voor die verstryking van sodanige 3 (drie) jaar periode sal die Kontantvergoeding beskikbaar gestel en aan die Skemadeelnemer betaal word by ontvangs van die vereiste bankbesonderhede en enige ander dokumente of inligting wat Senwes redelikerwys vereis ten einde sodanige betaling te maak. Senwesbel sal die Vergoedingsaandele soos volg uitreik aan die Gewone Aandeelhouer Skemadeelnemers wat die opsie vir Vergoedingsaandele gekies het deur die behoorlik voltooide Keusevorm volgens die instruksies in hierdie Omsendbrief uiteengesit, in te dien en wat aan die Kwalifiseringskriteria voldoen: (a) Op die Skemavergoeding Betalingsdatum, op voorwaarde dat die Gewone Aandeelhouer Skemadeelnemers voldoen aan die vereiste vir inligting en dokumentasie wat benodig word om die Vergoedingsaandele te ontvang; en (b) met die uitreiking van die Vergoedingsaandele sal die Oordragsekretaris en CSDP ʼn skriftelike bevestiging aan elke sodanige Gewone Aandeelhouer Skemadeelnemer pos. Die Vergoedingsaandele uitgereik te word aan Gewone Aandeelhouer Skemadeelnemers wat die opsie vir Vergoedingsaandele gekies het, sal by die toekenning en uitreiking daarvan in alle opsigte gelyk rangeer met die aandele in die bestaande uitgereikte gewone aandelekapitaal van Senwesbel. 37

6 Versoek om verdere besonderhede Suidwes Aandeelhouers wat verdere inligting insake die Skema of die Senwes Groep verlang, word versoek om die Sekretaris te kontak by die adres in die afdeling “Korporatiewe Inligting” hierbo verstrek: Met dien verstande dat die Sekretaris geregtig sal wees om die besonderhede van sodanige versoek aan die Suidwes Direksie sowel as die Senwes Direksie en Senwesbel Direksie te openbaar. 7 Teenstemmende Aandeelhouers Suidwes Aandeelhouers word hiermee van hul Waardasieregte in terme van artikel 164 van die Wet ingelig. Hul aandag word gevestig op die bepalings van daardie artikel, wat in Bylae 6 van die Omsendbrief verstrek word. 8 Nie-inwoner Suidwes Aandeelhouers Nie-inwoner Suidwes Aandeelhouers moet hulself vergewis van die volle omvang van wette wat op ontvangs van die Skemavergoeding van toepassing is – wat insluit verkryging van toestemmings van die regering, nakoming van voorgeskrewe formaliteite en betaling van enige belastings of heffings in die toepaslike jurisdiksie. Nie-inwoner Suidwes Aandeelhouers word geadviseer om op ʼn dringende basis met hul professionele adviseurs te konsulteer indien hulle enige vrae het. 38

BELANGRIKE DATUMS EN TYE MET BETREKKING TOT DIE SKEMA Die interpretasies en definisies wat op bladsy 43 van hierdie Omsendbrief begin, saamgelees met die interpretasies en definisies wat op bladsy 3 van die Kennisgewing begin, is op hierdie gedeelte van toepassing, tensy die konteks duidelik ʼn ander bedoeling aandui. DATUMS EN TYE MET BETREKKING TOT DIE SKEMA Aksies Datum of vereiste tydperk Omsendbrief Rekorddatum om te bepaal watter Suidwes 25 April 2020 Aandeelhouers geregtig is om hierdie Omsendbrief te ontvang Omsendbrief word aan Suidwes Aandeelhouers gestuur 30 April 2020 Volmagvorms ingedien te word 29 Mei 2020, maar voor stemming oor die betrokke Besluite Stemming Rekorddatum om te bepaal watter Suidwes 29 Mei 2020 Aandeelhouers geregtig is om by die Vergaderings te stem Laaste datum en tyd vir Suidwes Aandeelhouers om skriftelike Voor 29 Mei 2020 en te enige kennis aan Suidwes te gee van beswaarmaking in terme van tyd voordat ten opsigte van die artikel 164(3) van die Wet teen die toepaslike Spesiale Besluite Spesiale Besluite gestem moet ten einde hulle op Waardasieregte te kan beroep word Vergaderings van Suidwes Aandeelhouers 29 Mei 2020 Uitslae van die Vergaderings aan Suidwes Aandeelhouers 3 (Drie) dae na die bekend gemaak vergadering Indien die Skema by die Algemene Vergadering deur Suidwes Aandeelhouers goedgekeur word: Laaste datum vir Suidwes Aandeelhouers wat teen die Binne 5 (vyf) Besigheidsdae toepaslike Spesiale Besluite (of enige ander relevante Besluit na die stemming waarop artikel 164 van toepassing is) gestem het, om van Suidwes te vereis om ingevolge artikel 115(3)(a) van die Wet (waar van toepassing) by ʼn hof aansoek te doen vir goedkeuring van die toepaslike Spesiale Besluite (of enige ander relevante Besluit waarop artikel 164 van toepassing is), indien minstens 15% van die totale stemme van Suidwes Aandeelhouers by die Vergaderings teen die Skema gestem het Laaste datum vir Suidwes Aandeelhouers wat teen die Binne 10 (tien) Besigheidsdae na die stemming toepaslike Spesiale Besluite (en/of enige ander relevante Besluit waarop artikel 164 van toepassing is) gestem het, om ingevolge artikel 115(3)(b) van die Wet by ʼn hof aansoek te doen om hersiening van die Skema Besluite Laaste datum vir Suidwes om kennisgewings van die Binne 10 (tien) Besigheidsdae aanvaarding van die toepaslike Spesiale Besluite (en/of enige na aanvaarding van die ander relevante Besluit waarop artikel 164 van toepassing is) Spesiale Besluite ingevolge artikel 164(4) van die Wet aan teenstemmende Suidwes Aandeelhouers te stuur 39

Laaste datum vir teenstemmende Suidwes Aandeelhouers om Binne 20 (twintig) as gevolg van die aanvaarding van die toepaslike Spesiale Besigheidsdae na ontvangs Besluite (of enige ander relevante Besluit waarop artikel 164 van die kennisgewing kragtens van toepassing is), in terme van artikel 164(7) van die Wet van artikel 164(4) Suidwes te vereis om die billike waarde van al die Suidwes Aandele wat deur die teenstemmende Suidwes Aandeelhouers gehou word, aan hulle te betaal Die volgende datums berus op die veronderstelling dat al die Opskortende Voorwaardes van die Skema vervul word, of, waar van toepassing, daarvan afstand gedoen is en dat geen hofaansoek of hersiening van die toepaslike Spesiale Besluite (of enige ander relevante Besluit waarop artikel 164 van toepassing is) vereis word nie en die Aanbieders sal Suidwes Aandeelhouers skriftelik inlig sodra aan al die Opskortende Voorwaardes van die Skema vervul of, indien van toepassing, daarvan afstand gedoen is: Skemavergoeding Rekorddatum (vir Skemadeelnemers wat Binne 30 (dertig) dae na as Suidwes Aandeelhouers in die Register geregistreer sal vervulling van die laaste word ten einde vir ontvangs van die Skemavergoeding in Opskortende Voorwaarde aanmerking te kom) wat na verwagting sal wees Die datum waarop die Skema geïmplementeer sal word, op Binne 35 (vyf-en-dertig) dae na voorwaarde dat al die Opskortende Voorwaardes vervul is vervulling van die laaste Opskortende Voorwaarde Betaling van die Kontantvergoeding aan Skemadeelnemers Die Skemavergoeding wat daarvoor in aanmerking kom, op voorwaarde dat die Betalingsdatum Keusevorm betyds en in die voorgeskrewe vorm ontvang is Uitreiking van die Vergoedingsaandele aan Gewone Die Skemavergoeding Aandeelhouer Skemadeelnemers wat daarvoor in aanmerking Betalingsdatum kom • Die datums en tye waarvoor in hierdie Omsendbrief voorsiening gemaak word, is onderhewig aan verandering. Suidwes Aandeelhouers sal van belangrike datums sowel as enige veranderinge in kennis gestel word. • Suidwes Aandeelhouers wat hulle Waardasieregte wil uitoefen, word na Bylae 6 van hierdie Omsendbrief verwys vir doeleindes van bepaling van die relevante tydsberekening vir die uitoefening van hulle Waardasieregte. Die uitoefening van Waardasieregte mag aanleiding gee tot veranderings in die bostaande datums en tye en Suidwes Aandeelhouers sal afsonderlik ingelig word van sodanige gewysigde datums en tye. • Suidwes Aandeelhouers wat hul regte in terme van artikel 115(3) van die Wet wil uitoefen om goedkeuring vir die Skema (of enige ander toepaslike Besluit) deur ʼn hof te vereis, word verwys na Bylae 6 van die Omsendbrief, wat ʼn uittreksel van artikel 115 van die Wet insluit. Indien Suidwes Aandeelhouers hul regte in terme van artikel 115(3) van die Wet uitoefen, mag die bostaande datums en tye verander. • Indien enige van die Vergaderings verdaag of uitgestel word, sal die bostaande datums en tye verander, maar die Volmagvorms wat vir die aanvanklike Vergaderings ingedien is, sal geldig bly ten opsigte van enige verdaging of uitstel van enige van die Vergaderings. • Alle tye hierin verstrek, verwys na plaaslike tyd in Suid-Afrika 40

___________________________________________________________________________ BRIEF AAN SUIDWES AANDEELHOUERS ___________________________________________________________________________ Die interpretasies en definisies wat op bladsy 43 van hierdie Omsendbrief begin, saamgelees met die interpretasies en definisies wat op bladsy 3 van die Kennisgewing begin, is op hierdie gedeelte van toepassing, tensy die konteks duidelik ʼn ander bedoeling aandui. Geagte Suidwes Aandeelhouer Verskeie strukturele en ekonomiese veranderinge het oor die afgelope dekade in die landbousektor plaasgevind. Gegewe die volatiele wêreldtoestande, plaaslike politieke en ekonomiese toestande, droogtetoestande en finansiële prestasie-uitdagings, het Suidwes vir Senwes en Senwesbel genader om finansiële bystand aan die Suidwes Groep te voorsien. Die finansiële bystand behels dat Senwes ʼn lening aan Suidwes Beleggings toegestaan het, ingevolge die bepalings van die Leningsooreenkoms, wat aangewend is om Suidwes Beleggings en Suidwes Landbou Eiendoms Beperk se skuld aan die Land en Landbou Ontwikkelingsbank van Suid-Afrika (“die Landbank”) terug te betaal. In opvolging daarvan het Suidwes se direksie en die direksies van Senwes en Senwesbel, as die Aanbieders, besluit om die Suidwes Aandeelhouers gesamentlik te nader met ʼn Reëlingskema soos bedoel in artikels 114 en 115 van die Wet. ʼn Implementeringsooreenkoms is op 27 Februarie 2020 gesluit in terme waarvan Suidwes en die Senwes Groep ooreengekom het dat die Skema in die vorm van die Omsendbrief vir die Suidwes Aandeelhouers aangebied sal word. Die Senwes Groep maak derhalwe ’n aanbod aan die Suidwes Aandeelhouers om 100% van die Suidwes Aandele vanaf die Suidwes Aandeelhouers te verkry, aangesien die strategiese passing van die twee bedryfsmaatskappye in terme van diversifikasie uiters toepaslik is. Die suksesvolle implementering van die Aanbod sal gepaardgaan met die herkapitalisasie van die Suidwes Groep en die omskepping van die lening in ekwiteit, wat beteken dat Suidwes Beleggings aandele aan Senwes sal uitreik. Dit word aan die hand gedoen dat hierdie die enigste manier is waarop Suidwes as ʼn lopende saak kan voortbestaan. Ons is daartoe verbind om met die Suidwes-handelsmerk voort te gaan en dit te laat groei. Die kritiese element van die Aanbod, wat ononderhandelbaar is, is die voortgesette dienslewering aan en betrokkenheid van die boere-aandeelhouers van Suidwes in ʼn groter gekombineerde landboubesigheid met ʼn wyer voetspoor. Hierdie Aanbod word aan al die Suidwes Aandeelhouers gemaak en behels ’n Kontantvergoeding en Vergoedingsaandele soos in besonderhede in die Omsendbrief uiteengesit. Slegs kwalifiserende Suidwes Gewone Aandeelhouers (“bona fide” boere-aandeelhouers soos bedoel in die Senwesbel AVO, soos hierby aangeheg) het die opsie beskikbaar om aandele in Senwesbel, Senwes se houermaatskappy, op te neem. Dit word in die vooruitsig gestel dat die voorafgaande ʼn gekonsolideerde platform vir die kommersiële boerderysektor sal skep. Senwesbel beoog om na die suksesvolle implementering van die Aanbod sy naam na “Agricultural Investments Holdings” (of soortgelyk) te verander. Beide Senwes en Senwesbel is genoteerde maatskappye op ZAR X en gevolglik sal Suidwes Aandeelhouers wat die aandeelruiling kies (Vergoedingsaandele), ingevolge artikel 42 van die Inkomstebelastingwet, 58 van 1962, (Skedule 8) vir belastingverligting kwalifiseer en na verwagting behoort die aanspreeklikheid van die meeste Suidwes Gewone Aandeelhouers in terme van 41

kapitaalwinsbelasting neutraal te wees (al die Suidwes Aandeelhouers word egter ten sterkste geadviseer om hul eie onafhanklike advies oor hulle persoonlike belastingposisie ten opsigte van beide die Kontantvergoeding en die Vergoedingsaandele in te win). Francois Strydom Groep Hoof Uitvoerende Beampte Senwes Beperk Klerksdorp 25 April 2020 42

INTERPRETASIES EN DEFINISIES In hierdie Omsendbrief en die bylaes hiervan, tensy andersins aangedui of die konteks ’n ander betekenis aandui, sal die woorde en frases in die eerste kolom hieronder die betekenis hê soos daarteenoor in die tweede kolom aangedui, verwysings na die enkelvoud sal die meervoud insluit en omgekeerd, woorde wat een geslag aandui sal die ander geslag insluit en uitdrukkings wat natuurlike persone aandui sal regspersone en assosiasies insluit: “Aanbieders” of \"Senwes beteken Senwes en Senwesbel gesamentlik; Groep\" beteken aanbod deur die Aanbieders gemaak om die Suidwes “Aanbod” Aandele te verkry, soos in Afdeling B van hierdie Omsendbrief uiteengesit; “Aanbodontvangers” beteken die Suidwes Aandeelhouers aan wie die Aanbod gemaak word, soos in hierdie Omsendbrief vervat; “Aangestelde Adviseur” beteken die Maatskappysekretaris van Senwes, as sodanig aangestel om voldoening aan die Noteringsvereistes te verseker, soos bepaal in paragraaf 13 van die Noteringsvereistes; ''Aankondiging'' beteken die volledige aankondiging met betrekking tot die Voorgestelde Transaksie op 27 Februarie 2020 deur Suidwes, Senwes en Senwesbel gepubliseer; ''AVO'' beteken akte van oprigting van ’n maatskappy; “Belasting” beteken, tensy die konteks die teenoorgestelde aandui, enige belasting, insluitend inkomstebelasting, kapitaalwinsbelasting, streeksdiensteraadheffings, vaardigheidsontwikkelingshef- fings, werknemersbelasting, werkloosheidsversekeringsfonds- heffings, vergoeding vir bedryfsbeserings- en bedryfsiekte heffings, sekondêre belasting op maatskappye, dividend belasting, BTW en enige belasting of heffing (insluitende enige boete of rente) gehef in terme van enige wet geadministreer deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens of enige ander owerheid gemagtig om belasting in Suid-Afrika of enige ander gebied met jurisdiksie oor ’n party of sy besigheid te administreer; “Besigheidsdag” beteken enige dag behalwe enige Saterdag, Sondag, of enige dag wat ’n publieke vakansiedag in Suid-Afrika is of enige dag as sodanig afgekondig; “Besluite” beteken al die besluite wat by elkeen van die Vergaderings ter tafel gelê sal word, soos in die Kennisgewing uiteengesit, wat, onder andere, die Spesiale Besluite insluit; “Beswarings” beteken ʼn retensiereg, verband, opsie, pand, verhipotekering, beperking, reg van eerste weiering, voorkoopsreg, retensiereg, reg op skuldvergelyking, derdeparty reg of belang, oordrag as sekuriteit, uitbreiding van eienaarsbelang, trustreëling, sessie in 43

“Beurs of ZAR X” sekuriteit, sekuriteitsbelang van enige aard of enige ander “BTW” beswaring van enige aard en enige ander tipe voorkeurtransaksie of ooreenkoms wat die effek van ʼn ''CIPC'' beswaring het of moontlik kan inhou; “CSD” beteken ZAR X Eiendoms Beperk, die gelisensieerde beurs “CSDP” ooreenkomstig die FMA, waarop die Senwesbel Aandele “FMA” genoteer is en verhandel word; “Gedematerialiseerde aandele” of “Sertifikaatloos\" beteken belasting op toegevoegde waarde gehef in terme van die Wet op Belasting op Toegevoegde Waarde, Wet 89 van “Gemeenskaplike Monetêre 1991, soos gewysig; Gebied” “Gewone Aandeelhouer beteken die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Skemadeelnemers” Eiendom; “Gewone Aandele Kontantvergoeding” beteken STRATE Eiendoms Beperk, die Sentrale Sekuriteitebewaringstelsel (Central Securities Depository) wat “Hof” aangestel is om die infrastruktuur te verskaf vir die bewaring van gedematerialiseerde sekuriteite en welke infrastruktuur die ''Implementeringsdatum'' klarings- en betalingsdienste sal verskaf vir die verhandeling van die Senwesbel aandele wat op ZAR X verhandel; beteken ʼn persoon wat as ʼn deelnemer aandele of ʼn belang in aandele in bewaring hou en administreer as ʼn sentrale sekuriteitebewaringstelsel; beteken die Wet op Finansiële Markte, nr. 19 van 2012, soos gewysig; beteken aandele ten opsigte waarvan daar nie ’n sertifikaat of geskrewe instrument bestaan nie en wat oorgedra word by wyse van ’n inskrywing sonder ’n skriftelike instrument ooreenkomstig die bepalings van Senwesbel se AVO en die FMA; beteken Suid-Afrika, Namibië, Lesotho en Swaziland as een monetêre gebied; beteken Skemadeelnemers wat Suidwes Gewone Aandeelhouers is; beteken die kontantvergoeding betaalbaar deur Senwes aan die Gewone Aandeelhouer Skemadeelnemers vir die Suidwes Gewone Aandele in terme van die Skema verkry, synde ʼn bedrag van R1,30 (een rand dertig sent) per Suidwes Gewone Aandeel, wat op die Skemavergoeding Betalingsdatum betaalbaar sal wees; beteken enige hof in Suid-Afrika met bevoegde jurisdiksie om die implementering van die toepaslike Spesiale Besluite of enige Besluit waarop artikel 164 van die Wet van toepassing is, ooreenkomstig artikel 115(3) tot (7) van die Wet goed te keur en/of die billike waarde van die Suidwes Aandele ooreenkomstig artikel 164(14) van die Wet te bepaal; beteken 35 dae nadat die laaste Opskortende Voorwaarde vervul is, op die grondslag dat die Aanbieders die Suidwes 44

“Implementeringsooreenkoms” Aandeelhouers skriftelik in kennis sal stel sodra die opskortende voorwaardes vervul is; “Kennisgewing” “Kennisgewing van beteken die skriftelike ooreenkoms aangegaan tussen Suidwes, Vergadering” Suidwes Beleggings en die Senwes Groep op 27 Februarie “Keusevorm” 2020, welke skriftelike ooreenkoms, onder andere, die optrede “Klas A-aandeelhouer AVO- en ondernemings van die partye met betrekking tot die Skema wysigingsvergadering” reguleer; “Klas B-aandeelhouer AVO- beteken die kennisgewing waardeur die Vergaderings belê wysigingsvergadering” word, waarby hierdie Omsendbrief as Bylae C aangeheg word; ''Kontantvergoeding'' beteken die kennisgewing waardeur die Vergaderings belê word volgens die dekblad van hierdie Omsendbrief; ''Kwalifiserende Persoon'' beteken die Keusevorm wat as Bylae 4 by hierdie Omsendbrief aangeheg is, wat voltooi en voor of op 12:00 op die “Kwalifiseringskriteria” Skemavergoeding Rekorddatum ingehandig moet word; beteken die vergadering van Klas A-aandeelhouers belê ingevolge die Kennisgewing, in ooreenstemming met artikel 16 van die Suidwes AVO, saamgelees met artikels 16 en 36(2) van die Wet ten einde die Suidwes AVO met die Voorgestelde AVO te vervang indien die Skema onvoorwaardelik word ooreenkomstig die bepalings daarvan; beteken die vergadering van Klas A-aandeelhouers belê ingevolge die Kennisgewing, in ooreenstemming met artikel 16 van die Suidwes AVO, saamgelees met artikels 16 en 36(2) van die Wet ten einde die Suidwes AVO met die Voorgestelde AVO te vervang indien die Skema onvoorwaardelik word ooreenkomstig die bepalings daarvan; beteken, na gelang van die geval: • die Voorkeuraandele Kontantvergoeding met betrekking tot die Suidwes Voorkeuraandeelhouers; en • die Gewone Aandele Kontantvergoeding met betrekking tot die Suidwes Gewone Aandeelhouers; beteken ’n persoon: • wat in die vorm van Bylae 4 van hierdie Omsendbrief ʼn aansoek ingedien het om die houer van Senwesbel Aandele te word en wat aan die Kwalifiseringskriteria voldoen; en • wie se aansoek (om Senwesbel Aandele op te neem) deur die Senwesbel Direksie en/of die behoorlik gedelegeerde direksiekomitee van Senwesbel goedgekeur is, soos vereis in terme van artikel 40.1 van die Senwesbel AVO; beteken die kriteria wat gebruik word om ’n Kwalifiserende Persoon te bepaal, soos bepaal in artikel 40.2 van die Senwesbel AVO, synde ’n natuurlike of regspersoon met bona fide-boerdery as sy hoof besigheidsaktiwiteit of sy hoofbron van 45

''Laaste Praktiese Datum'' inkomste en ’n erfgenaam van sodanige Kwalifiserende “Leningsooreenkoms” Persoon wat aandele in Senwesbel hou – ’n uittreksel van die genoemde klousule word as Bylae 3 by hierdie Omsendbrief \"Liassering\" of \"Liasseer\" aangeheg; ''Mededingingsowerhede'' beteken 25 April 2020, synde die laaste praktiese datum voor ''Mededingingswet'' finalisering van hierdie Omsendbrief; “Nie-inwoner Suidwes Aandeelhouer” beteken die Leningsooreenkoms aangegaan tussen Suidwes “Noteringsvereistes” Beleggings en Senwes op 24 Februarie 2020 in terme waarvan “Onafhanklike Deskundige” Senwes ooreengekom het om, onderhewig aan die bepalings en voorwaardes van daardie ooreenkoms, sekere fondse aan ''Omsendbrief'' Suidwes Beleggings voor te skiet; “Omsendbrief Rekorddatum” het die betekenis soos toegedig aan \"liasseer” in die Wet; “Oordragsekretaris” “Oorname Regulasies” beteken die kommissie daargestel ingevolge Hoofstuk 4, Deel “Opskortende Voorwaardes” A van die Mededingingswet, of die tribunaal daargestel ingevolge Hoofstuk 4, Deel B van die Mededingingswet, of die appèlhof daargestel ingevolge Hoofstuk 4, Deel C van die Mededingingswet, na gelang van die geval; beteken die Wet op Mededinging, nr. 89 van 1998, soos gewysig; beteken ʼn Suidwes Aandeelhouer wat ʼn nie-inwoner van Suid- Afrika is, soos bedoel in die Valutabeheer Regulasies; beteken die ZAR X-noteringsvereistes; beteken Johan Basson, handeldrywend as JF Basson CA (SA), synde die onafhanklike deskundige wat ingevolge artikel 114(2) van die Wet, saamgelees met die Regulasies, aangestel is, wat aan die vereistes vir onafhanklikheid in artikel 114(2) van die Wet voorgeskryf, voldoen en wat ʼn verslag oor die bepalings van die Skema saamgestel het, soos vereis in terme van artikel 114(3) van die Wet; beteken hierdie gekombineerde omsendbrief met betrekking tot die Skema gedateer 25 April 2020, uitgereik aan Suidwes Aandeelhouers, tesame met alle dokumente wat deel van hierdie bundel vorm; beteken die rekorddatum vir bepaling van watter Suidwes Aandeelhouers in aanmerking kom om hierdie Omsendbrief te ontvang, naamlik 25 April 2020; beteken die Maatskappysekretaris van Senwes; beteken Hoofstuk 5 van die Regulasies; beteken die opskortende voorwaardes waaraan die Skema onderhewig is, insluitende: • die voorwaardes uiteengesit in klousule 8 van die Implementeringsooreenkoms, waarvan ʼn uittreksel in Bylae 9 van hierdie Omsendbrief ingesluit is; en • dat die Suidwes AVO Wysigings deur die betrokke Suidwes Aandeelhouers in ooreenstemming met die 46

“Primakoers” vereistes van die Suidwes MOI goedgekeur word en dat ''R'' of ''Rand'' die Suidwes AVO Wysigingsdatum behaal word; “Register” ''Regulasies'' betekenis die primakoers soos in die Leningsooreenkoms ''Sekretaris'' gedefinieer; “Sekuriteite-oordragbelasting” beteken Suid-Afrikaanse rand, die amptelike betalings-eenheid van Suid-Afrika; ''Senwes'' beteken die aandeelhouersregister van Suidwes, insluitende ''Senwesbel'' enige sub-registers; ''Senwesbel Aandele'' beteken die Maatskappywet-regulasies, 2011, gepubliseer ''Senwesbel AVO'' ingevolge artikel 223 van die Wet; ''Senwesbel Direksie'' of ''Senwesbel Direkteure'' beteken die maatskappysekretaris van Senwes wie se \"Senwes Direksie\" of \"Senwes besonderhede in die toepaslike Afdeling van die Omsendbrief Direkteure\" onder die opskrif Korporatiewe Inligting van die Senwes Groep “Sertifikaatlose Sekuriteite” en sy Adviseurs verstrek word; “Skema” beteken sekuriteite-oordragbelasting soos bepaal in die Wet op Belasting op Oordrag van Sekuriteite, nr. 25 van 2007, tesame met die Wet op die Administrasie van Belasting op Oordrag van Sekuriteite, nr. 26 van 2007, wat 0.25% van die waarde van die totale bedrag betaalbaar aan ’n Suidwes Aandeelhouer beloop en wat deur die Aanbieders betaalbaar is, indien van toepassing; beteken Senwes Beperk, met registrasienommer 1997/005336/06, ’n publieke maatskappy met beperkte aanspreeklikheid behoorlik geregistreer en geïnkorporeer ingevolge die wette van Suid-Afrika; beteken Senwesbel Beperk, met registrasienommer 1996/017629/06, ’n publieke maatskappy met beperkte aanspreeklikheid, behoorlik geregistreer en geïnkorporeer ingevolge die wette van Suid-Afrika; beteken genoteerde gewone aandele sonder pariwaarde in die aandelekapitaal van Senwesbel; beteken die AVO van Senwesbel; beteken die raad van direkteure van Senwesbel, wat op die Laaste Praktiese Datum bestaan uit die persone wie se name op bladsy 52 van hierdie Omsendbrief verskyn; beteken die raad van direkteure van Senwes, wat op die Laaste Praktiese Datum bestaan uit die persone wie se name op bladsy 53 van hierdie Omsendbrief verskyn; beteken gedematerialiseerde aandele soos bepaal in die FMA; beteken die reëlingskema ingevolge artikel 114 van die Wet voorgestel deur die Suidwes Direksie tussen Suidwes en die Suidwes Aandeelhouers, soos meer volledig in Afdeling B (Bepalings en Voorwaardes van die Skema) van hierdie Omsendbrief uiteengesit, in terme waarvan die Senwes Groep, indien die Skema onvoorwaardelik word, op die 47

“Skema-aandele” Implementeringsdatum al die Suidwes Aandele van “Skemadeelnemers” Skemadeelnemers sal verkry teen die Skemavergoeding, onderhewig aan enige wysigings of aanpassings en die “Skemavergadering” Skemadeelnemers verplig sal wees om hulle reg, titel en belang “Skemavergoeding” in en tot die Suidwes Aandele aan die Aanbieders oor te dra, “Skemavergoeding onderhewig aan Teenstemmende Aandeelhouers se Betalingsdatum” Waardasieregte; “Skemavergoeding beteken die Suidwes Aandele deur ʼn Skemadeelnemer op die Rekorddatum” Skemavergoeding Rekorddatum gehou; “Spesiale Besluite” beteken alle Suidwes Aandeelhouers wat op die “Stemming Rekorddatum” Skemavergoeding Rekorddatum in die Register geregistreer is, uitgesonderd die Teenstemmende Aandeelhouers wat nie hulle eise in terme van artikels 164(5) tot 164(8) van die Wet voor of op die Skemavergoeding Rekorddatum onttrek het nie, hetsy vrywillig of ingevolge ʼn finale Hofbevel, of wat toegelaat het dat enige aanbiedings wat in terme van artikel 164(11) van die Wet aan hulle gemaak is, voor of op die Skemavergoeding Rekorddatum verval; beteken die afsonderlike vergadering van Suidwes Aandeelhouers wat sal plaasvind op die tyd en in ooreenstemming met die prosedure in die Kennisgewing verstrek, ten einde die Skemabesluite soos in die Kennisgewing verstrek, te oorweeg en goed te keur, met of sonder wysigings; beteken die Kontantvergoeding en die Vergoedingsaandele wat as vergoeding vir die Suidwes Aandele aan die Skemadeelnemers betaal of uitgereik sal word, na gelang van die geval; beteken die Besigheidsdag waarop die Kontantvergoeding aan Skemadeelnemers betaal sal word en die Vergoedingsaandele aan die Gewone Aandele Skemadeelnemers uitgereik sal word, welke betaling sal geskied op die laaste van: (a) die Implementeringsdatum; (b) die datum waarop die Beswarings oor die Suidwes Aandele opgehef is; en (c) oordrag van die Suidwes Aandele in die naam van Senwes of Senwesbel, na gelang van die geval; beteken die datum en tyd vir Skemadeelnemers om as Suidwes Aandeelhouers in die Register geregistreer te word ten einde in aanmerking te kom om die Skemavergoeding te ontvang, wat na verwagting binne 30 dae na vervulling van die Opskortende Voorwaardes sal wees, of sodanige ander datum en tyd as wat die Aanbieders skriftelik mag aanwys, op die grondslag dat die Aanbieders die Suidwes Aandeelhouers skriftelik in kennis sal stel sodra die Opskortende Voorwaardes vervul is; beteken die spesiale besluite wat by die Vergaderings ter tafel gelê en oorweeg sal word, soos in die Kennisgewing omskryf en uiteengesit; beteken die datum waarop Suidwes Aandeelhouers in die Register geregistreer moet wees om geregtig te wees om aan die Vergaderings deel te neem en daarop te stem, welke datum 48

''Suid-Afrika'' na verwagting 29 Mei 2020 sal wees, of sodanige ander datum ''Suidwes'' en tyd as wat die Aanbieders skriftelik mag aanwys; ''Suidwes Aandeelhouer'' beteken die Republiek van Suid-Afrika; ''Suidwes beteken Suidwes Beherend (Ring Fenced) Eiendoms Beperk, Aandeelhouerspand'' registrasienommer 1998/007242/07, ’n private maatskappy met beperkte aanspreeklikheid behoorlik geregistreer en “Suidwes Aandele” geïnkorporeer ingevolge die wette van Suid-Afrika; “Suidwes AVO- wysigingsdatum” beteken ’n geregistreerde houer van Suidwes Aandele, soos “Suidwes AVO- deur die Register op die Omsendbrief Rekorddatum gestaaf, wysigingsvergaderings” wat regtens geregtig is om die Vergaderings by te woon en daarop te stem en wat die Uitgeslote Aandeelhouers vir “Suidwes Beleggings” doeleindes van die aanvaarding van die Skemabesluite met betrekking tot die Skema, uitsluit; “Suidwes Direksie” ''Suidwes Gewone beteken die pand in securitatem debiti wat in terme van klousule Aandeelhouer'' 22 van die Suidwes AVO deur Suidwes Aandeelhouers ten ''Suidwes Gewone Aandele'' gunste van al die entiteite binne die Suidwes groep van maatskappye verleen is as sekuriteit vir enige skuld van ʼn “Suidwes Suidwes Aandeelhouer aan enige sodanige entiteit binne die Voorkeuraandeelhouer” Suidwes groep van maatskappye; “Suidwes Voorkeuraandele” “Teenstemmende beteken Suidwes Gewone Aandele en Suidwes Aandeelhouers” Voorkeuraandele gesamentlik; beteken die datum waarop Suidwes in ontvangs is van (i) bewys dat die Suidwes AVO-wysigings by die CIPC ingedien is en (ii) bewys dat dit deur die CIPC aanvaar is; beteken die afsonderlike Suidwes Aandeelhouersvergadering wat sal plaasvind op die tyd en volgens die prosedure uiteengesit in die Kennisgewing van Vergadering ten einde die Besluite ten opsigte van die Suidwes AVO-wysigings te oorweeg en goed te keur; beteken Suidwes Beleggings Eiendoms Beperk, registrasienommer 1998/007601/07, ’n maatskappy met beperkte aanspreeklikheid behoorlik geïnkorporeer ingevolge die wette van Suid-Afrika; beteken die raad van direkteure van Suidwes; beteken die houer van enige Suidwes Gewone Aandele; beteken die klasse A en B gewone aandele met ʼn pariwaarde van R1,00 (een rand) elk in die uitgereikte aandelekapitaal van Suidwes; beteken die houer van enige Suidwes Voorkeuraandele; beteken die klas C voorkeuraandele sonder pariwaarde in die uitgereikte aandelekapitaal van Suidwes; beteken Suidwes Aandeelhouers wat hulle Waardasieregte (indien van toepassing) wettiglik uitoefen by wyse van skriftelike kennisgewing aan Suidwes waarin vooraf beswaar gemaak en by die Vergaderings teen die toepaslike Spesiale Besluite (of 49

“Uitgeslote Aandeelhouers” enige toepaslike Besluit waarop artikel 164 van die Wet van “Valutabeheer Regulasies” toepassing is) gestem word en wat in terme van artikels 64(5) “Vergaderings” tot 164(8) van die Wet eis dat Suidwes die billike waarde van sy Suidwes Aandele aan die Suidwes Aandeelhouer betaal; ''Vergoedingsaandele'' beteken daardie Aandeelhouers wat ooreenkomstig die “Volmagvorm” bepalings van artikel 115(4) van die Wet van stemming ten “Voorgestelde Transaksie” opsigte van die toepaslike Spesiale Besluite uitgesluit is, synde “Voorkeuraandeelhouer AVO- Senwes; wysigingsvergadering” beteken die Valutabeheer Regulasies, 1961, uitgereik in terme “Voorkeuraandeelhouer van die Wet op Betaalmiddels en Wisselkoerse, 1933, soos Skemadeelnemers” gewysig; “Voorkeuraandele Kontantvergoeding” beteken die gekonsolideerde vergadering van Suidwes Aandeelhouers gehou te word om 09:00 op 29 Mei 2020 te die Nederduitse Gereformeerde Kerksaal, Voortrekkerstraat 5, Leeudoringstad, wat die volgende drie afsonderlike vergaderings van Suidwes Aandeelhouers sal behels, soos meer volledig in die Kennisgewing van Vergadering uiteengesit en verduidelik: • die 21ste Algemene Jaarvergadering van Suidwes Aandeelhouers; • die Skemavergadering; en • die Klas A-aandeelhouer AVO-wysigingsvergadering; • die Klas B-aandeelhouer AVO-wysigingsvergadering; en • die Voorkeuraandeelhouer AVO-wysigingsvergadering ten einde die Besluite te oorweeg en, indien goed geag, met of sonder wysiging te aanvaar, wat, indien nodig, uitgestel of verdaag mag word; beteken die Senwesbel Aandele wat uitgereik sal word aan Suidwes Gewone Aandeelhouers [in die verhouding van 1 (een) Senwesbel Aandeel aangebied vir elke 3 (drie) Suidwes Aandele] wat Kwalifiserende Persone is en wat die keuse uitoefen om aandele in Senwesbel op te neem, soos in hierdie Omsendbrief bepaal, insluitend sodanige gedeeltes van aandele uitgereik per Suidwes Aandeel, wat opgerond sal word tot die naaste vol getal van ʼn Vergoedingsaandeel; beteken die volmagvorm wat as Bylae A by hierdie Omsendbrief aangeheg is; beteken die Skema; beteken die vergadering van Voorkeuraandeelhouers belê ingevolge die Kennisgewing, in ooreenstemming met artikel 16 van die Suidwes AVO, saamgelees met artikels 16 en 36(2) van die Wet ten einde die Suidwes AVO met die Voorgestelde AVO te vervang indien die Skema onvoorwaardelik word ooreenkomstig die bepalings daarvan; beteken Skemadeelnemers wat Suidwes Voorkeuraandeel- houers is; beteken die kontantvergoeding betaalbaar deur Senwes aan die Voorkeuraandeelhouer Skemadeelnemers vir die Suidwes 50


Like this book? You can publish your book online for free in a few minutes!
Create your own flipbook